Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
}}
 
'''W.E.G. Louw''' (1913–1980) was kunsredakteur van ''[[Die Burger]]'' en ʼn’n professor in Nederlandse letterkunde aan die [[Universiteit van Stellenbosch]]. Hy was 'n Afrikaanse[[Afrikaans]]e [[digter]] en lid van die Dertiger[[Dertigers]]-beweging in die letterkunde, wat met sy poësie die [[Hertzogprys]] met sy poësie gewen het.
 
== Lewe en werk ==
William Ewart Gladstone Louw is as die jongste van vier broers op ([[1913]]31 – [[1980Mei]]) was 'n [[Afrikaans1913]]e skryweras endie digter.jongste Alvan syvier boekebroers isin as[[Sutherland]] W.E.G. Louw gepubliseergebore. Hy was die jonger broer van die digter [[N.P. van Wyk Louw]]. Albei het hul skoolloopbaan aan [[SACS]] voltooi, toe nog in die Kaapse middestad. In 1935 wen hy die [[Hertzogprys]] vir ''Die ryke dwaas'' (saam met [[C. Louis Leipoldt]] en [[Totius]]). Die versameling poësie kan moontlik as die begin van die [[Dertigers]]-beweging in die Afrikaanse literatuur beskou word.<ref>Lindenberg, E., et al. "Inleiding tot die Afrikaanse Letterkunde". Pretoria en Kaapstad: Vyfde uitgawe, 1980.</ref> Hy is op 31 Mei 1913 op [[Sutherland]] gebore. Hy is die seun van die prokureur Bismarck von Moltke Louw en Martha Hendrina Johanna Frederika (Poppie) van Wyk, dogter van ʼn’n bekende boer van die distrik. Sy broers is Koos, die bekende digter N.P. van Wyk en Bismarck von Moltke. Die huis in Jubileestraat waar die gesin bly, word later as gevolg van sy en sy broer N.P. van Wyk Louw se belang in die letterkunde as museum verklaar. Hy begin sy laerskoolopleiding op Sutherland. In Desember 1920 vestig die gesin hulle in ʼn’n huis in [[Oranjezicht]] in Kaapstad. Die verhuising is egter nie ʼn’n volslae breuk met sy plattelandse verlede nie, aangesien hulle huis in Sutherland eers in 1925 verkoop word, sy pa steeds vennoot in die prokureurspraktyk op die dorp is en die kinders vir etlike jare steeds vir die somer en wintervakansies sou terugkeer na familie in die distrik of die naburige [[Calvinia]] distrik. In [[Kaapstad]] ontvang hy sy laer- en hoërskoolopleiding hoofsaaklik aan die Engelstalige South African College School, waar hy in 1930 matrikuleer. Sy matriek resultate sluit twee onderskeidings in en hy verower hiermee ʼn’n studiebeurs. Op hoërskool dien hy vir ʼn’n tyd op die redaksie van die skooltydskrif ''The South African College Magazine'', waarin daar van sy eerste gedigte verskyn, terwyl hy ook dien op die komitee van die Literary and Debating Society. In hierdie tyd ontvang hy musieklesse van ʼn’n [[Duitsers|Duitse]] dame, wat sy belangstelling in verskeie ander aspekte van die [[Wes-Europese Somertyd|Wes-Europese]] kultuur prikkel. Skoolvakansies bring hy meestal deur op sy oupa Van Wyk se plaas Gunsfontein naby Sutherland.
 
[[Lêer:Lidmaatskap WEG Louw.jpg|duimnael|regs|240px|Dié herinnering aan sy aanneming as lidmaat van die [[NG gemeente Jeppestown]] is op 11 April 1943 aan W.E.G. Louw uitgereik.]]
 
