Verskil tussen weergawes van "Maclear"

16 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
}}
 
'''Maclear''' is 'n dorpie in die [[Oos-Kaap|Noordoos-Kaap]] aan die voet van die [[Drakensberg]], sowat 172&nbsp;km noordoos van [[Oos-Londen]] (258 &nbsp;km per pad) en 66&nbsp;km noordoos van [[Elliot]].<ref>{{en}} [http://www.saexplorer.co.za/south-africa/distance/maclear_distance.asp saexplorer - reisafstande vanaf Maclear]</ref>.
 
Die dorpie is in [[1876]] gestig en genoem na Haar Majesteit se astronoom aan die Kaap, sir [[Thomas Maclear]]. Dit verkry munisipale status in [[1916]] nadat dit aanvanklik vinnig ontwikkel het uit die militêre pos wat hier gestig is.
Maclear beskik oor 'n goeie provinsiale hospitaal.<ref>{{en}}[http://www.ecdoh.gov.za/hospitals/30/Maclear_Aided_Hospital Oos-Kaapse Departement van Gesondheid]</ref>
 
== NG gemeente ==
''Vir hoofartikel, sien [[{{hoof|NG gemeente Maclear]]''}}
 
Maclear was eers 'n buitewyk van die gemeente [[Ugie]] en reeds in [[1905]] is met groot opoffering, omdat die mense hier toe nog baie arm was, 'n kerkgeboutjie opgerig. In [[1916]] verkry die dorp munisipale status en die gemeente stig van Ugie af met 'n lidmaattal van sowat 400. Die eerste leraar wat die beroep hierheen teen 'n salaris van £250 aangeneem het, was prop. W.R. de Villiers. Hy is slegs 22 maande na hy die beroep aanvaar het, oorlede. Hy is opgevolg deur ds. J.P. Kriel.
 
== Sien ook ==
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Bronne ==
{{verwysingsVerwysings}}
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] (samesteller), ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
* [[Eric Rosenthal|Rosenthal, Eric,]] ''Encyclopaedia of Southern Africa'', Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
* Raper, P.E., ''Dictionary of South African Place Names'', Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.maclear.co.za/ Maclear se amptelike webtuiste]