Verskil tussen weergawes van "Sonstilstand"

16 grepe verwyder ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Earth-lighting-summer-solstice_afsolstice af.png|thumbduimnael|338px|Die posisie van die aardas tydens die wintersonstilstand in die Suidelike Halfrond en die somersonstilstand in die Noordelike Halfrond. Noord van die Noordpoolsirkel word dit op dié dag nooit donker nie en suid van die Suidpoolsirkel nooit lig nie.]]
{{Sonstilstande en nagewenings}}
 
Die '''sonstilstand''' of '''sonnewende''' ([[Latyn]]: ''solstitium'') is wanneer die [[Son]], van die [[Aarde]] af gesien, sy mees noordelike of suidelike posisie bereik. Op Aarde word hierdie posisies aangedui deur die twee keerkringe: die [[Kreefskeerkring]] in die noorde en die [[Steenbokskeerkring]] in die suide.
 
== Hoe dit werk ==
Namate die Son skynbaar in die rigting van die Kreefskeerkring beweeg, word die dae in die [[Suidelike Halfrond]] korter en in die [[Noordelike Halfrond]] langer. Wanneer die Son skynbaar na die Steenbokskeerkring beweeg, werk dit andersom. Die sonstilstand is die oomblik wanneer die Son presies bo die spesifieke keerkring is.
 
 
== Somer- en wintersonstilstand ==
Twee sonstilstande vind per jaar plaas: die somer- en die wintersonstilstand. In die Suidelike Halfrond vind dit onderskeidelik in Desember en Junie plaas, en in die Noordelike Halfrond andersom.
 
Die sonstilstande vind oral op Aarde op dieselfde oomblik plaas. Die tyd word in [[UTC]] aangedui.
* Die Junie-sonstilstand vind meestal plaas op [[21 Junie]], maar soms (in ’n [[skrikkeljaar]]) op [[20 Junie]] kort voor middernag.
* Die Desember-sonstilstand is meestal op [[21 Desember]], maar in die jaar of twee voor ’n skrikkeljaar op [[22 Desember]].
* Die wintersonstilstand of [[midwinter]] lui die begin van die winter in. Die dag is dan die kortste.
* Die somersonstilstand of [[midsomer]] lui die begin van die somer in. Die dag is dan die langste.
 
== Feeste ==
Die sonstilstande en nagewenings word met die seisoene verbind en is tradisioneel in veral die Noordelike Halfrond gevier. Die somerstilstand ([[midsomer]]) is daar gewoonlik op 24 Junie gevier (wanneer dit in die Suidelike Halfrond midwinter is) en die wintersonstilstand ([[midwinter]]) op 25 Desember. Op dié dag begin die dae in die Noordelike Halfrond weer langer word. [[Kersfees]] kom waarskynlik van laasgenoemde fees omdat [[Christus]] met die Son verbind is.
 
In die Suidelike Halfrond is die midwinter ook gevier, soos met die ligfees Inti Raymi ter ere van die [[Inka]]-god Inti.
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.religioustolerance.org/winter_solstice.htm Oor die wintersonstilstand en godsdienstige verdraagsaamheid]
{{CommonsKategorie-inlyn|Solstice}}
* [[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/:Solstice |Engelse Wikipedia]]
 
[[Kategorie:Ruimteverskynsels]]