Van 1931 af studeer hy aan die [[Universiteit van Kaapstad]], waar hy die B.A.-graad in 1933 en die M.A.-graad in 1934 met ʼn’n studie oor die poësie van die Nederlandse digter J.H. Leopold verwerf. Van die begin van 1931 neem hy elke Vrydagaand private lesse in Duits by [[N.P. van Wyk Louw|N.P. van Wyk]] Louw en hierdie kontak verstewig die verhouding tussen die twee broers, wat weens die groot ouderdomsverskil tot in daardie stadium oppervlakkig was. Hy wys die gedigte wat hy skryf in hierdie tyd aan sy broer en ʼn’n paar intieme vriende en hulle moedig hom aan om dit te laat publiseer. Vergesel van ʼn’n paar vriende lees hy dan die verse aan professor F.E.J. Malherbe voor, maar dit is ʼn’n ongelukkige ontmoeting. In ʼn’n latere brief aan Malherbe stip W.E.G. Louw redes hiervoor aan, naamlik hulle vreemdheid vir mekaar, die teenwoordigheid van ander, sy eie smaaklose lees van die verse en Malherbe se moegheid en prikkelbaarheid. Malherbe maak tydens die ontmoeting ʼn’n aantal opmerkings wat Louw as onvanpas en sonder werklike insig beskou en hy besluit daarna om eerder self die gedigte te publiseer as om deur ʼn’n uitgewer te werk. So verskyn “''Die ryke dwaas''” dan, wat ook met die [[Hertzogprys]] bekroon word en amptelik die Dertiger-beweging in die poësie inlui. Malherbe kry ʼn’n afskrif van die bundel en skryf uit die bloute ʼn’n waarderingsbrief aan Louw, waarin hy die genot wat hy aan die bundel het, duidelik stel. Hy lewer dan ook ʼn’n waarderende resensie daaroor in ''[[Huisgenoot|Die Huisgenoot]]'', maar in latere jare is daar ʼn’n breuk tussen Louw en Malherbe, wanneer dit uit getuienis soos vervat in “''Dokumente van Dertig''” van J.C. Kannemeyer duidelik begin word dat Malherbe se optredes nie altyd vry te spreek is van onegtheid, ʼn’n gebrek aan insig en ʼn’n jag na eie voordeel nie. Gerrit Dekker, vername meningvormer in die letterkunde van daardie tyd, skryf ook ʼn’n positiewe resensie, waarna die sukses van die bundel feitlik verseker is.
 
Tydens sy studentejare is Louw aktief betrokke by die Afrikaanse Nasionale Studentebond. Hy het in sy vroeë studentejare ʼn’n verhouding met Hettie Smit (wat weerklank vind in haar boek “''Sy kom met die sekelmaan''”) en leer ook vir F.J. le Roux goed ken. Hy het ook ʼn’n belangrike aandeel aan die stigting van die Vereniging vir die Vrye Boek in 1936 wat hom ten doel stel om die aandag op die nuwe poësie te vestig en om N.P. van Wyk Louw se “''Alleenspraak''” gepubliseer te kry. As student blink hy uit deur die J.H. Hidding-beurs aan [[Kaapstad Universiteit]] en die Queen Victoria Memorial Scholarship vir oorsese studie in die [[Verenigde Koninkryk]] te ontvang. Gedurende 1935 is hy vir ʼn’n tyd waarnemende lektor in Afrikaans-Nederlands aan die [[Universiteit van Kaapstad|Universiteit van Kaapstad.]]. Teen die einde van 1935 vertrek hy na [[Nederland|Nederland,]], waar hy aan die Gemeentelike Universiteit van Amsterdam studeer en in 1939 die doktorale eksamen (Drs.Litt.) voltooi onder leiding van N.A. Donkersloot en A.A. Verdenius. Hy neem Kunsgeskiedenis hier as ʼn’n byvak. Deur kritiese beskouinge en toesprake stel hy die jonger Afrikaanse poësie aan die Nederlanders bekend en publiseer onder meer in 1939 ʼn’n bestekopname van die jongste Afrikaanse digkuns in “''De nieuwere Afrikaanse poëzie''”, terwyl hy ook die bydrae “''Vernuwing in die Afrikaanse poësie''” lewer tot J. Haantjes se “''Kroniek van Zuid-Afrika''”, wat in 1938 verskyn. Tydens sy tyd in Nederland maak hy van die geleentheid gebruik om gereeld konserte, toneelopvoerings en museums te besoek en tydens vakansies reis hy na ander dele van Wes-Europa. In München in Duitsland maak hy ʼn’n intensiewe studie van Rembrandt se skilderye in opdrag van Frederik Hendrik oor die lyding en dood van Christus, wat later sou lei tot sy reeks sonnette “''Die passie van ons Heer''” wat in “''Adam en ander gedigte''” opgeneem word. Net na die uitbreek van die [[Tweede Wêreldoorlog]] keer hy in November 1939 terug na [[Kaapstad-stadion|Kaapstad,]], waar hy in 1942 aan die plaaslike universiteit promoveer (Ph.D.-graad) met ʼn’n proefskrif oor “''Die invloed van Gorter op Leopold: ʼn’n Bydrae tot die studie van die sensitivisme''”, wat later gepubliseer word.
 
