Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
|style="border-left:1px solid #999"| '''Wapen'''
|- style="background:white"
|rowspan=6| [[Lêer:Outline Map of Novgorod Oblast.svg|170px|centersenter]]
|- style="background: white"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Lêer:Coat of Arms of Veliky Novgorod.svg|75px|centersenter]]
|- style="background: #f7f8ff;border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|style="border-left:1px solid #999;border-top:1px solid #999"| '''Vlag'''
|- style="background: white; border-top:1px solid #999;"
|style="border-left:1px solid #999"| [[Lêer:Flag of Veliky Novgorod.svg|90px|centersenter]]
|- style="background: #f7f8ff; border-top:1px solid #999; text-align:center;"
|style="border-left:1px solid #999"|
|- style="border-top:1px solid #999;"
| '''Land'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | {{vlag|Rusland}}
|- style="border-top:1px solid #999;"
| '''Deelgebied'''
|-
|  - Totaal (2011)
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 218 724
|-
|  - Bevolkingsdigtheid
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 2 428 km
|-
'''Weliki Nowgorod''' ([[Russies]]: Вели́кий Но́вгород) is een van Rusland se mees historiese stede<ref>''The Archaeology of Novgorod,'' deur Valentin L. Yanin, in ''Ancient Cities, Special Issue,'' (Scientific American), pp 120–127, c 1994</ref> en die administratiewe hoofstad van [[Nowgorod-oblast]]. Dit is geleë aan die Russiese federale snelweg M10 wat [[Moskou]] en [[Sint Petersburg]] verbind en aan die Wolchof-rivier. Dit was net bekend as Nowgorod tot in 1999, toe dit sy huidige naam ("die Groot Nowgorod") gekry het na aanleiding van sy [[Middeleeue|Middeleeuse]] naam, "Meester Nowgorod die Grote". Volgens die 2010-sensus het die stad 218&nbsp;724 inwoners.
 
== Geskiedenis ==
Weliki Nowgorod is in óf die [[9de eeu|9de]] óf die [[10de eeu]] gestig en is een van die oudste stede in Rusland. Dit word onder [[859]] in die Eerste Sofia-kronieke genoem en onder [[862]] in die Eerste Nowgorod-kronieke toe dit blykbaar reeds ’n groot sentrum was op die handelsroete tussen die [[Baltiese lande|Baltiese]] streek en [[Bisantium]]. In argeologiese opgrawings in die 20ste eeu is egter net artefakte gevind wat dateer van die laat 10de eeu af – die tyd toe Rusland gekersten is en dus sowat ’n eeu nadat die stad na bewering gestig is. Dit lyk dus of teks uit die kronieke wat die stad in die 850's of 860's noem, later bygevoeg is.<ref>W.L. Ianin en M.Ch. Alesjkofski, “Proschozjdenije Nowgoroda: (k postanofke problemoe),” ''Istorija SSSR'' 2 (1971): 32-61.</ref>
 
Die [[Skandinawië|Skandinawiese]] naam van die stad, Holmgård (of Holmgarðr of Holmgarðir), word in [[Noors]]e sagas genoem asof dit nog vroeër bestaan het, maar daar kan nie hier tussen geskiedenis en legende onderskei word nie.<ref>Volgens Rydzevskaya kan die Noorse naam verwys na die "ou stad" wat bestaan het voor die "nuwe stad" (die betekenis van Nowgorod).</ref> Volgens die legende van die eerste Russiese [[grootprins]], [[Rjoerik]], het die eerste Nore hulle omstreeks 858-860 in die streek gevestig, maar volgens die ''Annales Bertiniani'' (wat tot in 882 bygewerk is) word ’n Russiese afvaardiging genoem wat [[Konstantinopel]] in 838 reeds besoek het.<ref>I.H. Garipzanov, The Annals of St. Bertin (839) and Chacanus of the Rhos. ''Ruthenica'' 5 (2006) (http://www.history.org.ua/JournALL/ruthenica/5/1.pdf).</ref><ref>Gwyn Jones, ''A History of the Vikings'', 2de uitg., Londen, Oxford University Press, 1984, pp. 249-250.</ref>
 
=== Stadstaat binne Kiëf-Roes ===
In 882 het Rjoerik se opvolger, [[Oleg van Kiëf|Oleg]], [[Kiëf]] verower en die staat [[Kiëf-Roes]] gestig. Nowgorod se grootte sowel as sy ekonomiese, politieke en kulturele invloed het hom die tweede belangrikste stad in Kiëf-Roes gemaak. Volgens gebruik is die oudste seun en erfgenaam van ’n heersende Kiëfse prins gestuur om oor Nowgorod te regeer, selfs al was hy minderjarig. Anders sou ’n ''posadnik'', of burgemeester, oor die stad regeer.
 
