Verskil tussen weergawes van "William Rowland"

 
== Lewe en werk ==
William Peter Rowland is op [[7 Maart]] [[1940]] in [[Seepunt]] in [[Kaapstad]] uit ʼn Engelssprekende huis gebore. Hy word op vierjarige ouderdom verblind in ʼn skietongeluk. Sy ouers stuur hom dan na die Skool vir Blindes op [[Worcester]] vanaf 1948 tot met sy matrikulasie in 1958, waar hy deur medium Afrikaans sy skoolonderrig ontvang. Sy Nasionale Senior Sertifikaat behaal hy met onderskeiding, insluitende die hoogste punte landwyd in Afrikaans en Engels. Daarna is hy in 1959 na [[Londen]] waar hy as fisioterapeut opgelei word by die Royal National Institute for the Blind en in 1962 kwalifiseer. In [[Engeland]] het hy ook ʼn drieman pop-orkes. Na kwalifikasie werk hy ʼn paar maande in Engeland om geld te spaar om deur [[Europa]] te reis. Met sy terugkeer uit Europa werk hy eers as fisioterapeut by die Lady Michaelis Ortopediese Hospitaal en daarna in private praktyk, waarna hy in 1966 ʼn betrekking aanvaar as skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes. Hy studeer verder aan die Universiteit van Suid-Afrika en behaal die B.A.-graad en in 1968 die B.A. Honneurs-graad met onderskeiding, insluitende die Tafelberg-prys vir die beste student in Afrikaans. Die M.A.-graad in wysbegeerte behaal hy in 1977 met onderskeiding aan die [[Universiteit van Suid-Afrika]], met ʼn verhandeling oor die waarneming en ruimtebegrip van die blinde getitel “''Space and blindness – a philosophical study''”. Aan die Universiteit van Kaapstad behaal hy in 1984 sy Ph.D.-graad met ʼn proefskrif getitel “''Being-blind-in-the-world – a phenomenological analysis of blindness and a formulation of new objectives in rehabilitation''”. Hierdie proefskrif word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes gepubliseer en versprei in meer as 25 lande.
 
Daarna is hy in 1959 na [[Londen]] waar hy as fisioterapeut opgelei word by die Royal National Institute for the Blind en in 1962 kwalifiseer. In [[Engeland]] het hy ook ʼn drieman poporkes. Ná kwalifikasie werk hy ʼn paar maande lank in Engeland om geld te spaar om deur [[Europa]] te reis.
In Mei 1975 word hy bevorder tot Assistent-Direkteur, in Januarie 1976 tot Direkteur en in 1996 tot Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes. Hy verteenwoordig Suid-Afrika by verskeie internasionale konferensies oor blindes, onder andere in [[Madrid]] in 1972, [[Oxford]] in 1978, [[Washington]] in 1982, Trieste in Oostenryk in 1983 en Riyadh in Saudi-Arabië in 1984, en hy lewer ook referate by laasgenoemde twee konferensies. Hy neem ook deel aan die Wêreldunie vir Blindes se Komitee vir Rehabilitasie en Indiensneming wat in 1986 in Sofia in [[Bulgarye]] gehou is. Sy vele belangstellings en bedrywighede sluit in dat hy komponis is, raadgewer vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum in [[Kaapstad]], lid van verskeie beplanningskomitees en organisasies en redakteur van Blinde Welsyn se tydskrif ''Imfama''. Hy het ʼn besondere belangstelling in die rehabilitasie van gestremdes en dien as voorsitter van die South African Federal Council for Rehabilitation of Disabled People en hierdie organisasie se Committee on Rural Rehabilitation. Die radioprogram ''In Touch'' word deur sy inisiatief geloods en hy is die toerleier vir twee ''In Touch''-toere na [[Israel]] en [[Griekeland|Griekeland.]] Hy inisieer en is die eerste voorsitter van die Suider-Afrikaanse Konferensie vir agentskappe wat met gestremdes werk in Johannesburg in 1983 en is ook adviseur vir Suid-Afrika se Jaar vir Gestremdes in 1986. Verder is hy voorsitter van die Ontwikkelingsfonds vir Gestremdes en is die stigter-voorsitter van Disabled People South Africa. Hy onderneem verskeie studietoere, waaronder ʼn besoek aan 77 welsynsorganisasies in veertien lande in 1972, opgevolg deur verdere studietoere in 1978 en 1982. Hy neem ook deel aan die televisieprogram ''Flinkdink'' in 1981. In 2005 tree hy af, maar aanvaar dan die tydelike posisie as president van die Wêreldunie vir Blindes. Hierna stig hy ʼn maatskappy wat vir blindes verbale beskrywings doen van film en televisie. Sedert 2014 is hy president van die Christoffel Blindenmission [[Comrades-maraton|(CBM)]] in Suid-Afrika.
 
