Verskil tussen weergawes van "Anaximander"

612 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
 
Anaximander dink dat die aarde staties is en 'n gelyke afstand tot andere astronomiese voorwerpe handhaaf. Voorts is Anaximander van mening dat die aarde vatvormig is. Op die bokant, wat plat is (maar wel rond) woon die mense. Een van die leerlinge van Anaximander, Anaximenes glo egter nie dat die aarde sweef nie, maar vind dit vanselfsprekend dat die aarde plat is en rus op lug. Uiteinlik verval alles weer terug in apeiron en kan die hele kosmologie opnuut begin.
 
Die belang van Anaximander se filosofie lê nie soseer in die mistieke verklaring van die heelal nie, maar in die feit dat hy dit probeer verklaar aan die hand van 'n rasionele model en met so min as moontlik faktore. Hy gaan hierdeur spekulatief te werk en laat hom dikwels inspireer deur alledaagse ervaringe. In sy teorievorming, sy poging om 'n geometriese model van die heelal te ontwikkel, lê hy die basis van die [[natuurwetenskap]]. Daarin gaan hy die Babiloniërs verby, soos blyk uit die astronomiese dagboeke wie se empiriese observasie en wiskundige metodiek toon wat nie elders geewenaar was nie.
 
== Eksterne skakels ==
15 749

wysigings