Verskil tussen weergawes van "Johannes Petrus van der Walt"

Vanaf 1920 bearbei hy slegs Waterberg aangesien [[Gereformeerde kerk Pietersburg|Soutpansberg]] toe selfstandig was. Sy gesondheid het toe alreeds baie verswak maar nog het hy die lang afstande afgelê en moedig het hy die gemeente bearbei. Op sy laaste reis word hy ernstig siek en breek sy kar weens die onrybare pad met die gevolg dat vriende hom tuis moes bring. Sy begeerte was om nog een diens waar te neem en kon hy ook met die geleentheid sy jongste kind doop.
 
Ds. Van der Walt het Waterberg net sowat 1213 jaar en vier maande bedien, want in Augustus 1922, 27 dae voor sy 44ste verjaardag, is hy in Johannesburg weens kanker oorlede ná ’n bittere lyding nadat hy daarheen gegaan het vir ’n mediese ondersoek op die advies van sy geneesheer. Hy het, volgens ’n bron, die ewige rus met ’n vaste geloof ingegaan en is op 5 Augustus 1922 op Nylstroom begrawe. Miemie van der Walt het 74 jaar oud geword en is op [[18 Mei]] [[1965]], 10 dae ná haar verjaardag, op [[Potchefstroom]] oorlede. Blykbaar het sy in die amper 43 jaar tussen haar man se dood en haar eie nooit hertrou nie. Sy en haar man is albei op Nylstroom begrawe.
 
== Galery ==
85 190

wysigings