Verskil tussen weergawes van "Die Brandwag"

71 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
 
==Voorgangers==
[[Beeld:Dr WMR Malherbe.jpg|duimnael|180px|regs|Dr. W.M.R. Malherbe.]]
Die eerste ''Brandwag'' het vanaf [[Uniewording]] op [[31 Mei]] [[1910]] tot Februarie 1922 onder mederedakteurskap van dr. W.M.R. Malherbe en dr. [[Gustav Preller]] verskyn en was die mondstuk van die [[Afrikaanse Taalgenootskap]] (sien [[Geskiedenis van Afrikaans]]). Malherbe het van September 1910 tot 1919 alleen die redakteurskap behartig, waarna Preller by hom oorgeneem het. Die tydskrif het 'n belangrike bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde in die nadraai van die [[Anglo-Boereoorlog]] en 'n lewendige belangstelling by sy lesers in die geskiedenis van die land aangewakker deur artikels soos byvoorbeeld dié deur Preller geskryf oor die Voortrekkers. Dit het onder meer insiggewende artikels oor die skilder- en beeldhoukuns bevat en het met buiteblaaie gespog wat deur kunstenaars soos [[Pierneef]] en [[Frans Oerder]] ontwerp is. 'n Ruk lank het dit 'n hoë letterkundige standaard gehandhaaf en bydraes van die voorste Afrikaanse skrywers en digters. Onder hulle het [[Jan F. Celliers]], [[Louis Leipoldt]], [[Leon Maré]] en [[Jochem van Bruggen]] getel. Die eerste gedig van [[Toon van den Heever]] het in ''Die Brandwag'' verskyn, naamlik ''In die Hoëveld'', die Afrikaanse verwerking van ''De Mynwerker'', wat in die Joernaal van die Ermelo-Hoërskool se Jongensklub in 1913 opgeneem is. Vanaf Maart 1920 het ''Die Banier'' as maandblad oor die wetenskap en letterkunde saam met ''Die Brandwag'' verskyn. Nadat ''Die Brandwag'' self tot niet gegaan het, het ''Die Banier'' nog enkele jare lank op sy eie voortbestaan.
 
85 759

wysigings