Verskil tussen weergawes van "Abraham Coetsee"

482 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe bladsy geskep met 'Ds. '''Abraham Jacobus Coetsee''' (Bethulie, Oranje-Vrystaat, 12 April 192926 Julie 2015) was predikant in drie gemeentes van die Gereforme...')
 
[[Beeld:Ds Abraham en mev Hester Coetsee en Hennie.jpg|duimnael|300px|Ds. en mev. Coetsee en hul eersteling, Hennie.]]
 
Ds. '''Abraham Jacobus Coetsee''' ([[Bethulie]], [[Oranje-Vrystaat]], [[12 April]] [[1929]] – [[26 Julie]] [[2015]]) was predikant in drie gemeentes van die [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerde Kerk]]: [[Gereformeerde kerk Koedoesrand|Koedoesrand]] 1957–1961, [[Gereformeerde kerk Colesberg|Colesberg]] 1961–1968 en [[Gereformeerde kerk Meyerton|Meyerton]] 1968–1994.
 
 
Op [[1 Januarie]] [[1957]] het ds. Coetsee in die huwelik getree met mej. Hester Lusya Coetsee, dogter van mnr. en (ten tyde van die huwelik wyle) mev. C. J. Coetsee van die distrik Bloemfontein, en onderwyseres aan die Dr. Viljoenskool in Bloemfontein. Hul eersteling was ’n seun, Hendrik Johannes. Sy eerste beroep het hy ontvang na die kombinasie [[Gereformeerde kerk Koedoesrand|Koedoesrand]]-[[Gereformeerde kerk Magol|Magol]], waar hy in Februarie 1957 bevestig is. In 1961 het die gesin na Colesberg gegaan en in 1968 na Meyerton, waar ds. Coetsee in die bediening gestaan het tot hy sy [[emeritaat]] in 1994 aanvaar het.
 
== Bron ==
* {{af}} [[Hendrik Johannes Venter|Venter, H.J.]] 1959. ''Eeufeesgedenkalbum van die Gereformeerde kerke in die Klassis Waterberg 1859–1959''. Potgietersrus: Deputaatskap vir die Gedenkalbum.
* {{af}} Vogel, ds. Willem (red.). 2015. ''Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016''. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
 
[[Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika]]
85 867

wysigings