Verskil tussen weergawes van "Samuel Colt"

4 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
k
(kat)
k (→‎Eie besigheid: + skakel)
 
=== Eie besigheid ===
In April 1836 stig hy sy maatskappy in [[Patterson]], [[New Jersey]] wat in die produksie van rewolwers spesialiseer. Die fabriek het moeisaam op die been gekom omdat Colt byna geen beleggers kon vind nie. Hy probeer daarom om self die geld bymekaar te maak. Hy demonstreer sy rewolwer onder andere aan president [[Andrew Jackson]], wat Colt sy goedkeuring gee. Desondanks wou byna niemand die nuwe wapen koop nie. Met die [[paniek van 1837]] is Colt se fabriek amper bankrot verklaar, maar hy kry sy eerste opdragte na die uitbreek van die oorlog teen die Seminole (Amerikaanse [[Indiane]]). Hierdie sukses het egter nie lank gehou nie en Colt moes sy fabriek uiteindelik sluit.
 
In 1847 kry Colt nog 'n geleentheid toe kaptein Samuel Walker 1 000 rewolwers vir die Texas Rangers bestel om in die [[Meksikaans-Amerikaanse Oorlog]] te gebruik. Hierdie bestelling het nuwe lewe in Colt se maatskappy geblaas en die rewolwer het ook al hoe gewilder geword. Die Kaliforniese goudstormloop en kolonisasie van die weste van die VSA het verkope 'n aansienlike hupstoot gegee.