Saam met D.B. Bosman, N.P. van Wyk Louw en Jan Greshoff stel hy die bloemlesing “''Tussen die'' ''engtes''” (1940) saam met die doel om Nederlandse skrywers tydens die Duitse besetting te steun. Geld so ingesamel stel hulle in staat om later vir A. Roland Holst en J.C. Bloem op besoeke na Suid-Afrika te bring. Daarna werk hy vanaf September 1941 ʼn’n tyd lank by die Reddingsdaadbond in Johannesburg, ʼn’n organisasie wat gestig is om op ekonomiese en kulturele gebied hulp te verleen aan Afrikaners wat weens die droogte en depressiejare verarm is. Hier vertolk hy veral ʼn’n groot rol as toneelorganiseerder. Hy probeer ʼn’n betrekking by ''[[Die Burger]]'' kry, maar die bevinding is dat hy met ʼn’n doktorsgraad te goed gekwalifiseer is vir die joernalistiek. In 1942 doen hy aansoek om die pos as hoogleraar in Afrikaans-Nederlands aan die [[Universiteit van die Vrystaat|Universiteit van die Oranje-Vrystaat,]], ʼn’n posisie wat vakant word met die aftrede van D.F. Malherbe. Hoewel hy die enigste kandidaat is wat deur die Senaat aanbeveel word, stel die Raad ʼn’n ander kandidaat aan. Hulle neem klaarblyklik eksepsie teen “politieke” verse in sy bundel “''Terugtog''” (veral die “''Renegaat-sonnette''”, wat as ʼn’n toespeling op generaal J.B.M. Hertzog beskou is).
 
Vanaf die begin van 1944 word hy aangestel as hoogleraar in Afrikaans-Nederlands aan die [[Rhodes-universiteit|Rhodes Universiteitskollege]] in [[Grahamstad]]. In dieselfde jaar tree hy in Melville in [[Johannesburg]] in die huwelik met die komponis Rosa Sophia Cornelia Nepgen van [[Barkly-Oos]], ʼn’n huwelik waaruit twee seuns gebore word, Johannes en Paul. Saam met N.P. van Wyk Louw en H.A. Mulder rig hy in 1945 die onafhanklike blad ''Standpunte'' op en hy tree ook geruime tyd op as redaksie-sekretaris van hierdie blad. Aan die einde van 1948 vertrek hy op ʼn’n ses maande lange oorsese reis. Op Grahamstad speel hy ʼn’n belangrike rol in die klein Afrikaanse gemeenskap en is die dryfkrag agter die stigting in 1956 van ʼn’n plaaslike Afrikaanse skool, Hoërskool P.J. Olivier. Wanneer die koshuis van hierdie skool later gebou word, kry dit die naam van Huis W.E.G. Louw. Deur sy bemiddeling kom die Vlaamse letterkundige Rob Antonissen in 1951 na Suid-Afrika en word hy aangestel as dosent aan Rhodes Universiteit en volg Louw as hoogleraar op wanneer hy besluit om die professoraat in 1957 te laat vaar.
 
Hy verhuis in 1957 na [[Oranjezicht]] in Kaapstad, waar hy kunsredakteur word van ''Die Burger'', ʼn’n betrekking wat hy tot einde Desember 1966 beklee. In hierdie kapasiteit skryf hy gereeld self artikels oor musiek en die skilderkuns en lewer toneel, rolprent en letterkundige kritiek, terwyl hy elke week ʼn’n kort essay skryf wat Saterdae as die hoofartikel in die blad verskyn. Hy redigeer en skryf verskeie artikels en reekse waarin hy die belangstelling van die lesers in die letterkunde prikkel, soos byvoorbeeld “''Omgang met poësie''” van 19 Mei 1959 en die “''Euwel van die voorgeskrewe boek”''. Hy redigeer ook bylaes van kulturele aard, soos die “''Wonder van Afrikaans''” bylae wat op 16 April 1959 in ''Die Burger'', ''Die Volksblad'' en ''Die Oosterlig'' verskyn het, met bydraes van onder andere M.E.R., N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman en Boerneef.
 
Vanaf Januarie 1967 tot einde 1978 is hy professor in die Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy vir W.J. du P. Erlank (Eitemal) in hierdie kapasiteit opvolg en in 1979 is hy besoekende professor in Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad. Steeds gaan hy voort om gereelde toneelresensies vir ''Die Burger'' te skryf. Hy vestig hom in hierdie tyd eers in ʼn’n huis op [[Stellenbosch]] en later op ʼn’n plasie tussen wingerde en olyfbome langs die Strand-pad naby Stellenbosch, wat hy Sondraai noem.
 
