Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Carolina"

 
== Twee kerke op Carolina ==
Ds. H.J.R. du Plessis het hoeksteen van die gemeente se nuwe kerkgebou op Carolina op [[29 April]] [[1922]] gelê. Die gebou is in September daardie jaar in gebruik geneem tydens ’n plegtigheid waar ds. [[Charles du Toit|C.W.M. du Toit]], S.J. du Toit se seun, as prediker opgetree het. Nadat die twee kerk op Carolina opgerig is, is die oue as kerksaal ingerig, ’n doel waaraan dit vandag nog voldoen.
 
Tydens die bedieningstyd van ds. E.J. Smit (van 1969 tot 1972) is die nuwe en huidige kerkgebou opgerig. Dit is in gebruik geneem op [[11 November]] [[1972]] en bied sitplek aan 350 kerkgangers. Ten einde die boukoste laag te hou (R30 000), het lidmate self met die bouwerk gehelp. ’n Kenmerk van dié tipiese kappiekerk is die baie hout uit die omgewing wat aan die binnekant gebruik is.
84 974

wysigings