Verskil tussen weergawes van "Waenhuiskrans"

10 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
k
Wys nedersetting se koördinate
k (Wys nedersetting se koördinate)
}}
 
'''Waenhuiskrans''' is 'n kusdorpie aan die [[Indiese Oseaan]] in die [[Wes-Kaap]], [[Suid-Afrika]]. Dit is genoem na 'n grot soos 'n waenhuis sowat 2 km suid van hier. Die dorp is 'n gewilde [[visvang]]plek. Dit staan ook as '''Arniston''' bekend na aanleiding van die ''[[HMS Arniston]]'' wat op 30 Mei [[1815]] hier gestrand het. Slegs ses van 378 persone aan boord het oorleef.
 
==Betrokkenheid tydens die Tweede Wêreldoorlog==
Tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] was dit nie alleen die [[suidelike noorkapper]]walvisse wat Waenhuiskrans besoek het nie, maar ook ander grys burgers van die see wat langs die diep kus verbybeweeg en vlugtig opgekom het om toegang tot die strand te verkry. Dit was [[duikboot|U-bote]] van die Nazi-regering wat 133 skepe langs die Suid-Afrikaanse kus tussen [[1942]] – [[1945]] gesink het.
 
Die see naby [[Kaap Agulhas]] was die middelpunt van die ''Unterboot''-bedrywighede. Soos die Hollandse matrose van ouds, het die Duitse bemanning vars verversings nodig gehad, maar hierby ook [[diesel]]. Die Nazi-ondersteuners uit die kontrei was tog te bly om vars plaasprodukte te voorsien. Volgens oorlewering het daar geheime [[Tennis|tennisspeletennis]]spele op die strand by Waenhuiskrans plaasgevind.
 
Net ’n hanetreetjie van Potberg af, langs De Hoop se kus, het die U-bote in die diepe waters geskuil. ’n Bekende palingvisserman is aangestel om op die uitkyk vir U-bote te wees. ’n Spesiale telefoonverbinding is vir hierdie doel geïnstalleer. ’n Witsandwinkelier het die Duitse bemanning van diesel verskaf, totdat die polisie ingelig en sy gewaarsku is dat ’n lokval gestel is.<ref>''Overberg Tapestry''. Leslie Howard. 2004. Bl. 152. ISBN 0-9584766-1-6</ref>
13 247

wysigings