Tussen 1948 en 1973 lê hy ses oorsese besoeke af en besoek feitlik elke Wes-Europese land vir studie, of as afgevaardigde van genootskappe, of om lesings ingevolge kultuurverdrae te gee. In 1954 bring hy onder andere besoek aan sy broer N.P. van Wyk Louw in Amsterdam, waar hy vier maande vertoef in sy navorsing oor Martinus Nijhoff se literatuuropvattings en enkele lesings aan die Universiteit van Amsterdam gee oor “''Prosodie: die wetenskap van die ritmiek''”. Hy leef hom ook uit op kultuurgebied en is sedert 1944 lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, van 1960 lid van die Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde, sedert 1954 erelid van die Friese Akademie en lid van die Afrikaanse Skrywerskring. Hy dien vanaf 1955 tot 1968 op die uitvoerende komitee van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings en dien ook op die beheerrade van die S.A. Kultuurhistoriese Museum en van die Nasionale Kunsmuseum. Hy is tussen 1958 en 1966 raadslid van die Universiteit van Kaapstad. Tot met sy dood is hy letterkundige adviseur van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling, toneelkritikus van ''Die Burger'' en direkteur van Historiese Huise van Suid-Afrika Beperk. Hy is ʼn’n oortuigde [[Calvinisme|Calvinis]] en dien by herhaling as ouderling in sy kerk. Hy is op [[24 April]] [[1980]] op sy kleinhoewe Sondraai naby [[Stellenbosch]] aan ʼn’n [[hartaanval]] oorlede. Sy as word later herbegrawe by die Louw-huis museum in [[Sutherland Shire|Sutherland,]], waar hy groot geword het.
 
== Skryfwerk ==
*=== Poësie ===
Reeds op skool in 1929 verskyn eers Engelse en later ook Afrikaanse gedigte van hom in die skoolblad, ''The South African College School Magazine'', en hy is ook vir ʼn’n ruk op die redaksie van hierdie blad. Op universiteit publiseer hy gereeld in ''Kwartaalblad van die Universiteit van Kaapstad'' en later ook in ander tydskrifte soos ''Die Huisgenoot''. Met sy digbundel “''Die ryke dwaas''” (gedigte geskryf tussen sy sestiende en twintigste jaar en self uitgegee) lei hy die belangrike Dertiger-beweging in die Afrikaanse poësie in en lewer verse wat verrassend nuut is in Afrikaans. In hierdie poësie word weggebreek van die nasionalistiese verse van sy voorgangers en word die belydenisvers, die persoonlike ervaring en die “geding-met-God” in bewoë toon en gevleuelde taalgebruik vooropgestel. Die natuur word ook meer persoonlik ervaar, eerder as in diens van ʼn’n nasionalistiese of godsdiensbelewing. Hierin vind hy aansluiting by die Nederlandse Tagtigers en die Engelse en Duitse romantiese poësie. Die titel weerspieël die paradoks van die jong man wat eers met kinderlike helderheid die lewe en selfs die goddelike wonder in sy lewenspassie ervaar, maar met groter insig van die volwassenheid voel hoedat alles minder eksak word en hy vind dat die erkenning en rus in God al verder wyk. So verloor die dwaas sy gewaande helderheid, maar word tog ryker aan menslikheid. Waar die bundel by bekendstelling vars aandoen in veral sy tematiek en openhartige belydenis, deurstaan die talle sierwoorde en soms oordrewe romantiek van baie verse nie die toets van die tyd nie. Enkele eenvoudiger verse in hierdie bundel word baie bekend, waaronder die treffende sonnet “''Ek sal opstaan''”, na aanleiding van die gelykenis van die verlore seun, en “''Vaalvalk''”, ʼn’n stemmingsbeeld waarin die valk in sy beweging geassosieer word met die weemoedige wals. “''Ou Flenterkatiera''” sluit aan by die volksvers in sy uitbeelding van ʼn’n skaapwagter wat snags sy eensaamheid slegs met sy musiek en dop kan trotseer. “''Stil aand''” is ʼn’n mooi liefdesgedig, terwyl “''Naglied''” die teleurgestelde minnaar uitbeeld wat in die koue voor sy slapende geliefde se venster staan net om naby aan haar te kan wees. “''Die ryke dwaas''” word in 1934 met die Hertzogprys vir poësie bekroon. Die Letterkundige Kommissie het hom in hierdie jaar vir alleenbekroning aanbeveel, maar hy deel die prys met Totius en C. Louis Leipoldt. In ʼn’n tweede druk in 1935 laat Louw sommige van die jeugverse weg, verander die chronologie van die bundel en voeg ander verse by.
 
