Verskil tussen weergawes van "Hoopstad"

9 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
→‎top: Wys nedersetting se koördinate
k (→‎top: Wys nedersetting se koördinate)
 
:''Hierdie artikel handel oor die dorp "Hoopstad", in die [[Vrystaat]]. Sien asseblief [[Hopetown]] vir die gelyknamige dorp in die [[Noord-Kaap]].''
'''Hoopstad''' is 'n dorpie aan die [[Vetrivier]] in die provinsie [[Vrystaat]], sowat 31 &nbsp;km suidwes van die rivier se samevloeiing met die [[Vaalrivier]] en 90 &nbsp;km wes van [[Welkom]]. Die dorp bedien 'n [[landbou|boerderystreek]] waarin met [[Afrikanerbees]]te en saaigewasse, veral [[mielie]]s, [[koring]] en [[grondbone]], geboer word. Daar is ook een nywerheidsgebied naasliggend tot die nasionale pad na die [[Vrystaatse Goudveld|Goudveld]] en [[Bloemfontein]]. Die [[NG Kerk|NG kerkgebou]] is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Daar is 'n buiteklub wat voorsiening maak vir allerlei sportsoorte, asook ander geriewe vir [[rugby]], [[tennis]], [[swem]] en [[atletiek]]. Voor die nuwe munisipale bedeling in werking getree het, was die munisipale gebied 2&nbsp;962 hektaar groot. Hoopstad en die lokasie '''Tikwana''' se bevolking was saam 16&nbsp;033 in [[2011]] gewees <ref> Som van die hoofplekke [http://census2011.adrianfrith.com/place/466002 Hoopstad] en [http://census2011.adrianfrith.com/place/466003 Tikwana] tydens die 2011-Sensus</ref>.
 
== Geskiedenis ==
13 247

wysigings