Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Ds J Beyer.jpg|linksregs|duimnael|180px|Ds. Johannes Beijer in die tyd toe hy predikant was van die [[Gereformeerde kerk Reddersburg]] (1862–'69), sy enigste gemeente in Suid-Afrika.]]
 
Ds. '''Johannes Beijer''' ([[Groningen (munisipaliteit)|Groningen]], [[Nederland]], [[26 Junie]] [[1822]] – [[Rotterdam]], [[Nederland]], [[1 Maart]] [[1876]]) was, naas ds. [[Dirk Postma]], die tweede predikant wat diens gedoen het in die [[Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika|Gereformeerde Kerk]]. Weens swak gesondheid is hy in 1869 terug na Nederland, waar hy in 1873 van sy amp onthef is weens sy onvermoë om sy huis te bestuur na aanleiding van sy tweede vrou se swak gedrag.
 
== Op Reddersburg ==
[[Beeld:Ds J Beyer en sy tweede vrou.jpg|duimnael|linksregs|330px|Ds. Beijer en sy tweede vrou, Beitske van der Heide (30 Junie 1823 – 4 November 1875), met wie hy op [[22 Maart]] [[1862]] in die huwelik bevestig is op [[Reddersburg]]. Die seuntjie met die sweep in die hand is die latere ds. J. Beijer, predikant van die [[Nederduitsch Hervormde Kerk|Hervormde gemeente]] Zeerust en later van Standerton.]]
 
Ds. Beijer se diens as predikant in die pas gestigte Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika was van groot betekenis, aldu B. Spoelstra in die ''[[Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek]], deel III''. Sy gemeente het die hele Oranje-Vrystaat beslaan en hy was tot 1865 as konsulent en enigste predikant naas ds. Postma van [[Gereformeerde kerk Rustenburg|Rustenburg]], ook verantwoordelik vir die Gereformeerde kerke [[Gereformeerde kerk Burgersdorp|Burgersdorp]], [[Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap|Middelburg]], [[Gereformeerde kerk Colesberg|Colesberg]] (die oudste drie kerke in die [[Kaapkolonie]], almal gestig in 1860) en [[Gereformeerde kerk Philipstown|Philipstown]], wat in 1863 as kerkdorp gestig is weens die "vervolging en smaad" wat die Gereformeerdes elders in die noordoostelike dele van die Kolonie moes verduur. <ref>{{af}} [[Stephanus du Toit|Du Toit, prof. dr. S.]] 1955. ''Handleiding vir die studie van die Kerkgeskiedenis''. Potchefstroom: Pro Rege-Pers Beperk</ref>.
84 208

wysigings