Hy volg hierdie bundel op met die soortgelyke<ref>Eybers, Elisabeth “Voetpad van verkenning” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe
 
1978</ref> “''Terugtog''”, waar die titel veral die terugkeer na God suggereer. Die sentrale tema van hierdie bundel is die stryd “met God om God”, soos Louw dit self formuleer in sy boekie “''De nieuwere Afrikaanse poëzie''”. Hierin swerf die digter deur die verslaenheid en wanhoop wat die lewe en die liggaamlike passie kenmerk, maar kom deur sy krisis tog eindelik uit by ʼn’n groter geestelikheid. Hierdie geestelike krisis bring mee ʼn’n strakker segging, ʼn’n vermindering van die sierwoorde en groter vormbeheersing, maar terselfdertyd verloor die gedigte baie van die spontaneïteit wat in sy eerste bundel bekoor het. Hierdie geestelike stryd word ten beste verwoord in die lang aanvangsgedig, “''Die dood van die dwaas''”, die sonnet “''Die liefde van God''” en die “''Vier gebede''”. Die bundel bevat ook natuurstemminge, liefdesgedigte en vaderlandse gedigte. Gedigte soos “''Oktober''” en “''Teen die helling''” en die Bybelse wedergeboorte-sonnette (veral “''Maria''”, wat handel oor die engel Gabriël se aankondiging van die geboorte van Jesus) tel onder sy beste werk, terwyl “''Verlange''” die beste onder die liefdesgedigte is. “''Hiëronimus in die woestyn''” is geskryf na aanleiding van ʼn’n skildery van Jeroen Bosch en Louw sal daarna nog etlike gedigte skryf na aanleiding van kunswerke. Op nie-literêre gronde is daar skerp kritiek teen die drie sonnette “''Aan die renegaat''”, gedigte oor die ontrou en geknoei van leiers en die afvalligheid van volksgenote, waarin kritici ʼn’n aanval sien op generaal Hertzog se persoon en ook sy samesmeltingspolitiek. Objektief beskou en verlos van sy tyd se politiek is dit egter ʼn’n verdoeming van alle renegaatskap, geskryf in ʼn’n toon van opregte verontwaardiging oor onregte. In 1943 is daar beide ʼn’n meerderheidsverslag en ʼn’n minderheidsverslag van die keurkommissie vir die Hertzogprys. Die meerderheidsverslag beveel aan dat “''Terugtog''” bekroon word saam met “''Kwatryne''” van I.D. du Plessis en “''Rooidag''” van Uys Krige, terwyl die minderheidsverslag aanbeveel dat “''Terugtog''” alleen bekroon word. Uiteindelik word as kompromis Elisabeth Eybers se “''Belydenis in die skemering''” en “''Die stil avontuur''” bekroon.
1978
</ref> “''Terugtog''”, waar die titel veral die terugkeer na God suggereer. Die sentrale tema van hierdie bundel is die stryd “met God om God”, soos Louw dit self formuleer in sy boekie “''De nieuwere Afrikaanse poëzie''”. Hierin swerf die digter deur die verslaenheid en wanhoop wat die lewe en die liggaamlike passie kenmerk, maar kom deur sy krisis tog eindelik uit by ʼn groter geestelikheid. Hierdie geestelike krisis bring mee ʼn strakker segging, ʼn vermindering van die sierwoorde en groter vormbeheersing, maar terselfdertyd verloor die gedigte baie van die spontaneïteit wat in sy eerste bundel bekoor het. Hierdie geestelike stryd word ten beste verwoord in die lang aanvangsgedig, “''Die dood van die dwaas''”, die sonnet “''Die liefde van God''” en die “''Vier gebede''”. Die bundel bevat ook natuurstemminge, liefdesgedigte en vaderlandse gedigte. Gedigte soos “''Oktober''” en “''Teen die helling''” en die Bybelse wedergeboorte-sonnette (veral “''Maria''”, wat handel oor die engel Gabriël se aankondiging van die geboorte van Jesus) tel onder sy beste werk, terwyl “''Verlange''” die beste onder die liefdesgedigte is. “''Hiëronimus in die woestyn''” is geskryf na aanleiding van ʼn skildery van Jeroen Bosch en Louw sal daarna nog etlike gedigte skryf na aanleiding van kunswerke. Op nie-literêre gronde is daar skerp kritiek teen die drie sonnette “''Aan die renegaat''”, gedigte oor die ontrou en geknoei van leiers en die afvalligheid van volksgenote, waarin kritici ʼn aanval sien op generaal Hertzog se persoon en ook sy samesmeltingspolitiek. Objektief beskou en verlos van sy tyd se politiek is dit egter ʼn verdoeming van alle renegaatskap, geskryf in ʼn toon van opregte verontwaardiging oor onregte. In 1943 is daar beide ʼn meerderheidsverslag en ʼn minderheidsverslag van die keurkommissie vir die Hertzogprys. Die meerderheidsverslag beveel aan dat “''Terugtog''” bekroon word saam met “''Kwatryne''” van I.D. du Plessis en “''Rooidag''” van Uys Krige, terwyl die minderheidsverslag aanbeveel dat “''Terugtog''” alleen bekroon word. Uiteindelik word as kompromis Elisabeth Eybers se “''Belydenis in die skemering''” en “''Die stil avontuur''” bekroon.
 
