Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

3 798 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Uitbreiding van politikus, skrywer en regsgeleerde: Everard Fichard
[[Beeld:Everard Fichardt.jpg|duimnael|regs|180px|Fichardt, datum onbekend.]]
 
Adv. '''Evard Fichardt''' ([[Bloemfontein]], [[27 Augustus]] [[1875]] - [[Bloemfontein]], [[27 Mei]] [[1924]]<ref name=":0">https://www.geni.com/people/Eduard-Everard-Charles-Fichardt/6000000005403795828</ref>) was 'n Suid-Afrikaanse advokaat en 'n Afrikaanse skrywer.
 
== Lewe en werk ==
Hy was die vierde seun van G.A. Fichardt, een van die handelspioniers van die [[Vrystaat]] en die stigter van die bekende Bloemfonteinse firma. Sy eerste onderwys ontvang hy aan die [[Grey-kollege]] en later het hy verder gaan studeer in [[Skotland]] en [[Engeland]]. As student was hy 'n groot sportman en het aktief deelgeneem aan krieket en rugby. 'n Deel van sy wetsopleiding het hy in [[Holland]] gekry en het daar as advokaat gepraktiseer voor hy na Suid-Afrika teruggekeer het tydens die [[Anglo-Boereoorlog]].
 
=== Vroeë lewe en herkoms ===
In Bloemfontein het hy weer as advokaat gepraktiseer. Hy was voorsitter van G.A. Fichardt Bpk. 'n Paar jaar lank het hy [[Edenburg (kiesafdeling)|Edenburg]] in die [[Volksraad van die Unie van Suid-Afrika|Volksraad]] verteenwoordig as lid van die [[Nasionale Party]]. Fichardt was getroud met Hannah Steyn, 'n dogter van pres. [[M.T. Steyn]] en mev. [[Rachel Isabella Steyn]].
Everard Walter Fichardt is op 27 Augustus 1875 in Bloemfontein gebore. Hy is die vierde seun en een van ses kinders van Gustav Adolf Fichardt, bekende Vrystaatse sakeman, en sy vrou Caroline Beck<ref name=":0" />. Sy vader het in [[1853]] uit [[Duitsland]] na Bloemfontein gekom om weldra die grootste handelsaak in die stad tot stand te bring en hy dien ook per geleentheid as burgemeester van die stad. Hoewel van Duitse afkoms, was die huistaal van die familie [[Engels]]. Die gesin vereenselwig hulle nietemin met die Afrikaner se strewe en belange en hy praat naas Engels en [[Duits]] ook vlot [[Afrikaans]]. Die skryfster [[Ella Fischer]] is sy suster en sy is getroud met die seun van Abraham Fischer, eerste premier van die parlement van die Oranjerivierkolonie ná afloop van die [[Anglo-Boereoorlog]] en lid van die eerste Uniekabinet.
 
Everard word van kleins af onderrig deur die goewernante, mej. M.A. Smith. Sy eerste formele onderwys ontvang hy aan [[Grey-kollege|Grey-Kollege]] in Bloemfontein en hy studeer later verder in [[Skotland]] en [[Engeland|Engeland.]]
As skrywer het hy bekendheid verwerf vir sy roman ''Onder die Olyfboom'' ([[1922]]).
 
=== Loopbaan as advokaat ===
==Bronne==
Hy word op [[22 Junie]] [[1898]] toegelaat om as [[advokaat]] te praktiseer. ʼn Deel van sy regsopleiding ondergaan hy in [[Nederland]], waar hy as advokaat praktiseer voordat hy na [[Suid-Afrika]] terugkeer gedurende die [[Anglo-Boereoorlog]].
 
In Bloemfontein praktiseer hy weer as advokaat en word ook voorsitter van die handelsfirma G.A. Fichardt Bpk.
 
=== Politieke loopbaan ===
Sy betrokkenheid by die politiek lei hom daartoe om Edenburg as lid van die [[Nasionale Party]] vir ʼn paar jaar in die [[Volksraad van Suid-Afrika|Volksraad]] te verteenwoordig.
 
=== Persoonlike lewe ===
Hy is op [[11 April]] [[1907]] in Bloemfontein getroud met Cecilia Johanna (Hanna) Steyn, ʼn dogter van president Steyn, en uit die huwelik word twee seuns (Theunis en Everard Rudolf) en drie dogters (Cecilia, Ella en Tibbie) gebore<ref name=":0" />. As kranige sportman verteenwoordig hy die [[Oranje-Vrystaat]] op die krieketveld in die [[1903]]/[[1904]] seisoen en hy speel ook rugby.
 
Hy is op [[27 Mei]] [[1924]] in Bloemfontein selfdood, vermoedelik omdat sy swak gesondheid na ʼn mislukte blindedermoperasie in sy jong jare hom gekwel en dit tot depressie gelei het<ref>Gericke, Marietjie 9 Julie 2015: <nowiki>http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/Splinters-en-dorings-sal-oe-laat-rek-beloof-historikus-20150709</nowiki></ref>.
 
== Skryfwerk ==
In sy enigste roman, ''Onder die olyfboom''<ref>http://www.esaach.org.za/index.php?title=Fichardt,_Everard_Walter</ref>, ondersoek hy drankmisbruik en buitehuwelikse seksuele verhoudinge in die lewe van vier persone, in ʼn tyd toe hierdie temas nog nie deel was van die hoofstroombeweging in die letterkunde nie. Die filosofiese Ewert ding met die voortvarende Fanie Fourie mee om die hand van Lydia. Ewert wen eindelik en hy en Lydia trou. Hy knoop egter ʼn verhouding aan met Nita, sy sekretaresse, wat verwydering tussen hom en Lydia meebring. Op ʼn dansparty laat Fanie vir Lydia wyn drink en neem haar na sy plaas om haar te verlei. Wanneer sy tot besinning kom, vlug sy te voet na haar ouers, en onder die olyfboom vind die hereniging van die afgedwaalde eggenote plaas. Ten spyte van taalgebreke, ʼn eiesoortige spelling en onbeholpe styl, waardeur die gang van die verhaal deur bepeinsings en oordenkings onderbreek word, is Fichardt se karaktersketsing ver bo die gewone standaard van sy tyd. Die gelukkige einde is egter ietwat onrealisties gegewe die vooraf gebeure.
 
== Publikasies ==
* ''Onder die olyfboom'', 1922
 
== Werd om te weet ==
Sommige bronne gee sy voorname aan as Eduard Everard. Dit is onduidelik wat korrek is.
 
== Verwysings ==
 
=== Boeke ===
* Antonissen, Rob. ''Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede.'' Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964
* Dekker, G. ''Afrikaanse Literatuurgeskiedenis''. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
* Kannemeyer, J.C. ''Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1''. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
* Lindenberg, E. (red.) ''Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde''. Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973
* {{af}} [[P.J. Nienaber|Nienaber, P.J.]] ''Hier Is Ons Skrywers! Biografiese Sketse van Afrikaanse Skrywers''. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel
* Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. ''Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde.'' Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963
* {{en}} [https://www.geni.com/people/Eduard-Everard-Charles-Fichardt/6000000005403795828 Sy genealogiese besonderhede op geni.com]. URL besoek op 8 November 2016.
* Nienaber, P.J. et al. ''Perspektief en Profiel''. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
* Schoonees, P.C. ''Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging''. J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk)
* Van Coller, H.P. (red.) ''Perspektief en Profiel Deel I.'' J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
 
== Ander verwysings ==
{{DEFAULTSORT:Fichardt, Everard}}
[[Kategorie:Afrikaanse skrywers]]
824

wysigings