Verskil tussen weergawes van "Sirië"

Geen grootteverandering nie ,  3 jaar gelede
spelling van getranslitereerde eiename. Nou meer konsekwent (hopelik korrek)
k (Statistieke hersien)
(spelling van getranslitereerde eiename. Nou meer konsekwent (hopelik korrek))
Die politieke mag in Sirië is in die hande van 'n klein elite van invloedryke families gekonsentreer. Sy politieke bedeling, waarin Pan-Arabiese ideologie met politieke sekularisme gekombineer word, toon baie ooreenkomste met dié van [[Irak]] onder die bewind van [[Saddam Hoesein]]. Die Islamitiese godsdiens vorm nogtans 'n sentrale bestanddeel van Sirië se nasionale identiteit en speel 'n belangrike rol in die openbare lewe.
 
Die Baath-party is naas die Siriese leër 'n beslissende sekulêre element waarin godsdienstige minderhede soos [[Alawiete]], Droese en Grieks-Ortodokse Christene hul invloed kan laat geld in 'n samelewing wat andersins deur Soennitiese Moslems oorheers sou word. Sedert die verkiesing van Hafez al-Assad tot staatspresident in 1971 word die land deur die Alawitiese al-Assad-gesin geregeer. Hafez al-Assad is ná sy afsterwe in 2000 deur sy seun BasharBasjar as staatshoof opgevolg. Basjar al-Assad, 'n geneeskundige wat sy akademiese opleiding in [[Londen]] en [[Parys]] ontvang het, het verskeie pogings onderneem om die land se ekonomie en regeringstelsel te hervorm en te liberaliseer.
 
Dit is nie tans vir buitelandse waarnemers duidelik hoe die interne magsverdeling tussen president, regering en geheimediens gereël word nie. Sedert Maart 2011 is die land egter in 'n bloedige burgeroorlog gewikkel wat uit die rewolusionêre politieke ontwikkelings van die sogenaamde [[Arabiese Lente]] in ander Arabiese lande soos Libië, Tunisië en Egipte voortgespruit het. Die regering verwys na die opstandelinge as Islamitiese terroriste.
Volgens artikel 3 van die grondwet dien die Islamitiese Sjaria as hoofbron vir die Siriese wetgewing. Watter regsreëls van die huweliks- en familiereg toegepas word, hang in Sirië van die geloofsgroep af. So mag Sjaria-wette uitsluitlik op Moslems toegepas word, vir Christene geld die ''codex iuris canonici''.
 
Die wetgewende bevoegdhede en uitvoerende gesag van die president, wat ook as staatshoof en opperbevelhebber fungeer, strek wyd. Die president word volgens die grondwet deur die parlement benoem en vir 'n ampstermyn van sewe jaar regstreeks verkies. Hy stel die basiese riglyne vir die regeringsbeleid op, stel die lede van die regering aan en mag hulle uit hul ampte ontslaan, mag wetsontwerpe indien en 'n vetoreg uitoefen, mag die parlement ontbind en lede van die konstitusionele hof benoem. Die amp van president mag uitsluitlik deur Moslems beklee word. Die minimum-ouderdom vir die presidentsamp is ná die afsterwe van die langjarige president HafizHafez al-Assad verlaag van oorspronklik 40 tot 34 jaar sodat sy seun Basjar hom as staatshoof kon opvolg. In die nuwe grondwet van 2012 is die minimum-ouderdom weer tot 40 jaar verhoog.
 
Verdere vereistes is in 2012 met die oog op opposisielede in die buiteland gestel. Kandidate vir die presidentsamp moet volgens die nuwe grondwet in Sirië gebore wees, met 'n Siriese gade getroud wees en vir 'n minimum van tien jare in Sirië woon. Tans is daar min Siriese politici in die buiteland wat aan hierdie vereistes voldoen. Vanaf 2014 mag 'n president slegs twee ampstermyne van sewe jaar elk dien.
12 721

wysigings