Verskil tussen weergawes van "Piramide van Djoser"

geen wysigingsopsomming nie
(kat)
No edit summary
{{Inligtingskas
|naam = Trappiramide van Djoser
|kleur =
|2 = 62 m
|opskrif3 = Basis
|3 = 125,27 &nbsp;m (groter)<br />109,12 m (kleiner)
|opskrif4 =
|4 =
|opskrif5 =
|5 =
}}
|opskrif6 =
 
|6 =
|opskrif7 =
|7 =
}}
Die '''Piramide van Djoser''', of die '''Trappiramide''' (Antieke Egipties: ''kbhw-ntrw'') is ’n [[Egiptiese piramide|piramide]] by [[Saqqara]], [[Egipte]], noordwes van die stad [[Memphis, Egipte|Memphis]]. Dit is in die [[27ste eeu v.C.]] gebou as die graf van [[farao]] [[Djoser]] deur [[Imhotep]], onder meer sy raadgewer en argitek. Dit is die sentrale konstruksie van ’n groot begrafniskompleks en word omring deur seremoniële strukture en versierings.
Hierdie eerste Egiptiese piramide bestaan uit ses [[mastaba]]s wat bo-op mekaar gebou is en al hoe kleiner word na bo. Dit was aanvanklik 62&nbsp;m hoog met ’n basis van 109 x 125&nbsp;m, en was afgewerk in blink, wit kalksteen.<ref>Harry Adès ''A Traveller's History of Egypt'' (Chastleton Travel/Interlink, 2007) ISBN 1-905214-01-4 p48</ref> Die sogenaamde Trappiramide word beskou as die eerste grootskaalse steenkonstruksie ter wêreld.<ref name="Lehner 1997 p84">{{cite book |last1=Lehner |first1=Mark |title=The Complete Pyramids |year=1997 |publisher=Thames and Hudson |location=New York |isbn=978-0-500-05084-2 |page=84 }}</ref>
 
==Djoser==
 
'''Djoser''' was die eerste farao en stigter van die 3de Dinastie (omstreeks [[2667 v.C.|2667]] tot [[2648 v.C.]]) van die [[Ou Ryk van Egipte]].<ref name="Shaw 480">{{cite book |editor-last=Shaw |editor-first=Ian |title=The Oxford History of Ancient Egypt |year=2000 |publisher=Oxford University Press |isbn=0-19-815034-2 |page=480 }}</ref> Hy is veral bekend vir sy groot piramide, wat die Saqqara-landskap oorheers.<ref name="George Hart 1991">George Hart, Pharaohs and Pyramids, A Guide Through Old Kingdom Egypt (Londen: The Herbert Press, 1991), 57-68.</ref> In sy grafkelder word hy by sy [[Serech|Horusnaam]], Netjerichet, genoem; Djoser is ’n naam wat duisende jare later tydens die Nuwe Ryk aan hom gegee is.<ref name="Mark Lehner 1997">{{cite book |last1=Lehner |first1=Mark |title=The Complete Pyramids |year=1997 |publisher=Thames and Hudson |location=New York |isbn=978-0-500-05084-2 |pages=80–93 }}</ref>
== Djoser ==

Die piramide skep baie presedente. Dit is die eerste monumentstruktuur van klip. Dit dui daarop dat daar nuwe bronne beskikbaar was – van materiale sowel as werkers.<ref name="Kathryn A. Bard 2008" /> Konings is van dié tyd af ook in die noorde begrawe, eerder as by [[Abydos]]. Hoewel Djoser se piramide verskil van lateres, het baie van die elemente behoue gebly en het dit ’n voorbeeld geskep vir piramides van die 4de, die 5de en die 6de Dinastie, insluitende die Groot Piramides by [[Giza]].<ref name="Kathryn A. Bard 2008" /> Boonop is dit die eerste melding van [[Imhotep]], wat die kompleks ontwerp en gebou het.<ref name="Kathryn A. Bard 2008" />
 
== Die piramide ==
[[Lêer:Temples at Festival complex.JPG|thumbduimnael|250px|[[Egiptiese tempel|Tempels]] van die kompleks.]]
Djoser se piramide het verskeie funksies wat belangrik was vir beide die lewe en die hiernamaals. Die piramide in Antieke Egipte was nie bloot ’n graf nie; die doel daarvan was om ’n suksesvolle lewe ná die dood vir die koning moontlik te maak sodat hy vir ewig herbore kon word.
 
