Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Observatory"

Geen grootteverandering nie ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
Intussen het die kerkraad van die moedergemeente Kaapstad besluit om ’n doelmatiger gebou vir godsdiensoefeninge daar te stel. So is die NG kerksaal, wat tot en met die bou van die nuwe kerk as kerkgebou sou dien, in 1905 ingewy. Eerw. B. Barnard, wat met seën gearbei en veel gedoen het om die plaaslike gemeente op te bou, is op [[9 Oktober]] [[1906]] vervang deur ds. G.J. du Plessis, wat as agtste (met ander woorde een van agt, nie die agtste agtereenvolgens nie) die wyk Observatory as vaste werkkring gehad het.
 
Ná sy vertrek na die Nieuw Kerk ([[NG gemeente Tamboerskloof|Tamboerskloof]]) aan die begin van 1912 is weer pogings aangewend om ’n afsonderlike gemeente te stig. Hierdie keer het die pogings geslaag, die Ring gee sy goedkeuring en op [[11 November]] [[1912]] is die nuwe gemeente gestig. Die eerste leraar was ds. Daniel Francois Barnard, wat op Dinsdagaand [[19 Augustus]] [[1913]] bevestig is, maar ná ’n kort dog baie geseënde arbeid sterf hy op [[30 Oktober]] [[1914]] in die hospitaal in Rosebank in die jeugdige ouderdom van 2030 jaar.
 
Sy opvolger was ds. E.G. du Toit, wat op [[6 Mei]] [[1915]] deur ds. [[Pieter Gerhardus Jacobus Meiring|P.G.J. Meiring]] van die [[NG gemeente Paarl|Paarl]] bevestig is. Hy het hom bearbei vir ’n duidelike grensskeidings en "arbeidt alhier met lust en Zegen op zijn werk", aldus ''Ons Kerk Album'' van 1917. Hy het in die gemeente, sy enigste, gestaan tot hy sy [[emeritaat]] in 1955 aanvaar het.
85 059

wysigings