Verskil tussen weergawes van "Sirië"

1 greep verwyder ,  3 jaar gelede
(→‎Klimaat: spelfoutverbeteringe)
Gedurende die heerskappy van die Omajade-dinastie (661 tot 750) het Damaskus aan status gewen om uiteindelik die hoofstad en magsentrum van die Islamitiese Ryk te word. Met die magsoorname van die Abbasiede is die regeringsetel na Bagdad verskuif.
 
Sirië het in die volgende eeue onder die bewind van wisselende plaaslike heersers en dinastieë gekom, terwyl dele van Noord-Sirië tydelik deur die Bisantyne verower is. Die lang onstuimige tydperk het met die Seldjoeke-invalle in die 11de eeu en die vestigtingvestiging van Seldjoekse vorstedomme in Aleppo en Damaskus voortgeduur.
 
Met die vestiging van Christelike Kruisvaarderstate in die Levant tussen 1099 en 1265 het belangrike stede soos Damaskus, Homs, Hama, Aleppo en Baalbek skatpligtig aan Europese heersers geword, al kon hulle hul politieke onafhanklikheid handhaaf. Plaaslike heersers en veldhere soos Noeraddin en Saladin het die uitbreiding van Kruisvaarderstate in bedwang gehou. Dié historiese periode het met die inneming van [[Akko]] deur die Arabiese Mameloeke geëindig. Omstreeks 1500 is Aleppo en Damaskus deur Mongoolse invallers onder Timoer verower en geplunder. Die verowering van Sirië deur die [[Ottomaanse Ryk]] in 1516 het 'n einde gemaak aan die Mamoeloeke-bewind.
Anonieme gebruiker