Verskil tussen weergawes van "Afgeleë kamera"

257 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Åtelkamera.JPG|thumbduimnael|'n Afgeleë wildkamera. Heelbo is die rye LED-flitsligte, middel die lens en onder die PIR-sensors.]]
[[Lêer:Liten sexa.JPG|thumbduimnael|'n Wildsbok word deur 'n wildkamera in die nag gefotografeer.]]
'n '''Afgeleë kamera''' is 'n kamera wat deur 'n fotograaf of tegnikus in gebiede geplaas word waar die fotograaf oor die algemeen nie self kan wees nie. Dit sluit gebiede in met beperkte toegang, nou ruimtes of waar 'n mens nie toegelaat word nie. Dit kan ook 'n ander hoek wees, sodat die fotograaf gelyktydig foto's van die dieselfde oomblik uit verskillende plekke kan neem.
 
Afgeleë kameras word die meeste gebruik vir sportfotografie.<ref><cite class="citation book">Peter Read Miller.</cite></ref> [[Digitaal|digitale]], 35mm-[[film]], en mediumformaat-kameras is die mees algemene vorm van kameras wat gebruik word.
 
== Benodigde items ==
 
== Gebruike en praktyke ==
[[Lêer:Профессор_Кудактин_осматривает_фотоловушкуПрофессор Кудактин осматривает фотоловушку.JPG|duimnael|Professor A. Kudaktin ondersoek 'n afgeleë kamera vir die monitering van wilde diere binne die Persiese luiperd-hervestigingsprogram in die Kaukasus.]]
Afgeleë kameras word deur fotograwe gebruik om meer foto's en uit verskillende hoeke te neem. Afstandbeheer is baie gewild in sport- en wildlewefotografie.
 
Kameras word dikwels teen hoeke geplaas waar 'n fotograaf nie fisies sou kon wees gedurende 'n skiet nie. Voorbeelde in sportgebruik sluit in agter die bord op 'n basketbalspel of oorhoofs in die balke van 'n arena tydens 'n groot rugbywedstryd.
 
== Afvuur ==
Afgeleë kameras kan afgevuur word met handsnellers, klanksnellers, radiosenders (hoofsaaklik "Bluetooth"), of die self-tydhouer wat in die kamera ingebou is.
 
Vir afstandbeheer in die nabyheid van die fotograaf, kan hand- of klanksnellers gebruik word.
 
== Wildfotografie ==
[[Lêer:Corvus_cryptoleucus_snakeCorvus cryptoleucus snake.jpg|regs|duimnael|300px|Foto van 'n Chihuahuanvalk wat 'n slang vang, geneem met behulp van 'n afgeleë bewegingsensorkamera geleë in die ''Sevilleta National Wildlife Refuge''.]]
Nog 'n soort afgeleë kamera is die wildkamera of staproetekamera. Dit is 'n toestel wat beelde opneem, óf as 'n foto of as video. Dit is 'n robuuste en weerbestande kamera wat ontwerp is vir uitgebreide en onbemande gebruik in die buitelug. Die beelde wat dit produseer word gebruik vir wildbespeuring deur jagters en navorsers.
 
Die meeste kameras kom met 'n strop waarmee dit in 'n boom gehang kan word, en 'n slot om diefstal te voorkom. Dit sal 'n foto outomaties neem elke keer wanneer die sensors beweging bespeur. Elke beeld word gestempel met data wat die datum en tyd aanteken, sowel as 'n aantal ander datapunte. Die wildkamera sal gewoonlik dag en nag funksioneer, deur wild tot op 30 meter op te spoor.
 
