Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

5 768 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Uitgebrei, nog besig
| 5 November<ref>{{cite book |last=Penprase |first=Bryan E |title=The Power of Stars: How Celestial Observations Have Shaped Civilization |url=https://books.google.com/books?id=XXOxGOpawuMC&pg=PA142 |accessdate= |year=2010 |publisher=Springer Science & Business Media |isbn=9781441968036 |page=142}}</ref> || 25 Oktober || 14 Oktober<ref>{{cite news |title=Hajj celebrated by Muslims in Mecca - video|url=http://www.theguardian.com/world/video/2013/oct/15/hajj-celebrated-muslims-in-mecca-video |accessdate=16 November 2014|newspaper=The Guardian|date=15 Oktober 2013}}</ref><ref name=Hajj-today>{{cite news |title=Hajj today|url=http://archive.thedailystar.net/beta2/news/hajj-today/ |accessdate=16 November 2014|newspaper=The Daily Star|date=14 Oktober 2013}}</ref> || 3 Oktober<ref>{{cite news |title=Islamic State militants are enemies of humanity: Saudi Grand Mufti|url=http://www.dawn.com/news/1135961/islamic-state-militants-are-enemies-of-humanity-saudi-grand-mufti | accessdate=16 November 2014|newspaper=Dawn |date=3 Oktober 2014}}</ref> || 23 September<ref name=TheDailyStar2015>{{cite news|url=http://www.thedailystar.net/frontpage/pilgrims-pray-peace-148021|title=Hajj Performed: 2 million pilgrims pray for world peace|date=24 September 2015|work=The Daily Star|accessdate=26 September 2015}}</ref> || 12 September<ref>http://www.aljazeera.com/news/2016/09/eid-al-adha-2016-160901181404738.html</ref>
|}
 
==Rituele==
[[Beeld:Hajj locations and rites.png|thumb|Die terreine van die hadj-rituele.]]
[[Fikh]] beskryf in besonderhede die manier waarop die hadj-rituele uitgevoer moet word en pelgrims volg gewoonlik handleidings en gidse om dit reg te doen.<ref name=Campo282>{{cite encyclopedia |editor=Juan E. Campo |encyclopedia=Encyclopedia of Islam |url=https://books.google.com/books?id=OZbyz_Hr-eIC&lpg=PP1&dq=isbn%3A1438126964&pg=PA282#v=onepage&q&f=false|publisher=Facts On File |year=2009 |isbn=978-0-8160-5454-1|page=282}}</ref> In die uitvoering van die rituele volg die pelgrims nie net die voorbeeld van Mohammed nie, maar vier hulle ook gebeure wat met Abraham verbind word.<ref name=Neusner178>{{cite book |last=Neusner |first=Jacob |title=World Religions in America: An Introduction |url=https://books.google.com/books?id=jRkRAQAAIAAJ&q=Hajj+muslims+commemorate+events+associate+Abraham&dq=Hajj+muslims+commemorate+events+associate+Abraham&hl=en&sa=X&ei=VpkyVO6QD4uSuQSbj4KIAw&redir_esc=y |accessdate=6 Oktober 2014 |year=2000 |publisher=Westminster John Knox Press |isbn=9780664258399 |page=178}}</ref>
 
===Ihram===
Wanneer die pelgrims die regte [[mikat]] bereik (afhangend van waar hulle kom), betree hulle ’n toestand van heiligheid. Dit behels die dra van twee wit naatlose stukke materiaal vir mans – met die een om die middel gebind en wat tot onder die knie afhang, en die ander om die linkerskouer gedrapeer en aan die regterkant vasgemaak; die dra van vroueklere wat voldoen aan die Islamitiese kode vir openbare drag, met die hande en gesig onbedek;<ref name=AtoZ/> reiniging; die verklaring van die bedoeling om die pelgrimstog af te lê en hom- of haarself te weerhou van sekere dade soos die knip van naels, die skeer van hare aan enige deel van die liggaam, seks, die gebruik van reukmiddels, die beskadiging van plante, die doodmaak van diere, die bedekking van die kop (mans) of die gesig en hande (vroue); huwelike of die dra van wapens.<ref name=Nigosian111>{{cite book |last=Nigosian |first=S. A. |title= Islam: Its History, Teaching, and Practices |url=https://books.google.com/books?id=my7hnALd_NkC&pg=PA111|year=2004 |publisher=Indiana University Press |location=[[Indiana]] |isbn= 0-253-21627-3 |page=111}}</ref><ref name=EB-ihram/> Die bedoeling van die ihram is dat alle pelgrims gelyk is voor God: daar is geen onderskeid tussen ryk en arm nie.<ref name=Neusner178/>
 
