Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

34 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Lys argitekte in 2 kolomme
 
Met die herlewing van die kunshandwerk wou hulle nie vroeëre kunsstyle op 'n industriële manier herskep nie, maar met hul eksperimente eerder 'n nuwe vormtaal ontwikkel wat by die industriële vervaardigingsproses aangepas sou wees. Een van die Bauhaus se leitmotiewe was die idee om argitektuur as 'n omvattende kunswerk met ander kunste te verbind. Sodoende is die modulêre bouwyse, wat van voorafvervaardigde bouelemente gebruik gemaak het, nie net vir nywerheidsaanlegte ingespan nie, maar het ook die kans gebied om byvoorbeeld bekostigbare behuising in die satellietstede van groot metropole te skep.
 
{| class="toccolours" style="float: left; margin-left: 0em; margin-right: 1em; font-size: 85%; background:#e0e8ff; color:black; width:20em; max-width: 40%;" cellspacing="5"
| style="text-align: left;" | "''Die bouwerk is die einddoel van alle vormgewende werksaamhede! (…) Argitekte, beeldhouers, skilders, ons moet almal terug na die ambag! (…) Die kunstenaar is 'n superlatief van die ambagsman.''"
|-
|}
 
Die ''Staatliche Bauhaus'' is deur sy stigter Walter Gropius as 'n werkgemeenskap beplan waar geen onderskeiding meer tussen kunstenaar en ambagsman getref is nie. Die Bauhaus-medewerkers het beoog om met hul gemeenskaplike projek maatskaplike en sosiale verskille te oorkom en die skeidslyne tussen volkere en kulture te verwyder. Ten opsigte van sy idee en sy resultate was daar baie ooreenkomste tussen die Bauhaus en die ''Deutsche Werkbund'', wat in 1907 gestig is en waarvan Walter Gropius tot in die jaar 1933 'n lid was.
 
 
== Bekende kunstenaars en argitekte van die Bauhaus-beweging ==
{{Kolomme2
|Kolom1=
* [[Walter Gropius]]
* [[Anni Albers]]
* [[Wassily Kandinsky]]
* [[Paul Klee]]
|Kolom2=
* [[Gerhard Marcks]]
* [[Ludwig Mies van der Rohe]]
* [[Lothar Schreyer]]
* [[Gunda Stölzl]]
}}
 
<gallery>