Verskil tussen weergawes van "Pous Innocentius XI"

k (→‎Biografie: Neurenburg)
 
=== Buitelandse sake ===
Pous Innocentius was 'n entoesiastiese ondersteuner van die Heilige Liga. Op [[31 Maart]] [[1683]] slaag hy daarin om die Poolse koning Jan Sobieski en die [[Leopold I, Heilige Romeinse Keiser|Duitse keiser Leopold I]] in 'n verdedigingsverdrag saam te bind. Op [[12 September]] [[1683]] slaag hulle daarin om [[Wene]] te ontset van die Turke. Innocentius het [[Oostenryk]] en [[Hongarye]] se oorlog teen die Turke met miljoene scudi gesteun en geleef om die ontsetting van [[Belgrado]] op [[6 September]] [[1688]] te beleef.
 
Die Franse koning Lodewyk XIV het met die pous gebots oor die hegemonie oor die kerk in Frankryk. In 1673 brei die koning sy heerskappy oor die kerk uit na Languedoc, Guyenne, die Provence en Dauphiné. Alle pogings van Innocentius om Lodewyk van sy beleid te laat afsien was vrugteloos. Op [[19 Maart]] [[1682]] laat die koning die Franse geestelikes die vier artikels van die Galliese Vryhede aanvaar. Op [[11 April]] [[1682]] annuleer die pous die artikels en wyer erkenning aan al die biskoplike kandidate wat daaraan deelgeneem het. Die koning het die pous probeer paai deur die herroeping van die [[Edik van Nantes]] op [[22 Oktober]] [[1685]] en die vervolging van Hugenote. Die pous was egter nie daarmee gedien nie en het steeds sy erkenning van die Franse biskoplike kandidate weerhou.