===Tawaf en saj===
[[Beeld:Tavaf.jpg|thumb|Die rigting van die tawaf om die Kaäba.]]
[[Beeld:Mount Safa Mecca.jpg|thumb|Die heuwel Safa naby die Kaäba in Al-Masjid al-Haram.]]
Die tawaf-ritueel behels dat sewe keer antikloksgewys om die Kaäba geloop word.<ref name=Marshall89>{{cite book |last=Long |first=Matthew |title=Islamic Beliefs, Practices, and Cultures |url=https://books.google.com/books?id=H_m14NlQQMYC&pg=PA89 |accessdate=2 September 2014 |year=2011 |publisher=Marshall Cavendish Corporation |isbn=978-0-7614-7926-0 |page=89}}</ref> Tydens die tawaf sluit pelgrims ook Hateem in: ’n gebied noord van die Kaäba. Elke omsirkeling begin met die soen of aanraking van die Swart Steen (Hajar al- Aswad).<ref name=Long17>{{cite book |last=Long |first=David E.|title=The Hajj Today: A Survey of the Contemporary Pilgrimage to Makkah |publisher=[[SUNY Press]] |year=1979 |url= http://books.google.com./books?id=2Uk3Gh6xrUUC&pg=PA17 |page=17 |isbn=9780873953825}}</ref> Wanneer dit nie moontlik is nie weens die groot skare, kan daar met elke omsirkeling met die hand na die Swart Steen gewys word. Pelgrims mag nie eet nie, maar wel water drink om dehidrasie te voorkom. Mans word aangemoedig om die eerste drie omsirkelings vinnig af te lê en die laaste vier teen ’n meer gemaklike pas.<ref name=AtoZ>{{cite book | title=Hajj to Umrah: From A to Z | last = Mohamed | first= Mamdouh N. | year = 1996 | publisher=Amana Publications | isbn= 0-915957-54-X}}</ref><ref name=Long17/>
 
Nadat sewe keer om die Kaäba geloop is, volg twee gebede by die [[Maqam Ibrahim|Plek van Abraham]] (Muqam Ibrahim), ’n plek in die moskee naby die Kaäba.<ref name=Long17/><ref name=Adelowo401>{{cite book | editor1-first=E. Dada |editor1-last=Adelowo |title=Perspectives in Religious Studies: Volume III |url=https://books.google.com/books?id=ma-QBAAAQBAJ&pg=PA401 |year=2014 |publisher=HEBN Publishers Plc |location=Ibadan |isbn=9789780814472 |page=401}}</ref> Die gebede kan egter, weer eens vanweë die groot skare, elders in die moskee plaasvind. Ná die gebede drink pelgrims water uit die Zamzam-put, wat oral in die moskee beskikbaar is.<ref>{{cite news |title=Pilgrims complain of Zamzam water shortage in Makkah|url=http://www.arabnews.com/news/597946 |accessdate=7 September 2014|newspaper=Arab News |date=7 Julie 2014}}</ref>
 
Hoewel die omsirkeling van die Kaäba tradisioneel op die grondverdieping plaasvind, kan dit ook op die eerste verdieping of die dak van die moskee gedoen word weens die skares.
 
Tawaf word gevolg deur saj, die loop of hardloop (sewe keer) tussen die heuwels Safa en Marwa, wat naby die Kaäba geleë is.<ref name=Marshall89/><ref name=Adelowo401/> Dit was voorheen in die ope lug, maar is deesdae heeltemal onderdak.<ref name=RESA>{{cite web | title = Hajj | publisher = Royal Embassy of Saudi Arabia | url = http://www.saudiembassy.net/issues/hajj/ | accessdate=12 Augustus 2014}}</ref> Pelgrims word aangeraai om te loop, maar hulle kan ook hardloop. Daar is ook ’n laan vir gestremdes. Ná saj skeer die mans hul hare en vroue knip gewoonlik ’n stuk van hul hare af. Dit voltooi die oemra.
 
<gallery widths="200px" heights="200px">
Beeld:Sa'yee To Go.jpg|Saj in die rigting van Safa.
Beeld:Sa'yee For older.jpg|Middelste deel vir ouer mense en gestremdes.
Beeld:Sa'yee To return.jpg|Saj terug van Safa af.
</gallery>
 
==Notas==