Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Skakel
 
=== Nasionalisasie van die Vernaamste Nywerhede ===
Die Arbeidersparty het dit as 'n noodsaaklike onderdeel van sy plan insake ekonomiese rekonstruksie beskou dat al die sleutelbedrywe staatsinstellinge moes word. Die kapitalistiese stelsel sou tot op sekere hoogte behou moes word, maar daar is gemeen dat nasionalisasie industriële uitbuiting, arbeidsondoeltreffendheid en werkloosheid sou beëindig. In 1946 het die [[Bank van Engeland]] 'n staatsinstelling geword, en daarná is die steenkoolbedryf onder die beheer van 'n Steenkoolraad geplaas, wat die vorige myneienaars wat deur die Staat uitgekoop is, vervang het. In 1947 is die spoorweë onder staatsbeheer gebring, en in die daaropvolgende jaar het brandstof en krag ook aan die beurt gekom. Staatsbeheerrade is gestig vir die voorsiening van elektrisiteit en gas. Toe Attlee se regering daartoe oorgaan om die staalbedryf te nasionaliseer, is heftige teenstand ondervind.
Die Arbeidersregering het Brittanje dus tot 'n welsynstaat herskep wat met die Skandinawiese lande veel ooreenkoms vertoon.
Toe die Konserwatiewe Party in 1953 weer aan die bewind gekom het, het hulle hierdie hervormings aanvaar.
105 643

wysigings