Adrenalien (roman): Verskil tussen weergawes

→‎Deel 1: Skakels
No edit summary
(→‎Deel 1: Skakels)
 
Astrid keer terug ná haar trek na Johannesburg afgehandel is. Gustaf het sy roman ook klaargemaak. Die adrenalien het gewerk. Astrid herinner hom weereens dat 'n verhouding tussen hulle nooit kan werk nie – “jy dink aan haar as jy my sien”.
Ongesiens pak Gustaf sy bagasie, laat 'n nota en vat die pad met sy motor. Hy verdwaal en kom op 'n plaashuisie af – met die Greyvensteins op die foto in lewende lywe. Gustaf keer terug na die plaashuis deur die verroeste spoorlyn met sy motor te volg. Die bordjie ''Varage'' spel in 'n waas ''Gevaar''. Hy kom by die nabygeleë kothuis aan waar Ricky bly. Hy hoor 'n asemhaling en in die slaapkamer sien hy hoe Ricky en Astrid geslagsomgang het: ou minnaars. Uit woede keer hy na die plaashuis terug en keer haar kamer om. Hy kry in haar kas verskillende portrette van die Greyvensteins as gesin. Bewyse vir die ander paranormale verskynsels ontbreek. Astrid en Ricky staan in die deur en kom met die hele sak [[patats]] uit: hierdie huis se spokerigheid en die doelbewuste fabrisering daarvan was nodig om adrenalien by hom op te wek om 'n trefferriller te skryf. Die portrette is onlangs geneem van plaaslike mense wat poseer het. Sy het die rofwerk geneem (onwetend die oorskryfwerk van Duvenhage se roman) en gaan daarmee haar eerste boek as die eerste boek van haar eie uitgewery publiseer. Sy en Ricky verlaat die huis en neem Gustaf se motorsleutels saam.
 
Die bobbejaanmannetjie keer terug en kry hierdie keer toegang tot binne die huis. Gustaf word binne die studeerkamer vasgekeer, maar die los en verrotte planke verhoed die bobbejaan om die vertrek binne te kom. 'n Verbyganger kom by die huis aan om hulp aan te bied, maar val deur die vloerplanke en word deur die bobbejaan verskeur en verorber. Gustaf hoor stadig 'n kraakgeluid met die opstap van die trap. Terselfdertyd kry die bobbejaanmannetjie toegang tot die studeerkamer deur die vloergat. Met 'n glasskerf maak Gustaf die bobbejaan van kant. Wanneer die persoon wat Basjan Greyvenstein op die portrette voorstel by die studeerkamer gesteurd instap word Gustaf deur uitputting bewusteloos.