Verskil tussen weergawes van "Heelgetal"

Geen grootteverandering nie ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
== Eienskappe van heelgetalle ==
Hoe verder links jy beweeg op die getallelyn, hoe kleiner is die getal, bv.
#* 1 is kleiner as 5
#* -2 is kleiner as 1
#* -5 is kleiner as -4
 
Hoe verder regs jy beweeg op die getallelyn, hoe groter word die getal, bv.
#* 3 is groter as 1
#* 1 is groter -3
#* -3 is groter as -5
 
Wanneer jy 2 positiewe getalle bymekaar tel, kry jy 'n positiewe antwoord, bv.
#* 5 + 8 = +13, maar ons skryf net 13
#* 23 + 11 = 34
 
As jy 2 negatiewe getalle bymekaar tel, bly die antwoord negatief, bv.
#* (-3) + (-5) = -8
#* (-12) + (-6) = -18
 
As jy 'n negatiewe getal by 'n positiewe getal tel, kry die antwoord die teken van die grootste syfer, bv. [nb! grootste syfer beteken nie grootste getal nie]
#* 16 + (-7) = 9 (16 was die grootste syfer en was positief – die antwoord bly positief)
#* 8 + (-21) = -13 (21 was die grootste syfer – die antwoord word dus negatief)
 
== Sien ook ==