Die belangrikste persoon wat uitgrawings by die Trappiramide gedoen het, is die Franse argitek Jean-Philippe Lauer, wat sleuteldele van die kompleks gerekonstrueer het. Die kompleks dek 15&nbsp;ha en is 2,5 keer so groot soos die dorp Heirakonpolis van die Ou Ryk.<ref name="Kathryn A. Bard 2008" />
 
Die kompleks word omrig deur ’n kalksteenmuur van 10,5&nbsp;m hoog.<ref name="Alberto Siliotti 1997">Alberto Siliotti, Guide to the Pyramids of Egypt with forward by Zahi Hawass (New York: Barnes and Noble Books, 1997), 105-113.</ref> Dit beeld die paleisfasade uit nes die grafkelders uit die 1ste Dinastie.<ref name="A.J. Spencer, Early Egypt 1993">A.J. Spencer, Early Egypt: The Rise of Civilization in the Nile Valley (Londen: British Museum Press, 1993), 98-110.</ref> Dit het 14 deure, maar net een ingang is vir die lewendes. Die ander is bekend as vals deure en was bedoel vir die koning se gebruik in die hiernamaals. Eersgenoemde lei na ’n nou gangetjie wat met die onderdak-kollonade verbind is.<ref name="Alberto Siliotti 1997" /> Buite die muur was ’n grag van 40&nbsp;m breed om toegang tot die kompleks te bemoeilik.<ref name="Miroslav Verner 1998">Miroslav Verner, The Pyramids (New York: Grove Press, 1998), 105-139.</ref>
 
[[Lêer:Saqqara_Saqqara -_Pyramid_of_Djoser_ Pyramid of Djoser -_Mortuary_temple_ Mortuary temple -_Hypostyle_hall Hypostyle hall.JPG|thumbduimnael|250px|Kollonades lei tot binne die kompleks. Die pilare is uitgekap om soos plantstingels te lyk.]]
Die kollonade lei na die suidekant van die kompleks.<ref name="Kathryn A. Bard 2008">Kathryn A. Bard, An Introduction to the Archaeology of Ancient Egypt (Oxford: Blackwell Publishing Ltd, 2008), 128-33</ref> ’n Gang met ’n kalksteenplafon, wat so ontwerp is dat dit lyk of dit van heel boomstompe gemaak is, lei na die enorme klipnamaaksels van twee oop deure. Hieragter was ’n saal met 20 pare kalksteenpilare van 6,6&nbsp;m hoog wat uit segmente bestaan het wat soos bondels plantstingels lyk.<ref name="Kathryn A. Bard 2008" /> Tussen die pilare aan weerskante was klein kamers, moontlik vir elk van die provinsies van Bo- en Benede-Egipte.<ref name="Miroslav Verner 1998" /> Aan die einde van die kollonade was ’n kamer<ref name="A.J. Spencer, Early Egypt 1993" /> wat na die suidelike hof gelei het.<ref name="George Hart 1991" />
 
In die suidelike hof is klippe wat waarskynlik verband gehou het met die [[Sed-fees]], ’n belangrike ritueel wat gehou is met die 30ste regeringsjaar van ’n farao om hul magte te hernu.<ref name="Kathryn A. Bard 2008" /> So kon Djoser in die hiernamaals steeds krag uit die ritueel put.<ref name="Gay Robins 2000">Gay Robins, The Art of Ancient Egypt (Cambridge: Harvard University Press, 2000), 40-45.</ref>
 
[[Lêer:Djoser 1.jpg|thumbduimnael|240px|’n Reliëfwerk van Djoser wat na die tempel van Horus of Behedet kyk.]]
Die suidelike grafkelder is al vergelyk met die satelliet-piramides van latere dinastieë en het vermoedelik die ''ka'' in die hiernamaals gehuisves,<ref name="Mark Lehner 1997" /> want dis was te klein vir ’n liggaam.<ref name="Mark Lehner 1997" /> Van daar lei ’n trap na die pienk granietgrafkelder.
 
Verskeie ander kamers in die piramide is ryklik versier en daar word geglo die beste kunstenaars het in dié donkerste, mees ontoereikende plekke gewerk. Dit onderstreep die feit dat die kuns nie vir die lewendes bedoel was nie, maar om te verseker dat die koning alles het wat hy nodig kan kry vir ’n suksesvolle hiernamaals.<ref name="Mark Lehner 1997" />
 
Die grafkamer is uit graniet gebou wat ná die tyd met ’n granietblok van 3,5&nbsp;ton toegamaak is.<ref name="George Hart 1991" /> Geen liggaam is gevind nie, aangesien die grafkelder ná die tyd in ’n groot mate leeg gesteel is.<ref name="Mark Lehner 1997" />
 
== Tempels en ander geboue ==
Noord van die piramide was ’n [[Egiptiese tempel|dodetempel]] waar daaglikse rituele uitgevoer en offerandes aan die afgestorwe koning gebring is. Dit was die middelpunt van die farao se kultus.<ref name="Gay Robins 2000" /> Oos hiervan is ’n klein kamertjie wat die ''ka''-standbeeld huisves. Die koning se ''ka'' was in dié standbeeld om voordeel te trek uit die daaglikse seremonies.
 
Daarbenewens bevat die kompleks ook ’n ''Heb-sed''-binnehof vir rituele in die hiernamaals, talle kapelle in verskillende argitektoniese style en geboue met staanplek vir standbeelde.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
* {{CommonsKategorie-inlyn|Pyramid of Djoser}}
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/Pyramid_of_Djoser:Pyramid of Djoser|Engelse Wikipedia]]
 
[[Kategorie:Antieke Egipte]]