Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

8 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
== Agtergrond ==
[[Lêer:OCD handwash.jpg|duimnael|Handewas is een van die mees effektiewe vorme van higiëne om die verspreiding van aansteeklike siektes te voorkom.]]
Higiëne is 'n konsep verwant aan sindelikheid, gesondheid en geneeskunde. Higiëniese gebruike word toegepas in geneeskunde en in huishoudings as voorkomende maatreëls om die voorkoms en verspreiding van siektes te bekamp. Goeie higiëne is 'n sleutelfaktor tot gehalteversekering in die vervaardiging van voedsel, farmaseutiese en kosmetiese produkte. Die terme sindelikheid en higiëne word dikwels gelykwaardig aan mekaar gebruik en kan tot verwarring lei. In die algemeen verwys higiëne na gebruike wat die verspreiding van siekteveroorsakende organismes voorkom. Aangesien skoonmaakprosesse – soos handewas – aansteeklike mikrobes en vuilheid verwyder, word dit dikwels beskou as metodes om higiëne te handhaaf.  Ander gebruike van die benaming verskyn in sinsdele wat insluit: persoonlike higiëne, slaaphigiëne, [[geestesgesondheid]], mondhigiëne en beroepsgesondheid wat verband hou met openbare gesondheid. ''Higiëne'' is ook 'n vertakking van die wetenskap wat gemoeid is met die bevordering en handhawing van gesondheid. Higiëniese praktyke is baie uiteenlopend, en wat aanvaarbaar is binne een [[kultuur|kultuur,]], mag taboe wees in 'n ander.
 
== Mediese higiëne ==