Die eerste jagroetemonitor gebruik hitte- en bewegingsensors as sneller om die aantal en die tyd van die diere verbykom, te registreer. Die sensors is ook bekend as passiewe infrarooisensors of PIR-sensors.<ref>[http://www.trailcamerazone.com/ "Trail Camera in 2015 – Comparison and Reviews"]. 1 Maart 2015</ref> Gewoonlik was die jagters nooit in die omgewing nie, sodat hulle nie geweet het watter soort of grootte diere deur die PIR-sensor getel is nie. Later is 'n kamera bygevoeg en wildkamerategnologie het sedertdien drasties ontwikkel. Oorspronklik wildlewe-fotografie is slegs beskikbaar deur die gebruik van die film, maar nou is daar is 'n keuse van film of digitale kameras. Die vermoë van die wildkameras om jagters in te lig oor waar die wild hulle bevind, is nuttig vir voorseisoen-verkenning. Die inligting wanneer dit gebruik word in samewerking met die roetekamerasagteware <ref name="deerlab">[http://deerlab.com/ "DeerLab Trail Camera Photo Software"]</ref> vertel jagters waar die beste plek is om hulle in te wag. Vir digitale kameras word al die beelde aangeteken (gestoor) op 'n geheuekaart, soos 'n algemeen-beskikbare [[SD-kaart]]. Dit kan ook jagters se werk vergemaklik in die oordrag van die beelde op 'n rekenaar by die huis of hulle kan bekyk word, gekopieer of geskrap word deur 'n kyker in die veld.<ref name="bushnellb">[http://www.bushnell.com/all-products/trail-cameras "Bushnell Corporation: ''Trail Cameras''"]</ref> Duurder eenhede het die vermoë om beelde draadloos op 'n rekenaar of 'n webwerf op te laai sonder enige gebruikerinmenging.
 
=== Tipes beskikbaar ===
* Digitaal - Produseer digitale foto's in plaas van film
** Sellulêre - stuur digitale beelde via die sellulêre netwerk in plaas van plaaslike stoor<ref>[http://www.eyetrax.com/ Eyetrax website], a manufacturer of cellular solar-powered remote cameras</ref><ref>[http://www.mobotix.com/ Mobotix website], 'n vervaardiger van sellulêre afgeleë kameras wat met sonkrag werk.</ref>
* Film - in plaas van digitaal -  hierdie kameras gebruik gewoonlik 35mm35&nbsp;mm film
* Lasermik - 'n rooi lig mik waar die beeld is om te help om die foto korrek te neem
* Gloeilampflits wat gewoonlik 5 meter sal uitreik vir nagbeelde
* Infrarooi - soms bykomend tot die ligflits beskikbaar
* Klankopname van wildklanke of -roepe om 'n wye verskeidenheid van diere te lok, met die klank verstelbaar op tussenposes van 1 tot 24 uur.<ref name="bushnellb" />
 
=== Tegniese besonderhede ===
Afhangende van hoe die kamera opgestel is, kan 'n nuwe foto gewoonlik geneem word elke sekonde vir so lank as wat beweging/hitte opgespoor word. Sommige wildkameras bied die gebruiker 'n keuse van instellings vir gereelde kameraflits of stealth-soos 'n LED flits. LED flitse stel die jagter in staat om 'n beeld strategies op te stel in die nag sonder 'n sigbare flits. Dit verhoed dat die flits die jagter se posisie verraai in die gewilde jaggebiede. Sommige modelle het 'n handskakelaar om  'n infrarooifilter vir dag- of naggebruik in te stel.<ref name="bushnellb"><cite class="citation web">[http://www.bushnell.com/all-products/trail-cameras "Bushnell Corporation ''Trail Cameras''"]<span class="reference-accessdate">. </span></cite></ref>
 
=== Voordele van die strobe-flits kameras ===
* 'n lang reikafstand van flitsprestasie – sommige het 'n flitsafstand van meer as 20 meter<br>
* Hoë kwaliteit kleurbeelde in beide dag en nag maak diere-identifikasie maklik
* Vries die dier se beweging heeltemal, sodat daar nooit enige nagbeweging vervaging voorkom nie<ref name="Nontypical">Non Typical Inc. 860 Park Lane, Park Falls WI 54552, ''Trail Cameras''</ref>
 
=== Nadele van strobe-flitskameras ===
* Die flits kan wild afskrik<br>
* Die flits sal deur ander jagters opgemerk word
* Kan nie nagvideo's neem nie<ref name="Nontypical">Non Typical Inc. 860 Park Lane, Park Falls WI 54552, ''Trail Cameras''</ref>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
<div class="reflist" style="list-style-type: decimal;">
 
<references /></div>
[[Kategorie:Optiese instrumente]]
[[Kategorie:Fotografiese toerusting]]