Verskil tussen weergawes van "Hendrik de Cock"

226 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
Ná ds. De Cock se dood op [[14 November]] [[1842]] het ds. H.J. de Wind, Afgeskeie leraar Leens, ’n lykrede oor hom uitgespreek na aanleiding van Hebreërs 13:7 (''[[Statebybel]]''): "Gedenkt uwer voorgangeren, die u het Woord Gods gesproken hebben; en volgt hun geloof na, aanschouwende de uitkomst hunner wandeling."<ref>{{nl}} [http://www.statenvertaling.net/bijbel/hebr/13.html Bijbel en kunst]. URL besoek op 17 Oktober 2016.</ref>
 
Ds. De Cock is op [[11 Februarie]] [[1824]] getroud met Frouwe Helenius Venema (1803–1889), wat ná sy afsterwe getroud is met die Afgeskeie predikant in Uithuistermeded, ds. HHarm Geerts Poelman.G<ref>{{nl}}[http://resources.huygens.knaw.nl/retroboeken/blnp/#source=2&page=130&accessor=accessor_index Poelman Biografisch lexicon voor de geschiedenis van het Nederlands protestantisme]. URL besoek op 18 Oktober 2016.</ref> Ds. De Cock het vyf kinders nagelaat, van die oudste seun, [[Helenius de Cock]] (1824–1895), in sy vader se voetstappe gevolg het. Hy was 'n vriend van ds. [[Dirk Postma]], onder wie se leiding die Afskeiding in Suid-Afrika plaasgevind het. Van Helenius de Cock se 14 kinders het agt volwassenheid bereik en van dié agt het drie na Suid-Afrika geëmigreer, onder wie [[Jantina Böeseken]], die moeder van die geskiedskrywer dr. [[Anna Böeseken|A.J. Böeseken]].
 
== Verwysings ==
85 663

wysigings