Pieter de Vos: Verskil tussen weergawes

28 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
(P.J.G.de Vos)
 
 
== Lewe en werk ==
Pieter Jacobus Gerhard de Vos is op 29 Oktober 1842 op die plaas Olifantsberg in die distrik [[Worcester]] gebore as een van twaalf kinders van Jacob de Vos en Anna Elizabeth Hugo[[:Lêer:///C:/Users/Lenovo/Downloads/De Vos, PJG.docx# edn1|''''''[i]'''''']]. As sewentienjarige vertrek hy na [[Kaapstad]] vir voorbereidende studies aan die [[Suid-Afrikaanse Kollege|South African College]] (later die Universiteit van Kaapstad), waarna hy verder studeer aan die [[Teologiese Kweekskool op Stellenbosch]]. Hy is ná die later beroemde hoofregter lord De Villiers die eerste student aan die Kweekskool. In 1862 skryf hy die toelatingseksamen en kry sy teologiese onderrig by John Murray. Die agting wat sy medestudente vir hom het blyk uit ʼn geskenk van ʼn silwer-inkkoker wat hulle aan hom met sy vertrek daar gee. Vanaf 1865 tot 1866 sit hy sy studies voort aan die New College of the Free Church in Edinburgh in [[Skotland]] en hy promoveer op 7 Junie 1866. Hierna spandeer hy ook ʼn paar maande as student in [[Utrecht]] en na sy terugkeer na Suid-Afrika op 12 September 1866 stel hy homself beroepbaar. Hy ontvang dadelik vyf beroepe, waaruit hy die gemeente van [[Piketberg]] verkies. Op 10 Maart 1867 word hy hier in die amp bevestig en hier is hy ook getroud met Anna Margaretha Brink. Die egpaar het drie dogters, Anna wat later met George Hofmeyr getroud is, Lily de Vos en mevrou Sannie Broers.  
 
Die onderwystoestande op Piketberg was onbevredigend, met ʼn skoolkommissie wat hulleself verkies het: die biskop van die [[Anglikaanse Gemeenskap|Anglikaanse Kerk]], die magistraat en die magistraatsklerk, met geen voorsiening vir onderrig in Hollands nie. De Vos se vertoë na die regering in die Kaap is vrugteloos, waarna hy sy eie [[Hollandse Grand Prix|Hollandse]] kerkskool stig met behulp van die gemeentelede. Vanaf 1871 bedien hy die gemeente op Caledon en neem dan in 1881 ʼn beroep aan na Riversdal. Na die dood van John Murray word hy in 1882 slegs die tweede professor in [[Dogmatiek]] aan die Teologiese Kweekskool aan die Victoria-Kollege (later die [[Universiteit Stellenbosch|Universiteit van Stellenbosch)]], ʼn posisie wat hy van 1882 tot met sy aftrede in 1919 beklee. Van 1919 tot met sy dood in 1931 is hy kanselier van die Universiteit van Stellenbosch.
85 924

wysigings