In “''Adam en ander gedigte''” <ref>Mulder, H.A. “Standpunte” Reeks 1, no.2 1945</ref>beslaan die titelgedig die eerste afdeling. Dit is ʼn’n grootse gedig oor die lewensaanvang waarin Adam sy posisie teenoor God, die wêreld en die vrou ontdek. Treffend word die droom van ʼn’n ongerepte wêreld met sy suiwere skoonheid in liriese poësie verheerlik, terwyl die gedeelte waar Adam alleen die wêreld verken treffend gekontrasteer word met sy ontdekkingstog saam met die vrou. Die geluk wat hulle saam ondervind word ook effektief gekontrasteer met die latere ongeluk en uitwerping uit die Paradys, veral omdat die gedig met die woord “voleindiging” eindig, maar voor die sondeval en uitwerping, waarvan die leser terdeë bewus is. Hierdie gedig het reeds in 1940 in ''Die Huisgenoot'' verskyn en beslaan byna die helfte van die bundel. Die tweede afdeling is die voortreflike sonnette oor “''Die Passie van ons Heer''”, wat handel oor die lyding en opstanding van Christus. Dit is onder andere geïnspireer deur die kuns van Rembrandt. Veral “''Avondmaal''” is ʼn’n hoogtepunt met sy treffende gebruik en teenstelling van die woorde “brood” en “wyn”. “''Golgota''” beskryf Christus se lydensweg en die smaad wat hy moes verduur, wat uitloop op die skeur van die tempelvoorhang en die simboliese vernietiging van die skans tussen God en mens. “''Opstanding''” is treffend in sy siening van die afsterf van die liggaam in die eerste kwatryn en die opstyging van die gees in die tweede kwatryn wat met die beeld van “saad” verbind word. Die derde afdeling is “''Gedigte''”. Hoogtepunte hier is “''Kain''” (wat Kain se vernedering met die afwysing van sy offer en sy aggressie daarna laat oploop tot ʼn’n hoogtepunt), “''Hieronymus in die woestyn''” (na aanleiding van ʼn’n skildery van Jeroen Bosch) en “''Heimwee''” (oor die gebondenheid aan die aarde wat selfs in die hemel tot heimwee lei). Hierdie bundel is ʼn’n hoogtepunt in sy oeuvre tot op daardie tydstip, veral deur die vormbeheer, suiwerheid van taal en beeld en harmonie tussen die sintuiglikheid en geestelikheid wat uit die beste verse spreek. Opvallend is die impressies van skilderkuns wat hy tot treffende gedigte omskep, wat ʼn’n kenmerk van sy digkuns word.
 
Die verse in<ref>Antonissen, Rob “Standpunte” Nuwe reeks 12, Junie-Julie 1956</ref> “''Bybels en Babels''”<ref>Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963</ref> toon ten spyte van die lang tydverloop tussen publikasies weinig vooruitgang op sy vroeëre werk, hoewel dit in ʼn’n meer leesbare styl is, ontdaan van onnodige geswollenheid in die taal. Die gedigte word in die twee afdelings “''Bybels''” en “''Babels''” opgedeel, waar die eerste afdeling godsdienstige gedigte bevat. Hier is die drie sonnette in die “''Drieluik''” (“''Johannes die Doper''”, “''Maria met die kind''” en “''Johannes die Apostel''”) hoogtepunte met hulle fyn afwerking en atmosfeerskepping, wat treffend iets van ʼn’n ewige waarheid illustreer. Die lang gedig “''Simson''” bevat mooi fragmente, maar ook etlike vaal kolle. Die begin en einde skets Simson in sy laaste ure, terwyl hy in die middel sy verlede onthou en dit vir die leser sing. Hierdie herinneringe wat in groot detail weergegee word, vertraag egter die verhaalgang en die klein besonderhede neem die aandag af van die geheel, sodat dit as epiese vers nie heeltemal geslaagd is nie. “''Die brandende doringbos''” is ʼn’n siklus van ses gedigte wat Moses se lewe as tema het, waar die interafhanklikheid van die gedigte veroorsaak dat die geheel eerder as ʼn’n enkele gedig gelees moet word. Die “''Babels''” afdeling bevat verse oor “wêreldse” onderwerpe, onder meer die skilderkuns. Vernuwend in Louw se digkuns is hier ʼn’n aantal praatverse, wat wegdoen met die streng struktuur wat sy vroeëre poësie kenmerk. “''Assisi''” het hierdie heilige as tema en beeld ʼn’n besoek aan sy graf uit en daarna ʼn’n beskrywing van sy wonderbaarlike lewe, wat bevredigend afgesluit word deur elemente wat terugverwys na die inset. “''Voordag''” werk mooi met teenstellings, waar die klokkie langs die bed (beeld van die hier en nou) gekontrasteer word met die kerkklokke (beeld van iets oneindig groter en ewig) en die aardse tyd (voordag) wat afgespeel word teen die ewigheid. ʼn’n Hoogtepunt in die bundel is die bekende “''Villa Scacciapensieri''”, wat die vroeë oggend aktiwiteite uitbeeld, soos die boer in sy tuin en die jagter wat die hasie in die slaai skiet, waarna die einde al hierdie elemente kreatief saamtrek. “''Ballade van die wêreld se beloop''” is ook noemenswaardig, waarin die tafereel van mense en dinge mooi geskilder word, terwyl “''Portret van ʼn’n moeilike man''” beïndruk met saaklike maar helder beskrywing.
 