Met sy terugkeer uit Europa werk hy eers as fisioterapeut by die Lady Michaelis Ortopediese Hospitaal en daarna in privaat praktyk, waarna hy in 1966 ʼn betrekking aanvaar as skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes. Hy studeer verder aan die [[Universiteit van Suid-Afrika]] en behaal die B.A.-graad en in 1968 die B.A. Honneurs-graad met onderskeiding, insluitende die Tafelberg-prys vir die beste student in Afrikaans. Die M.A.-graad in wysbegeerte behaal hy in 1977 met onderskeiding aan Unisa, met ʼn verhandeling oor die waarneming en ruimtebegrip van die blinde getitel “Space and blindness – a philosophical study”. Aan die Universiteit van Kaapstad behaal hy in 1984 sy Ph.D. met ʼn proefskrif getitel “Being-blind-in-the-world – a phenomenological analysis of blindness and a formulation of new objectives in rehabilitation”. Hierdie proefskrif word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes gepubliseer en versprei in meer as 25 lande.
In die tydperk 1997 tot 2003 dien hy op die raad van die [[Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie]] en van 2002 tot 2003 dien hy op die raad van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is ʼn raadslid van die Universiteit van Johannesburg en word ook aangestel as hoof uitvoerende beampte van die [[Thabo Mbeki]] Ontwikkelingstrust. Hy dien ook op ʼn paneel wat die [[Verenigde Nasies]] adviseer oor standaardreëls vir die gelykberegtiging van geleenthede vir gestremdes en nie-gestremdes. Hy is getroud met Hélène Scholtz, ʼn Afrikaanse vrou en vroeër bekende in die Kaapse musiek- en radiokringe. Die egpaar het drie kinders, Frankie, Toni en Bronwyn. Die gesin bly in [[Tamboerskloof]] in Kaapstad maar verhuis in 1981 na Pretoria wanneer die Nasionale Raad vir Blindes se hoofkantoor hier geopen word. Hy publiseer verskeie artikels oor maatskaplike aangeleenthede en kuns in Suid-Afrika, Engeland, [[Indië|Indië,]] die Verenigde State van Amerika en [[Frankryk|Frankryk.]] 
 
In Mei 1975 word hy bevorder tot assistent-direkteur, in Januarie 1976 tot direkteur en in 1996 tot uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes. Hy verteenwoordig Suid-Afrika op talle internasionale konferensies oor blindes, onder meer in [[Madrid]] in 1972, [[Oxford]] in 1978, [[Washington]] in 1982, [[Trieste]] in [[Oostenryk]] in 1983 en [[Riyadh]] in [[Saoedi-Arabië]] in 1984, en hy lewer ook referate op laasgenoemde twee konferensies. Hy neem ook deel aan die Wêreldunie vir Blindes se Komitee vir Rehabilitasie en Indiensneming wat in 1986 in [[Sofia]] in [[Bulgarye]] gehou is.
 
Sy vele belangstellings en bedrywighede sluit in dat hy komponis is, raadgewer vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum in [[Kaapstad]], lid van verskeie beplanningskomitees en organisasies en redakteur van Blinde Welsyn se tydskrif ''Imfama''. Hy het ʼn besondere belangstelling in die rehabilitasie van gestremdes en dien as voorsitter van die South African Federal Council for Rehabilitation of Disabled People en hierdie organisasie se Committee on Rural Rehabilitation.
 
Die radioprogram ''In Touch'' is deur sy toedoen geloods en hy was die toerleier vir twee ''In Touch''-toere na [[Israel]] en [[Griekeland]]. Hy inisieer en was die eerste voorsitter van die Suider-Afrikaanse Konferensie vir agentskappe wat met gestremdes werk in Johannesburg in 1983 en was ook adviseur vir Suid-Afrika se Jaar vir Gestremdes in 1986. Verder was hy voorsitter van die Ontwikkelingsfonds vir Gestremdes en is die stigter-voorsitter van Disabled People South Africa.
 
Hy onderneem verskeie studietoere, waaronder ʼn besoek aan 77 welsynsorganisasies in veertien lande in 1972, opgevolg deur verdere studietoere in 1978 en 1982. Hy neem ook deel aan die televisieprogram ''Flinkdink'' in 1981. In 2005 tree hy af, maar aanvaar dan die tydelike amp as voorsitter van die Wêreldunie vir Blindes. Hierna stig hy ʼn maatskappy wat vir blindes verbale beskrywings doen van film en televisie. Sedert 2014 is hy president van die Christoffel Blindenmission [[Comrades-maraton|(CBM)]] in Suid-Afrika.
 
In die tydperk 1997 tot 2003 dien hy op die raad van die [[Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie]] en van 2002 tot 2003 dien hy op die raad van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is ʼn raadslid van die Universiteit van Johannesburg en word ook aangestel as hoof uitvoerende beampte van die [[Thabo Mbeki]] Ontwikkelingstrust. Hy dien ook op ʼn paneel wat die [[Verenigde Nasies]] adviseer oor standaardreëls vir die gelykberegtiging van geleenthede vir gestremdes en nie-gestremdes. Hy is getroud met Hélène Scholtz, ʼn Afrikaanse vrou en vroeër bekende in die Kaapse musiek- en radiokringe. Die egpaar het drie kinders, Frankie, Toni en Bronwyn. Die gesin bly in [[Tamboerskloof]] in Kaapstad maar verhuis in 1981 na Pretoria wanneer die Nasionale Raad vir Blindes se hoofkantoor hier geopen word. Hy publiseer verskeie artikels oor maatskaplike aangeleenthede en kuns in Suid-Afrika, Engeland, [[Indië|Indië,]] die Verenigde State van Amerika en [[Frankryk|Frankryk.]] 
 
== Skryfwerk ==
84 826

wysigings