Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Omaruru"

geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Ds LW Lemkuhl.jpg|thumbduimnael|160px|regs|Ds. L.W. Lemkuhl, van 1941 tot 1945 die eerste leraar van Omaruru.]]
[[Beeld:P_de_V_Grobbelaar.jpg|thumbduimnael|regs|160px|Ds. P. de Vos Grobbelaar, leraar van 1954 tot 1956, hy was vroeër onder meer leraar van die [[NG gemeente Jamestown]] (1933-'38), die [[NG gemeente Rondebosch]] (1938-'41) en die [[NG gemeente Bloemfontein-Noord]] (1946-'51). Hy was in 1991 met die gemeente Rondebosch se eeufeesviering die oudste oorlewende leraar wat dit kon bywoon.<ref>http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1991/09/06/15/24.html</ref>.]]
[[Beeld:Ds AJ Stals.jpg|thumbduimnael|regs|160px|Ds. A.J. Stals, leraar van 1949 tot 1953. Sy eerste gemeente was [[NG gemeente Douglas|Douglas]] in 1921. Hy tree in 1960 af as leraar van die [[NG gemeente Leipoldtville]], sy sesde gemeente.]]
 
Die '''NG gemeente Omaruru''' is feitlik die oudste dogter van die [[NG gemeente Otjiwarongo]] (vroeër Moria), waaruit al die gemeentes noord en wes van die [[Namibië|Namibiese]] hoofstad [[Windhoek]] mettertyd regstreeks of onregstreeks ontstaan het. Omaruru stig op [[1 Maart]] [[1941]] af van Otjiwarongo met [[Omaruru]], [[Karibib]], [[Usakos]], [[Swakopmund]], [[Walvisbaai]] en Kalkfeld as vernaamste sentrums. Die gemeente was steeds onhanteerbaar groot en so stig [[NG gemeente Usakos]] (Walvisbaai-Swakopmund) in 1946 af.
Omaruru is op die oewers van die boomryke en waterryke Omarururivier geleë en naby die romantiese en skouspelagtige Omarurukoppie. Nadat ds. Ignatius C. Schutte van [[NG gemeente Otjiwarongo|Otjiwarongo]] die jong gemeente 'n tyd lank as konsulent bedien het, is ds. L.W. Lehmkuhl op [[30 Augustus]] [[1941]] as eerste leraar bevestig. Ná 'n vrugbare bediening van byna drie jaar is aan hom op [[24 Junie]] [[1944]] demissie verleen en is hy opgevolg deur ds. G.P. du Toit, wat op [[10 Februarie]] [[1945]] hier georden is en tot [[19 Maart]] [[1949]] in die gemeente gearbei het.
 
Ná 'n vakature van ongeveer ses maande is die volgende leraar, ds. A.J. Stals, van [[12 Oktober]] [[1929]] tot 1935 die eerste leraar van die [[NG gemeente Warmbad]] in die suide van [[Namibië]], op [[10 September]] [[1949]] op Omaruru bevestig. Vir die eerste maal kon die gemeente in Augustus 1950 van 'n eie [[pastorie]] in besit neem. Op Omaruru en Kalkfeld het die gemeente 'n doelmatige kerksaal opgerig en later ook op [[Karibib]], wat altyd deel sou bly van Omaruru se gemeente, al is die dorpie 65&nbsp;km van Omaruru geleë, twee keer verder as van Usakos.
 
Hoewel Omaruru 'n geweldige uitgestrekte gemeente is, was die ledetal nooit groot nie omdat dit oorspronklik 'n byna oorwegend Duitse gemeenskap was, en later weens die gedurige ontvolking van die platteland. In 1985 het die gemeente nog 318 belydende lidmate gehad, maar teen 2012 slegs 158. Die [[NG gemeente Usakos]], wat uiteindelik Walvisbaai en Swakopmund as dogtergemeentes moes afstaan, het in dieselfde tydperk afgeneem van 231 belydende lidmate tot net 97.
 
== Enkele leraars ==
* Louis Wessels Lemkuhl, 1941 - 19441941–1944
* George Philip du Toit, 1945 - 19491945–1949
* Albert Jacobus Stals, 1949 - 19531949–1953
* Pieter de Vos Grobbelaar, 1954 - 19561954–1956
* Bennie Meyer, [[19 Augustus]] [[1967]] - 1972–1972
 
== Bronne ==
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] (samesteller). 1952. ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-Uitgewers.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}