Verskil tussen weergawes van "Anaximander"

1 428 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
Die belang van Anaximander se filosofie lê nie soseer in die mistieke verklaring van die heelal nie, maar in die feit dat hy dit probeer verklaar aan die hand van 'n rasionele model en met so min as moontlik faktore. Hy gaan hierdeur spekulatief te werk en laat hom dikwels inspireer deur alledaagse ervaringe. In sy teorievorming, sy poging om 'n geometriese model van die heelal te ontwikkel, lê hy die basis van die [[natuurwetenskap]]. Daarin gaan hy die Babiloniërs verby, soos blyk uit die astronomiese dagboeke wie se empiriese observasie en wiskundige metodiek toon wat nie elders geewenaar was nie.
 
==Werk==
Anaximander was volgens oorlewering die eerste filosoof wat in [[prosa]] styl skryf en nie in [[poësie]]vorm soos ander filosowe nie. Geen volledige manuskrip van sy skryfwerk het egter bewaar gebly nie. Van die werk waarin hy sy kosmologiese teorie toegelig word het slegs één fragment bewaar gebly, wat aangehaal word deur Simplicius van Sisilië :
 
"Waaruit die bestaande dinge hul ontstaan het, daarin vind hulle ook hul ondergang,soos wat dit hoort;hule gee mekaar immers reg (δίκη / díkè) en boete vir die onreg (ἀδικία /adikía), ooreenkomstig die verordening van die tyd"
 
Anaximander skryf in hierdie uittreksel wellig oor die feit dat elke element steeds daarna streef om sy invloed/inpak uit te brei. Tog word, volgens 'n soort natuurwet, die ewewig telkens herstel. Die [[vuur]] verteer dit rondom hom, maar gaan dan oor tot as, wat ‘n vorm is van die element aarde. So bly die totale hoeveelhede van die verskillende elemente konstant. Hierdie kosmologie illustreer die belang wat die Grieke heg aan harmonie en ewewig. Mens sou hierin selfs 'n eerste poging kon sien tot verduideliking van die wette van behoud van [[massa]] en van [[energie]]. Opvallend van die uitreksel is die morele terme waarin Anaximander homself uitdruk ten opsigte van die beskrywing van prosesse in die heelal. Hieruit blyk nog steeds 'n mistieke wêreldbeeld, soos dat in sy tyd algemeen gehuldig is.
 
 
== Eksterne skakels ==
15 749

wysigings