Verskil tussen weergawes van "Hillary Clinton"

geen wysigingsopsomming nie
k (Wysigings deur 170.185.134.17 teruggerol na laaste weergawe deur Tegel)
Tydens die ''Whitewater''-skandaal was sy in 1996 die enigste Eerste Dame van die Verenigde State wat ooit deur 'n jurie verhoor is, maar is nooit beskuldig bevind nie. Die toestand van haar huwelik met Bill Clinton was ná die [[Monica Lewinsky|Lewinsky]]-skandaal in 1998 'n onderwerp van diskussie in die media.
 
Ná haar verhuising na New York in 2000 is Clinton as senator vir hierdie deelstaat verkies. Dit was die eerste keer in die Amerikaanse geskiedenis dat 'n Eerste Dame vir 'n politieke amp kandidaat gestaan het, en sy was ook die eerste vroulike senator uit New York. In die Amerikaanse Senaat het sy aanvanklik die buitelandse beleid van die [[Republikeinse Party (Verenigde State)|Republikeinse]] president [[George W. Bush]] in gevalle soos die beslissing oor die oorlogvoering in [[Irak]] gesteun, maar later begin om die Bush-administrasie vir sy optrede in dié land en sy binnelandse beleid skerp te kritiseer. In 2006 is sy met 'n groot meerderheid van die uitgebragte stemme as senator herverkies. In die Demokratiese presidensiële voorverkiesings hetis beweer dat sy die eerste vrou in die Amerikaanse geskiedenis gewordis wat op nasionale vlak vir die nominasie as presidensiële kandidaat staan. Dit is egter onwaar, omdat [[Victoria Woodhull]] in 1872 die eerste vrou was om as Amerikaanse presidentskandidaat te staan.
 
Op 20 Januarie 2007 het Clinton die oprigting van 'n verkenningskomitee vir die [[Amerikaanse presidentsverkiesing 2008|2008-verkiesing]] aangekondig: die eerste amptelike tekening van 'n kandidaatstelling vir die Amerikaanse presidentskap. Op 3 Junie het dit egter geblyk dat haar mededinger, Barack Obama, die steun van sóveel gedelegeerdes gehad het (ruim 2100), dat sy Demokratiese kandidaatskap 'n uitgemaakte saak was. Clinton het twee dae later aangekondig dat sy aan Obama se oorwinning sou toegee; sy het op 7 Junie haar stryd om kandidaatskap amptelik beëindig en haar steun vir Obama aan die publiek uitgespreek.