Verskil tussen weergawes van "Slag om Brittanje"

geen wysigingsopsomming nie
Uiteindelik het die Luftwaffe bevolkingsentra, soos dorpe en stede, begin bombardeer, asook fabrieke.
Toe die RAF [[Berlyn]] en Duitse basisse in [[Frankryk]] aanval, beveel [[Adolf Hitler]] die Luftwaffe om op die Britse stede te fokus. Hierdie terreuraanvalle was ontwerp om paniek te saai en die Britte se moraal te breek.
 
Op 7 September 1940 is met 'n massiewe reeks klopjagte op die [[Teems]] in Londen begin. Byna vierhonderd bomwerpers en meer as seshonderd vegters het die Britse hawe deur die dag en nag aangeval.
 
Die RAF se Groep 11 het opgestyg om hulle te ontmoet, in groter getalle as wat die Luftwaffe verwag het. Groep 12 se "Big Wings"-eskader het twintig minute geneem om tot formasie te kom en hulle mis hul beoogde teiken, maar kom 'n klomp bomwerpers tee terwyl hulle nog klim. Met hul teruggekeer het hulle hul beperkte sukses op die feit dat hulle te laat ingeroep is blameer.
 
Die Luftwaffe het hul oggend-aanvalle begin staak, en eers laatmiddag met aanvalle op Londen begin, vir 57 nagte 'n ry.
 
Die Britse lugbevel se moraal was laag en hulle het 'n tekort aan manskappe en masjinerie ondervind, maar die gebrek aan aanvalle op lugvelde het hulle toegelaat om te herbou. Week na week het hulle sterker geword, terwyl die Lutfwaffe se verliese bly groei het.
 
== Verwysings ==