“''Naggesprek en ander gedigte''” is in twee genommerde afdelings verdeel, waar die eerste afdeling drie lang gedigte oor kunstenaars, ʼn’n digter (Van Wyk Louw), ʼn’n skilder (Rembrandt) en ʼn’n beeldhouer (Michelangelo), bevat. Die baie lang titelgedig is interessant veral daarin dat dit intieme inligting gee van die digter se verhouding met sy ouer broer N.P. van Wyk Louw, asook van hulle persoonlike geskiedenis en ervarings en hulle letterkundige opvattings. Die toon hiervan is elegies, maar ook berustend, terwyl dit ongelyk is daarin dat dit ontroerende poëtiese beelding afwissel met ʼn’n prosaïese spreekwyse op ʼn’n gemeensame praattoon, wat eerder die dokumentering as die digkuns ten doel het. “''Rembrandt – selfportret''” het hierdie skilder se lewe as tema, met die begin en einde wat mooi sluit en die gedig siklies maak. Die belangrikste onder die drie kunstenaarsgedigte is “''Gevangenes''”, wat handel oor die slawe en onvoltooide beelde van Michelangelo in Florence en Parys. Hierdie beelde was oorspronklik bedoel vir die graftombe van pous Julius II, met die gevangenes wat as slawe geketting is of deur hulle onvoltooidheid in die marmer gevange sit. Die onvoltooidheid lei tot die mooi teenstelling tussen verlossing en gevangenskap en die spanning wat heers tussen orde en chaos. Die korter gedigte in die tweede afdeling bevat sensitiewe waarneming, maar baie stel teleur in onderdele weens ʼn’n tekort aan hegtheid en volkome integrasie met die res van die gedig. “''Somerreis''” beïndruk met sy fyn waarneming en gebruik van volksidioom, waar ten spyte van talle verskille die mense een is in hulle eindbestemming. “''Transvaal''” beeld hierdie streek op sobere wyse uit en “''Verdeelde hart''” is die weergawe van die spreker se gevoelens wanneer hy sy geboortedorp uit die lug sien. “''Geloftedag, 1967''” is wesentlik ʼn’n waarnemingsgedig met ʼn’n kritiese blik op die Afrikaner en sy leefwyse, waar die gelui van die kerkklok geen aandag trek in die soeke na geld en plesier nie. In “''Nagrit''” word die motor-tema effektief verdiep soos die gesprek voortduur. By geleentheid van sy sestigste verjaardag in 1973 word ʼn’n faksimilee-uitgawe van die handgeskrewe teks van die titelgedig, onderteken deur die skrywer, in ʼn’n beperkte genommerde uitgawe uitgegee.
 
“''Vensters op die vrees''”<ref>Brink, André P. “Rapport” 21 November 1976</ref> bevat gedigte wat ʼn’n ondergangsvisioen verwoord, met die angs oor die toekoms in<ref>Brink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg
 
