Verskil tussen weergawes van "Manchester"

1 greep bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
Plaaslike nywerhede het 'n baanbrekersrol gedurende die [[nywerheidsomwenteling]] in Engeland gespeel waartydens Manchester van 'n klein nedersetting tot die wêreld se eerste groot nywerheidstad gegroei het. Die eerste spoorwegstasie ter wêreld is hier geopen, en hier het wetenskaplikes vir die eerste keer 'n atoom gesplits en die wêreld se eerste rekenaar ontwikkel wat deur 'n sagtewareprogram in sy geheue bestuur is.
[[Lêer:Beetham Tower from below.jpg|duimnael|links|220px|''Beetham Tower'' is die hoogste [[wolkekrabber]] in Manchester en die hoogste residensiële gebou in die Verenigde Koninkryk]]
[[Lêer:The_River_Irwell.jpg|duimnael|links|220px|Moderne woonstelgeboue langs die IrwellrivierIrwell-rivier kontrasteer met historiese boukuns]]
Manchester word daarnaas as die bakermat van die vrouestemregbeweging in die Verenigde Koninkryk en as die stad waar die beginsels van sowel [[kapitalisme]] asook [[marxisme]] geformuleer is. In Manchester se Chatham-biblioteek - die oudste openbare biblioteek in die Engelsprekende wêreld - het [[Karl Marx]] en Friedrich Engels met die skryfwerk vir hul [[Kommunistiese Manifes]] begin. Die agteruitgang van die plaaslike tekstielbedryf in die 20ste eeu het ekonomiese swaarkry vir Manchester beteken. Die stad staan tans in die buiteland veral bekend vir die sokkerklub [[Manchester United]].