Verskil tussen weergawes van "Piran"

17 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
Wys nedersetting se koördinate
k (Hirdie komma is nie gebruiklik in Afrikaans nie en is dus verwyder.)
k (Wys nedersetting se koördinate)
|lengtegraad_OW=O
|koördinaattipe=
|koördinaatwys=aansig=inlyn,titel
|bevolking_soos_op=2012
|bevolkingnotas=
Vanaf 1283 tot 1797 het die dorp deel gevorm van die Republiek van Venesië wat beteken het dat dit op ʼn semi-outonome wyse deur ʼn raad van adellikes, bygestaan deur ʼn Venesiese afgevaardigde, geregeer is. Verskeie vyandige (bv. deur die Republiek van Genoa) en seeroweraanslae is gedurende die Laat Middeleeue afgeweer; ’n groot pes het die dorp in 1558 geteister en ongeveer twee-derdes van die bevolking uitgewis. Die laaste dekades van Venesiese bewind is gekenmerk deur morele verval as gevolg van die mededinging met die nabygeleë Oostenrykse hawedorp, [[Triëst]].
 
Die dorp is in 1797 deur die Oostenrykse Ryk geannekseer, maar in die jare 1806 tot 1814 aan die Napoleontiese Ryk gesedeer. Op 22 Februarie 1812 het die Slag van Pirano tussen 'n Britse en 'n Franse skip in die omgewing van Piran plaasgevind. Die slag is deur die Britse HMS Victorious gewen terwyl die Franse Rivoli meer as die helfte van sy bemanning verloor het. Hierdie slag was die enigste wat ooit in die kuswaters van hedendaagse Slowenië plaasgevind het.
 
Na die [[Eerste Wêreldoorlog]] is die dorp saam met Triëst en die hele Istrië aan Italië afgestaan. Die jare voor die [[Tweede Wêreldoorlog]] was sonder voorval totdat Italië in 1940 tot die oorlog toegetree het. Met die oorwinning oor die [[Spilmoondhede]] en die opkoms van [[Josip Broz Tito]] se bewind, is Piran toegeken aan die Vrye Landgebied van Triëst, Sone B, onder [[Joego-Slawië|Joego-Slawiese]] administrasie. Die dorp is in 1954 deur Joego-Slawië geannekseer, ooreenkomstig die [[Londen]]se Memorandum wat gesamentlik deur Joego-Slawië en [[Italië]] onderteken is. 'n Betekenisvolle deel van Piran se bevolking het verkies om na Italië of elders te emigreer eerder as om in die sosialistiese Joego-Slawië aan te bly. Die anneksasie deur Joego-Slawië is met die Osimo-Verdrag van 1975 finaal bekragtig en deur Italië onderteken. Sedert 1991 vorm Piran deel van die onafhanklike Slowenië.
13 247

wysigings