Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

Geen grootteverandering nie, 2 jaar gelede
Sedert die vorige verkiesing het die gewapende vleuels van die [[Pan Africanist Congress]] en [[African National Congress]] hul binnelandse veldtog teen die aprtheidbewind verskerp. Strenger veiligheidsmaatreëls is deur die Parlement aangeneem, maar ná ’n reeks sabotasiedade kom die [[Rivonia-verhoor]] waarna [[Nelson Mandela]], [[Walter Sisulu]], [[Gowan Mbeki]] en andere na [[Robbeneiland]] gestuur word. Nog terreurdade volg, maar teen 1965 lyk dit of die veldtog stoom verloor het. Die leier van die verbode Kommunistiese Party, [[Bram Fischer]], seun van die gewese Vrystaatse eerste minister [[Abraham Fischer]], is ook in dié tyd verhoor en gevonnis nadat hy ’n tyd lank verdwyn en toe in vermomming in [[Johannesburg]] gelewe het.
 
Toe die terreurveldtog nie die gewensdegewenste uitwerking het nie, het teenstanders van Suid-Afrika se beleid hulle tot wêreldliggame gewend, soos die [[Verenigde Nasies]], waarvan die kabinet besluit het om sy lidmaatskap te beëindig. Ander omstandighede het ingetree voor die besluit deurgevoer kon word en uiteindelik gaan hulle nie oor tot dié stap nie. ’n Stryd word in die Internasionale Hof teen Suid-Afrika oor [[Suidwes-Afrika]] gevoer en in 1964 beëindig die Internasionale Olimpiese Komitee die land se lidmaatskap nadat Suid-Afrika ook uit talle V.N.-agentskappe gesit is. In die V.S.A. begin ’n beperkte sanksieveldtog teen die Verwoerd-bewind, wat die uitvoer van sekere soorte wapentuig verbied het.
 
Ondanks al die binnelandse en buitelandse teenkanting voer Verwoerd sy beleid meedoënloos deur. In 1963 kondig hy aan die eerste stappe sou gedoen word om [[Transkei]] op die pad na [[selfbeskikking]] te plaas. ’n Groep ondersteuners van die Nasionale Party kry bedenkinge oor die beleid van afsonderlike ontwikkeling en organiseer die Republikeinse Party onder leiding van dr. C.F. van der Merwe, gewese hoogleraar in geneeskunde. In Brittanje neem die Arbeiders in 1964 oor en tree met spoed op om onafhanklike state ([[Swaziland]], [[Botswana]], [[Lesotho]]) aan Suid-Afrika se grense te vestig.
84 110

wysigings