Verskil tussen weergawes van "Voortrekkermonument"

skakels en feitlike veranderings
(+Skakel na Sentrale Volksmonumentekomitee)
(skakels en feitlike veranderings)
[[Beeld:Voortrekkermonumentprogram.jpg|duimnael|regs|200px|Die amptelike program vir die inwyding van die Voortrekkermonument.]]
 
Die '''Voortrekkermonument''' is 'n belangrike baken op [[Monumentkoppie]] net buite [[Pretoria]] naby die [[N14 (Suid-Afrika)|N14]] nasionale pad. Die [[monument]] is tussen [[1937]] en [[1949]] in die [[Art Déco-styl]] gebou. Dit is in 1949 voltooi en is opgerig om die [[Groot Trek]] van die negentiende eeu te gedenk en word beskou as 'n belangrike gedenkteken van die Voortrekkers se moed, vasberadenheid en volharding in die stigting van die twee voormalige [[Boererepubliek|Boererepublieke]].
 
== Ontwerp ==
Hierdie monument bestaan uit 'n 41 meter hoë blok omring deur 'n laer van 64 graniet ossewaens. By die ingang is daar 'n beeldhouwerk van 'n Voortrekkermoeder en haar kinders. Die hoofblok het twee vertrekke. Die eerste is 'n 30 meter hoë gewelfde Heldesaal, waarvan die mure bedek is met 'n [[Fries (boukunde)|fries]] van 27 terrazzowerke,[[marmerpanele]] wat deur [[Gerard Moerdijk]] ontwerp is en deur die [[Lupini]]-firma gegiet is. Dit bestaan uit 'n mengsel van marmer en sement. Dit beeld die belangrikste gebeure van die [[Groot Trek]] uit en is tans die grootstelangste bestaande marmerfries in die wêreld. Dit weeg 180 [[metrieke ton]]. Die tweede een is die onderste saal, wat 'n granietsenotaaf bevat wat so geplaas is dat daar om twaalfuur op [[16 Desember]] oftewel [[Geloftedag]] 'n sonstraal op die senotaaf val. Hierdie senotaaf bevat die inskrywing: "Ons vir jou, Suid-Afrika".
 
Op die vier hoeke van die vierkantige monument is standbeelde van onderskeidelik [[Piet Retief]], [[Andries Pretorius]], [[Hendrik Potgieter]] en die Onbekende Voortrekker. By die ingang staan 'n beeld van 'n Voortrekkervrou wat haar twee kinders beskerm, geskep deur [[Anton van Wouw]].
Die voorstel dat 'n monument ter ere van die Voortrekkers opgerig moet word is vir die eerste keer op 16 Desember [[1888]] geopper, toe President [[Paul Kruger]] die Geloftedag-plegtighede by die [[Bloedrivier]] in [[KwaZulu-Natal|Natal]] bygewoon het. Maar die [[Sentrale Volksmonumentekomitee]] (SVK), wat die bou van die monument behartig het, is eers in [[1931]] gestig.
 
Die boubedrywighede het op [[13 Julie]] [[1937]] tydens 'n plegtigheid op Monumentkoppie begin. Die hoeksteen van die monument is op [[16 Desember]] 1938 deur drie afstammelinge van oorspronklike Voortrekkerleiers gelê: [[Mev. J.C. Muller]] (kleindogter van [[Andries Pretorius]]), Mev. K.F. Ackerman (agter-kleindogter van [[Andries Hendrik Potgieter]]) en Mev. J.C. Preller (agter-kleindogter van [[Piet Retief]]). 'n Aantal voorwerpe is in die hoeksteen toegemessel, naamlik, afskrifte van: [[Jan van Riebeeck]] se dagboek, die Piet Retief-[[Dingaan]]-traktaat, [[Die Gelofte]] en [[Die Stem van Suid-Afrika|Die Stem]] (die eertydse nasionale volkslied van Suid-Afrika), asook 'n [[Statebybel]].<ref>{{cite web|url=http://www.voortrekkermon.org.za/mobile/info.php?title=Hoeksteen&lang=afr |title=Voortrekkermonument Hoeksteen |publisher=www.voortrekkermon.org.za |date= |accessdate=20 Junie 2014}}</ref>
 
Die Voortrekkermonument is op 16 Desember 1949 ingewy. Die totale boukoste van die monument het sowat £ 360,000.00 of R 719,202.00 gekos. Die koste is grotendeels deur die Suid-Afrikaanse regering gedra. 'n Groot amfiteater met sitplek vir nagenoeg 20&nbsp;000 besoekers is in 1949 noord-oos van die Voortrekkermonument opgerig.
Anonieme gebruiker