Verskil tussen weergawes van "Anaximander"

658 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
 
Uit die oertoestand van die ''apeiron'' stam volgens Anaximander vervolgens warmte en koue, vogtigheid en droogte en alle ander teenstellings in die wêreld voort. Dit beteken volgens Anaximander dat die ''apeir''on 'álle wêrelde omvat'. Anaximander was van mening dat ons wêreld slegs één was uit vele. Ons wêreld sou ontstaan uit die loop van 'n ewigdurende beweging van die oorspronklike oermassa.
 
Die oorspronklike oermassa word deur Anaximander beskou as 'n silindervormige geheel, wat oorspronklik in ewewig verkeer met omringende vurige voorwerpe, wat aanvanklik by mekaar hoord. Uiteindelik word die ewewig versteur en word die massas van mekaar geskei op 'n manier waarop dit vir ons nog steeds sigbaar is, as wielvormig en met vuur gevulde voorwerpe bestaande uit lug. So probeer hy die beweging van die hemelligame natuurkundig te verklaar. Oorspronklik was die aarde omring deur 'n soort skil van vuur. Deur die versteuring van die aanvanklike ewewig spat dit uit mekaar en gaan oor in die hemelligame wat, vuur uitstraal en om die aarde wentel.
 
== Eksterne skakels ==
15 717

wysigings