Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

1 065 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
[[Beeld:Amellie - Stoning of the devil 2006 Hajj.jpg|thumb|Die steniging van die duiwel in 2006.]]
 
Wanneer hulle terug is in Mina, voer die pelgrims ’n simboliese steniging van die duiwel (''Ramī al-djamarāt'') uit deur van sonsopkoms tot sonsondergang sewe klippies na die grootste van die drie pilare (''djamarat'') te gooi.<ref name=ngeo/><ref name=al-Hasani>{{cite book |last=al-Hasani |first=Abu Qanit al-Sharif |title=The Guiding Helper: Main Text and Explanatory Notes |url=https://books.google.com/books?id=wKZJAgAAQBAJ&pg=PA220 |year=2009 |publisher=Lulu.com |isbn=9781445237916 |page=220}}</ref> Hulle gooi nie dié dag klippe na die ander twee pilare nie.<ref>{{cite web|url=http://www.easyhajj.co.uk/throwingpebbles.php |title=easyhajj.co.uk |publisher=easyhajj.co.uk |date= |accessdate=2011-12-19 |deadurl=yes |archiveurl=https://web.archive.org/20110811073422/http://www.easyhajj.co.uk:80/throwingpebbles.php |archivedate=11 August 2011 }}</ref> Die drie pilare verteenwoordig Satan.<ref>{{cite book |author=Nigosian |title= Islam: Its History, Teaching, and Practices |url=https://books.google.com/books?id=my7hnALd_NkC&pg=PA112|year=2004 |isbn= 0-253-21627-3 |page=112}}</ref> Die klippies kan vanaf die veelvlakkige [[Djamarat-brug]] of op die grondvlak gegooi word. Om veiligheidsredes is die pilare in 2004 deur lang mure vervang, waar die klippe opgevang word nadat hulle gegooi is.<ref name=Marshall90>{{cite book |last= |first= |title=Islamic Beliefs, Practices, and Cultures |url=https://books.google.com/books?id=H_m14NlQQMYC&pg=PA90 |accessdate=2 September 2014 |year=2011 |publisher=Marshall Cavendish Corporation |isbn=978-0-7614-7926-0 |page=90}}</ref><ref name=Mohamed54>{{cite book | editor1-first= Mohamed |editor1-last= Gad-el-Hak |title=Large-Scale Disasters: Prediction, Control, and Mitigation |url=https://books.google.com/books?id=nfDs5KWqyzcC&pg=PA54 |accessdate=January 13, 2015 |year=2008 |publisher=Cambridge University Press |isbn=9781139472296 |page=54}}</ref>
 
Die ''djamarat'' (enkelvoud: ''djamra'') van oos na wes word genoem:
* Die eerste of kleinste ''djamra'' (الجمرة الصغرى, ''al-jamrah aṣ-ṣughrā'');
* Die middelste ''djamra'' (الجمرة الوسطى, ''al-jamrah al-wusṭā'');
* Die grootste ''djamrah'' (الجمرة الكبرى, ''al-jamrah al-kubrā'').
 
Die steniging is ’n simboliese daad wat Abraham se hadj weerspieël, toe hy klippe na drie pilare gegooi het wat die duiwel verteenwoordig: die grootste pilaar verteenwoordig Abraham se versoeking om Ismael nie te offer nie; die middelste een Hagar se versoeking om hom te keer; en die kleinste een Ismael se versoeking om te keer dat hy geoffer word. Die duiwel is elke keer verslaan.
 
Dit verteenwoordig ook die mens se wegbeweeg van sy self en die handeling om jou lae begeertes en wense te verwerp en jou aan God te onderwerp.<ref>Ayatollah al Hajj ash‑Shaikh Husain Mazaheri, ''[http://al-islam.org/secretsofthehajj/5.htm Secret of the Hajj]''.</ref>
 
Die klippies kan vanaf die veelvlakkige [[Djamarat-brug]] of op die grondvlak gegooi word. Om veiligheidsredes is die pilare in 2004 deur lang mure vervang, waar die klippe opgevang word nadat hulle gegooi is;<ref name=Marshall90>{{cite book |last= |first= |title=Islamic Beliefs, Practices, and Cultures |url=https://books.google.com/books?id=H_m14NlQQMYC&pg=PA90 |accessdate=2 September 2014 |year=2011 |publisher=Marshall Cavendish Corporation |isbn=978-0-7614-7926-0 |page=90}}</ref><ref name=Mohamed54>{{cite book | editor1-first= Mohamed |editor1-last= Gad-el-Hak |title=Large-Scale Disasters: Prediction, Control, and Mitigation |url=https://books.google.com/books?id=nfDs5KWqyzcC&pg=PA54 |accessdate=January 13, 2015 |year=2008 |publisher=Cambridge University Press |isbn=9781139472296 |page=54}}</ref> baie pelgrims het voorheen mense aan die oorkant per ongeluk raakgegooi.
 
;Diere-offering