Verskil tussen weergawes van "Hendrik de Cock"

402 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Hendrik de Cock.jpg|duimnael|regs|200px|Hendrik de Cock.]]
 
Ds. '''Hendrik de Cock''' (Wildervank[[Veendam]], [[Groningen (provinsie)|provinsie Groningen]], [[Nederland]], [[12 April]] [[1801]] – [[Groningen (munisipaliteit)|Groningen]], [[14 November]] [[1842]]) was die vader van die Afskeiding van 1834, waaruit die Christelike Afgeskeide Gereformeerde Kerk in Nederland ontstaan het.
 
== Herkoms, opleiding, predikant ==
De Cock se ouers was Tjaarda de Cock en Jantje Kappen de Boer. Kort ná sy geboorte het die gesin na Wildervank, provinsie Groningen, verhuis. Sy oupa aan vaderskant, Regnerius Tjaarda de Cock, was omstreeks 1750 predikant in die Nederlandse Hervormde Kerk. Sy vader was ’n grondbesitter, sheriff ("schout") en eindelik burgemeester. Hy studeer aan die universiteit in Groningen en word vroeg in 1823 as proponent en vervolgens op [[7 Maart]] daardie jaar as predikant van die Nederlandse Hervormde gemeente te Eppenhuizen bevestig. In sy volgende werkkring, Noordlaren, is hy op [[5 November]] [[1827]] bevestig en eindelik in Ulrum op [[22 November]] [[1829]].
 
== Aanloop tot afskeiding ==
Op [[19 Desember]] [[1833]] is hy opnuut voor die klassikale bestuur van Middelstum gedaag en weer gewaarsku om die doop van kinders en die onderwys van leerlinge wat nie tot sy gemeente behoort nie, te staak. Toe hy weier, is hy geskors in sy dienswerk tot hy sy skuld sou bely, sy veroordeling deur twee predikante herroep word en hy beloof het om hom nie meer aan dergelike handelinge skuldig te maak nie. Ds. De Cock het na die provinsiale kerkbestuur van Groningen geappelleer, maar weens sy "verregaande onbeskoftheid" verswaar hulle op [[1 April]] [[1834]] sy straf deur hom vir twee jaar sonder besoldiging uit sy amp te onthef. Hierdie optrede teen ds. Cock het opspraak gewek. hy het aanhou preek en stel ’n aanprysende voorwoord op vir ’n pamflet, ''De Evangelische Gezangen getoetst, gewogen en te ligt bevonden'' deur Jacobus Klok, waarin hewige uitlatings gemaak word en die Evangeliese gesange onder meer uitgekryt word as "sirenenliederen, minnezangen van den booze, een te zamen geflanste Alcoran . . ." In 1835 het De Cock ook ’n beswaarskrif teen die gesange uitgegee: ''De zoogenaamde Evangelische Gezangen, de oogappel der vervoerde en verleide menigte in de Synodale Hervormde Kerk, ja zelfs nog van sommige Godskinderen uit blindheid, en omdat zij dronken geworden zijn door den wijn harer hoererijen, nader nog getoetst, gewogen en te ligt bevonden, ja strijdig met alle onze formulieren van eenheid en Gods woord."
 
Weens die aanprysende voorwoord is hy opnuut voor die kerkbestuur gedaag en aangesien hy weier om sy uitlatings terug te trek, is hy op [[29 Mei]] [[1834]] afgesit as predikant. Hierna beroep hy hom op die Sinode, wat sy vonnis op [[16 Julie]] versag deur hom ses maande tyd tot nadenke te gee. Die spanning het nou ál meer toegeneem, veral toe die predikant van Doeveren-Genderen-en-Gansoijen, Hendrik Peter Scholte (wat later na die [[Verenigde State van Amerika]] verhuis en 'n kolonie op Pella in die deelstaat [[Iowa]] sou vestig), hom by ds. De Cock skaar en op [[12 Oktober]] op ’n veld by Ulrum vanaf ’n boerewa vir ’n talryke menigte preek. Die volgende Sondag wou De Cock in die kerk in Ulrum preek, maar word hierin met krag verhinder. Die predikant wat veronderstel was om dié dag die preekdiens waar te neem, kon weens ’n geweldige toeloop nie die kansel bereik nie. Hierop het ds. De Cock op ’n kerkbank geklim en aan die vergaderde menigte ’n akte van afskeiding voorgelees wat deur 53 Ulrummers, onder wie die hele kerkraad, onderteken is. Hiervan is afskrifte aan sy majesteit die koning, die minister van erediens en aan verskillende kerkbesture gestuur. Vervolgens het ds. De Cock in sekere wonings en boereskure sy leerredes gehou wat steeds getuig het van dieselfde heftigheid en bitterheid. Toe hy ná die ses maande lange uitstel nog nie van sy standpunte wou afsien nie, is hy op [[20 Januarie]] [[1835]] formeel as predikant afgesit. By die aankondiging van sy vonnis het die kerk dit duidelik gemaak dat ds. De Cock nie vanweë sy gevoelens nie, maar vanweë sy gedrag afgesit is.
 
Ná die gebeure van [[19 Oktober]] [[1834]] het ’n kompanie van die 10de afdeling van die infanterie Ulrum binnegetrek en op die dorp gebly. Twaalf soldate is in ds. De Cock se huis gestasioneer en hy is onder huisarres geplaas sodat hy nie weer die openbare rus in die kerk kon versteur nie. Weens ongeoorloofde godsdiensoefeninge us ds. De Cock deur die regbank in Appingadam ’n vonnis van 150 gulde en drie maande gevangenisstraf opgelê. Ds. Scholte, wat voor dieselfde regbank aangekla is weens sy prediking in die veld, is vrygespreek, ook deur die geregshof in Groningen, waarheen Appingadam geappelleer het. Intussen het klein groepe mense die voorbeeld van Ulrum begin volg en afgeskei van die Hervormde Kerk.
Ná ds. De Cock se dood op [[14 November]] [[1842]] het ds. H.J. de Wind, Afgeskeide leraar Leens, ’n lykrede oor hom uitgespreek na aanleiding van Hebreërs 13:7 (''[[Statebybel]]''): "Gedenkt uwer voorgangeren, die u het Woord Gods gesproken hebben; en volgt hun geloof na, aanschouwende de uitkomst hunner wandeling."<ref>{{nl}} [http://www.statenvertaling.net/bijbel/hebr/13.html Bijbel en kunst]. URL besoek op 17 Oktober 2016.</ref>
 
Ds. De Cock is op [[11 Februarie]] [[1824]] getroud met Frouwe Helenius Venema (1803–1889), wat ná sy afsterwe getroud is met die AfgeskeideAfgeskeie predikant in Uithuistermeded, ds. H.G. Poelman. Ds. De Cock het vyf kinders nagelaat, van die oudste seun, [[Helenius de Cock]], in sy vader se voetstappe gevolg het. Van Helenius de Cock se 14 kinders het agt volwassenheid bereik en van dié agt het drie na Suid-Afrika geëmigreer, onder wie [[Jantina Böeseken]], die moeder van die geskiedskrywer dr. [[Anna Böeseken|A.J. Böeseken]].
 
== Verwysings ==
85 669

wysigings