Van al hul prinse gedenk die inwoners van Nowgorod die meeste vir [[Jaroslaf I van Kiëf|Jaroslaf die Wyse]], wat die regerende prins was in die tyd van sy vader, [[Wladimir I van Kiëf|Wladimir die Grote]]. Hy het die eerste geskrewe wette vir die Oos-Slawiërs afgekondig en dit is in die latere wetboek [[Roesskaja Prawda]] opgeneem. Hy het ook sekere vryhede en voorregte aan die inwoners gegee. Sy seun, [[Wladimir van Nowgorod|Wladimir]], het die Sint Sofiakerk (beter vertaling: die Katedraal van Heilige Wysheid) in Nowgorod laat bou wat vandag nog staan.
 
=== Republiek van Nowgorod ===
[[Lêer:Novgorod torg.JPG|thumbduimnael|links|300px|’n Mark in Nowgorod, deur Apollinari Wasnetsof (1856-19331856–1933).]]
In 1136 het die inwoners van Nowgorod hul prins, [[Wsewolod Mstislawitsj van Nowgorod en Pskof]], van die troon gesit. Hierdie datum word beskou as die tradisionele begin van die [[Republiek van Nowgorod]]. Oor die volgende twee eeue het die stad ’n hele aantal prinse uitgenooi en ontslaan, maar die amp is nooit afgeskaf nie en ’n paar magtige prinse, soos [[Aleksander Nefski]], het oor die stad regeer ongeag die wense van die inwoners.<ref>Michael C. Paul, “The Iaroslavichi and the Novgorodian Veche 1230-12701230–1270: A Case Study on Princely Relations with the Veche,” ''Russian History/ Histoire Russe'' 31, No. 1-2 (Lente-Somer 2004): 39-59.</ref> Die stadstaat het die grootste deel van [[Europa]] se noordooste beheer, van grondgebied oos van die hedendaagse [[Estland]] tot by die [[Oeralgebergte]], wat dit een van die grootste state in [[Middeleeue|Middeleeuse]] Europa gemaak het, hoewel ’n groot deel daarvan yl bevolk was.
 
Een van die belangrikste mense in Nowgorod was die burgemeester (''posadnik''), ’n amptenaar wat gekies is deur ’n vergadering (''wetsje'') van die stad se adel (bojare). Die aartsbiskop van Nowgorod was ook ’n belangrike figuur wat die mag met die bojare gedeel het.<ref>Michael C. Paul, “Secular Power and the Archbishops of Novgorod Before the Muscovite Conquest.” ''Kritika: Explorations in Russian and Eurasian History'' 8, no. 2 (Lente 2007): 231-270.</ref> Die stad se presiese politieke grondwet en die presiese samestelling van die ''wetsje'' is egter nie bekend nie.
Nowgorod is nooit verower tydens die [[Mongolië|Mongoolse]] inval in Kiëf-Roes nie. Die Mongoolse leër het 100&nbsp;km van die stad af omgedraai, waarskynlik omdat die moerasland om die stad die Mongoolse bevelvoerders afgeskrik het.
 
=== Verenigde Russiese staat ===
[[Lêer:Natalya dulchenko kokui.jpg|thumbduimnael|200px|Die Middeleeuse mure van Nowgorod het talle aanvalle weerstaan.]]
Nowgorod het sy onafhanklikheid verloor weens sy onvermoë om sy groot bevolking te voed. Dit was van die Wladimir-Soezdal-streek afhanklik vir [[graan]]. Die hoofstede in die gebied, Moskou en [[Twer]], het dié afhanklikheid gebruik om beheer oor Nowgorod te kry. [[Iwan III van Rusland|Ivan III]] het die stad in 1478 eindelik by die [[Grootprinsdom van Moskou]] ingelyf. Nowgorod was die derde grootste Russiese stad (met 5&nbsp;300 huise en 25&nbsp;000 – 30&nbsp;000 inwoners in die 1550's<ref>Boris Zemtsov, [http://www.ecsocman.edu.ru/images/pubs/2005/02/02/0000203630/006_zemtsov_2.pdf Откуда есть пошла... российская цивилизация], Общественные науки и современность. 1994. № 4. С. 51-62. p. 9 {{ru}}</ref>) tot met die hongersnood van die 1560's en totdat [[Iwan IV van Rusland|Iwan die Verskriklike]] die stad in 1570 laat plunder en duisende inwoners laat vermoor het. Die stad se handelslui en adel is na Moskou, [[Jaroslawl]] en elders verban.
 
Tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]], op 15 Augustus 1941, het die [[Duitsland|Duitse]] leër Nowgorod beset. Sy historiese monumente is stelselmatig verwoes. Toe die [[Rooi Leër|Sowjetleër]] die stad op 19 Januarie 1944 bevry, het minder as 40 van die voorheen 2&nbsp;536 steengeboue nog gestaan. Ná die oorlog is die stad geleidelik gerestoureer. In 1992 is sy belangrikste monumente tot ’n [[Wêrelderfenisgebied]] verklaar. In 1999 is die stad amptelik herdoop tot Weliki Nowgorod (letterlik "die Groot Nowgorod") na aanleiding van sy [[Middeleeue|Middeleeuse]] naam, "Meester Nowgorod die Grote".
 
== Attraksies ==
[[Lêer:Nowgorod 2005 Millenium Monument.jpg|thumbduimnael|links|200px|Bronsmonument om Rusland se duisendjarige bestaan (1862) te vier.]]
Nowgorod is een van die Russiese stede met die meeste en oudste Middeleeuse monumente. Die belangrikste hiervan is die Sint Sofia-katedraal wat tussen 1045 en 1050 laat bou is deur Wladimir Jaroslawitsj, seun van [[Jaroslaf I van Kiëf|Jaroslaf die Wyse]]. Wladimir en sy ma, Anna, is in die katedraal begrawe.<ref>Tatiana Tsarevskaia, ''St. Sophia's Cathedral in Novgorod'' (Moskou: Sewjerni Palomnik, 2005), 3.</ref> Dit is die bes bewaarde 11de-eeuse kerk, waarskynlik die oudste gebou in Rusland wat nog gebruik word en die eerste wat die oorspronklike Russiese boustyl verteenwoordig: eenvoudige klipmure en vyf helm-agtige koepels). Dit het beroemde bronshekke gehad wat nou by die westelike ingang te sien is.
 
[[Lêer:Saint Sophia Cathedral in Novgorod.jpg|thumbduimnael|regs|250px|Die Sint Sofia-katedraal.]]
In die [[Nowgorod-kremlin]], wat tradisioneel as die ''Detinets'' bekend is, is die oudste paleis in Rusland (die sogenaamde Kamer van die Fasette, 1433) wat gebruik is as die hoofvergadersaal van die aartsbiskoppe; die oudste Russiese [[kloktoring]]s (middel 15de eeu en 1673). Onder die nuwer monumente is die koninklike paleis (1771) en die bronsmonument om Rusland se duisendjarige bestaan te vier (1862).
 
In Witoslawlitsi aan die Wolchof-rivier en die Mjatsjino-meer, naby die Joerijef-klooster, is in 1964 ’n prentjieagtige museum van houtargitektuur begin. Meer as 20 houtgeboue (kerke, huise en meulens) uit die 14de tot 19de eeu is uit die hele Nowgorod-streek daarheen gebring.
 
== Vervoer ==
=== Nasionaal ===
Nowgorod is met [[Moskou]] (531&nbsp;km) en [[Sint Petersburg]] (189&nbsp;km) verbind deur die M10-snelweg. Daar is busse na Sint Petersburg en ander stede. Per spoor is die stad verbind met Moskou, Sint Petersburg, [[Minsk]] ([[Belarus]]) en groot stede in Noordwes-Rusland soos [[Pskof]] en [[Moermansk]]. Sedert die middel 1990's is daar nie gereelde vlugte na Nowgorod nie. Die naaste internasionale lughawe is Poelkowo in Sint Petersburg, sowat 180&nbsp;km noord van die stad.
 
=== Plaaslik ===
Die plaaslike vervoer bestaan uit ’n netwerk busse en [[trem]]s. Die tremstelsel van vyf roetes is in 1995 geopen en is die eerste nuwe tremstelsel in Rusland sedert die verbrokkeling van die [[Sowjetunie]].
 
== Bibliografie ==
* William Craft Brumfield. ''A History of Russian Architecture'' (Seattle: Univ. of Washington Press, 2004) ISBN 978-0-295-98394-3
 
== Verwysings ==
: ''[[imageLêer:Crystal txt.png|20px|leftlinks]]<small> Hierdie artikel is vertaal vanuit die [http[://en.wikipedia.org/wiki/Veliky_Novgorod:Veliky Novgorod|Engelse Wikipedia]</small>]''
<references/>
{{Verwysings}}
[[image:Crystal txt.png|20px|left]]<small>Hierdie artikel is vertaal vanuit die [http://en.wikipedia.org/wiki/Veliky_Novgorod Engelse Wikipedia]</small>
 
== Eksterne skakels ==