Verskil tussen weergawes van "Hendrik de Cock"

Weens die aanprysende voorwoord is hy opnuut voor die kerkbestuur gedaag en aangesien hy weier om sy uitlatings terug te trek, is hy op [[29 Mei]] [[1834]] afgesit as predikant. Hierna beroep hy hom op die Sinode, wat sy vonnis op [[16 Julie]] versag deur hom ses maande tyd tot nadenke te gee. Die spanning het nou ál meer toegeneem, veral toe die predikant van Doeveren-Genderen-en-Gansoijen, Hendrik Peter Scholte (wat later na die [[Verenigde State van Amerika]] verhuis en 'n kolonie op Pella in die deelstaat [[Iowa]] sou vestig), hom by ds. De Cock skaar en op [[12 Oktober]] op ’n veld by Ulrum vanaf ’n boerewa vir ’n talryke menigte preek. Die volgende Sondag wou De Cock in die kerk in Ulrum preek, maar word hierin met krag verhinder. Die predikant wat veronderstel was om dié dag die preekdiens waar te neem, kon weens ’n geweldige toeloop nie die kansel bereik nie. Hierop het ds. De Cock op ’n kerkbank geklim en aan die vergaderde menigte ’n akte van afskeiding voorgelees wat deur 53 Ulrummers, onder wie die hele kerkraad, onderteken is. Hiervan is afskrifte aan sy majesteit die koning, die minister van erediens en aan verskillende kerkbesture gestuur. Vervolgens het ds. De Cock in sekere wonings en boereskure sy leerredes gehou wat steeds getuig het van dieselfde heftigheid en bitterheid. Toe hy ná die ses maande lange uitstel nog nie van sy standpunte wou afsien nie, is hy op [[20 Januarie]] [[1835]] formeel as predikant afgesit. By die aankondiging van sy vonnis het die kerk dit duidelik gemaak dat ds. De Cock nie vanweë sy gevoelens nie, maar vanweë sy gedrag afgesit is.
 
Ná die gebeure van [[19 Oktober]] [[1834]] het ’n kompanie van 104 man van die 10de afdeling van die infanterie Ulrum op [[25 Oktober]] binnegetrek en op die dorp gebly waar die arm Afgeskeidenes gedwing is om hulle te voed terwyl hulle die mense se huise beset het. Twaalf soldate is in ds. De Cock se huis gestasioneer en hy is onder huisarres geplaas sodat hy nie weer die openbare rus in die kerk kon versteur nie. Weens ongeoorloofde godsdiensoefeninge is ds. De Cock deur die regbank in Appingadam ’n vonnis van 150 gulde en drie maande gevangenisstraf opgelê. Ds. Scholte, wat voor dieselfde regbank aangekla is weens sy prediking in die veld, is vrygespreek, ook deur die geregshof in Groningen, waarheen Appingadam geappelleer het. Intussen het klein groepe mense die voorbeeld van Ulrum begin volg en afgeskei van die Hervormde Kerk.
 
== Ná die Afskeiding en oorlye ==
85 663

wysigings