Verskil tussen weergawes van "Selonsroos"

9 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (replaced: thumb| → duimnael|, {{taksoboks → {{Taksoboks)
|binomial_authority = L.
| synonyms =
''Nerium indicum'' <small>[[Phillip Miller|Mill.]]</small><br />
''Nerium odorum'' <small>[[William Aiton|Aiton]]</small><ref name="GRIN">{{cite web |url=http://www.ars-grin.gov/cgi-bin/npgs/html/taxon.pl?25229 |title=''Nerium oleander'' L. |work=Germplasm Resources Information Network |publisher=United States Department of Agriculture |date=1998-03-09 |accessdate=2010-06-26}}</ref>
|}}
Die plant is van die [[Atlasgebergte]] in [[Noord-Afrika]] af na [[Suid-Afrika]] ingevoer en het hier genaturaliseer geraak. Hulle groei wild langs party van die [[Wes-Kaap]] se riviere. Die oleander is een van die heel giftigste tuinplante.
 
== Eienskappe ==
[[Beeld:Oleander Capsule Opens.jpg|duimnael|links|200px|’n Peul met sy donsagtige sade.]]
Die oleander word 2&nbsp;tot 6&nbsp;meter hoog, met regop stingels wat platter lê namate die plant ouer word. Die [[Blaar|blare]] kom voor in groepe van drie; hulle is dik, smal, leeragtig, donkergroen en sowat 5&nbsp;tot 21&nbsp;cm lank. Die [[blom]]me groei in trosse aan die einde van elke stingel; hulle is [[wit]], [[pienk]] of [[rooi]], met ’n vyflobbige kroon om die sentrale kroonbuis. Hulle ruik soms soet, maar nie altyd nie. Die [[vrug]] is ’n lang, smal peul van 5&nbsp;tot 23&nbsp;cm lank wat oopbars as dit ryp word en verskeie donsagtige [[Saad|sade]] vrystel.
Die oleander word algemeen in tuine en parke geplant, maar is weens sy giftigheid nie ’n gewilde [[huisplant]] nie. Dit is bestand teen droogte, swak grond en soms ligte ryp.<ref name=Huxley>Huxley, A.; Griffiths, M.; Levy, M. (reds.) (1992). ''The New RHS Dictionary of Gardening''. Macmillan. ISBN 0-333-47494-5.</ref> Daar is meer as 400 [[kultivar]]s met blomme wat nie in die natuur aangetref word nie, soos [[pers]] en [[oranje]] of dubbele blomme.
 
== Probleme ==
As die plant geëet word, kan dit die spysverteringstelsel, hart en sentrale senuweestelsel aantas. Dit kan naarheid en vomering veroorsaak, asook maagpyn en diarree wat soms bloed bevat.<ref name=Inchem>[http://www.inchem.org/documents/pims/plant/pim366.htm Inchem (2005). ''Nerium oleander'' L. (PIM 366). International Programme on Chemical Safety: Inchem. URL besoek op 2009-07-27]</ref> Dit kan die hartklop versnel en dan weer tot laer as normaal laat afneem. Dit kan lomerigheid, bewing, toevalle en selfs ’n koma en die dood veroorsaak. Die sap kan die vel en oë irriteer.<ref name=Goetz>[http://www.vet.purdue.edu/toxic/plant52.htm Goetz, Rebecca. J. (1998). "Oleander". Indiana Plants Poisonous to Livestock and Pets. Cooperative Extension Service, Purdue University. URL besoek op 2009-07-27.]</ref>
 
By huisplante kan die blomknoppe nie oopgaan nie as die plant te koud is of te min son kry. [[Wolluis]]e en [[dopluis]]e kan voorkom.<ref>Longman, David. ''Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer'', J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0</ref>
 
== Galery ==
<gallery>
Beeld:அறலி பூ.jpg
</gallery>
 
== Sien ook ==
* [[Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome]]
* [[Lys van Suider-Afrikaanse bome volgens wetenskaplike name]]
* [[Lys van indringerplante in Suid-Afrika]]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
* ''Watter Boom is dit?'' Eugene Moll 2013 ISBN 978 -1 -77007 -832 -1
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.clemson.edu/extension/hgic/plants/landscape/shrubs/hgic1079.html Clemson-universiteit: Feite oor die oleander]
* [http://www.oleander.org/toxic.html Internasionale Oleandervereniging: Inligting oor giftigheid]
{{CommonsKategorie-inlyn|Nerium}}
{{Wikispecies-inlyn|Nerium}}
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Nerium |Engelse Wikipedia]]
 
[[Kategorie:Tuinplante]]