Eerste uitgawe 1980</ref> Suid-Afrika wat weerklank vind in gebeure uit die wêreldgeskiedenis en in<ref>Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 17 no.2, Junie 1977</ref> simboliese kunswerke. “''Vierde Kruistog''” verwerk die apokaliptiese einde van die antieke Christelike stad Bisantium wat in 1204 deur die magte van mede-Christene uit die Vierde Kruistog verniel is, ter wille van die selfsugtige handelsbelange van Venesië. Gesien teen die agtergrond van die eietydse opstande in Soweto en die oorlog in Angola, is hierdie ondergang egter ook van belang vir Suid-Afrika, waar die Afrikaners se historiese skuld van meer as driehonderd jaar teenoor die gekleurdes vereffen moet word. Die lang slotgedig, “''Drieluik. Die tuin van aardse luste''” is ʼn’n beskrywing van die skilder Jeroen Bosch se Wellusttuin-triptiek met die hel wat reeds in die aardse lewe sigbaar word. “''Drie vensters op die vrees''”, waarvandaan die bundel sy titel verkry, beeld uit hoe die mens hom uiterlik verskans teen bedreiging maar innerlik weerloos voortleef. Die angsmotief handel hier agtereenvolgens oor die lewe van die grensboer in die verlede wat deur wilde dier en San bedreig word, daarna oor die mens van die hede met die gevare wat daar uit Angola op die landsgrense heers, en ten slotte oor ʼn’n toekomsvisioen waar die mens deur stralers, tenks, kanonne, mortiere, atoombom en uiteindelik selfs ʼn’n totale uitwissing bedreig word. Hierdie bedreiging kom egter nie net van buite af nie, maar ook uit die gemaksugtigheid van die mens in sy selfsugtige leefwyse. Baie meer prominent in hierdie bundel is ook gedigte oor die hede en herinneringe aan ʼn’n jeugwêreld. “''Sondraai''” skets ʼn’n plaas in verskillende seisoene, terwyl “''Matjiesfontein''” ʼn’n kind se angs knap weergee. “''Verslag van ʼn’n winterreis''” is ʼn’n negedelige siklus van veertienreëlige verse en gee indrukke na ʼn’n besoek aan die jeugwêreld, waarin die angsmotief die bindende element is in die weergawe van die tydverloop en lewe en dood. Die verskil tussen die persoonlike van die jeugtyd met sy inleef in die natuur en die afsydigheid van die moderne wêreld met sy gejaag word mooi uitgebeeld. “''Die dassie wat doodgetrap is vanmôre''” is die tweede gedig in hierdie siklus en gee met sy weergawe van die kraai wat die doodgetrapte dassie se oë en tongetjie uitpik ʼn’n mooi kontras tussen die jeug- en moderne wêreld, teen die agtergrond van die tydlose Groot Karoo.
Eerste uitgawe 1980
</ref> Suid-Afrika wat weerklank vind in gebeure uit die wêreldgeskiedenis en in<ref>Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 17 no.2, Junie 1977</ref> simboliese kunswerke. “''Vierde Kruistog''” verwerk die apokaliptiese einde van die antieke Christelike stad Bisantium wat in 1204 deur die magte van mede-Christene uit die Vierde Kruistog verniel is, ter wille van die selfsugtige handelsbelange van Venesië. Gesien teen die agtergrond van die eietydse opstande in Soweto en die oorlog in Angola, is hierdie ondergang egter ook van belang vir Suid-Afrika, waar die Afrikaners se historiese skuld van meer as driehonderd jaar teenoor die gekleurdes vereffen moet word. Die lang slotgedig, “''Drieluik. Die tuin van aardse luste''” is ʼn beskrywing van die skilder Jeroen Bosch se Wellusttuin-triptiek met die hel wat reeds in die aardse lewe sigbaar word. “''Drie vensters op die vrees''”, waarvandaan die bundel sy titel verkry, beeld uit hoe die mens hom uiterlik verskans teen bedreiging maar innerlik weerloos voortleef. Die angsmotief handel hier agtereenvolgens oor die lewe van die grensboer in die verlede wat deur wilde dier en San bedreig word, daarna oor die mens van die hede met die gevare wat daar uit Angola op die landsgrense heers, en ten slotte oor ʼn toekomsvisioen waar die mens deur stralers, tenks, kanonne, mortiere, atoombom en uiteindelik selfs ʼn totale uitwissing bedreig word. Hierdie bedreiging kom egter nie net van buite af nie, maar ook uit die gemaksugtigheid van die mens in sy selfsugtige leefwyse. Baie meer prominent in hierdie bundel is ook gedigte oor die hede en herinneringe aan ʼn jeugwêreld. “''Sondraai''” skets ʼn plaas in verskillende seisoene, terwyl “''Matjiesfontein''” ʼn kind se angs knap weergee. “''Verslag van ʼn winterreis''” is ʼn negedelige siklus van veertienreëlige verse en gee indrukke na ʼn besoek aan die jeugwêreld, waarin die angsmotief die bindende element is in die weergawe van die tydverloop en lewe en dood. Die verskil tussen die persoonlike van die jeugtyd met sy inleef in die natuur en die afsydigheid van die moderne wêreld met sy gejaag word mooi uitgebeeld. “''Die dassie wat doodgetrap is vanmôre''” is die tweede gedig in hierdie siklus en gee met sy weergawe van die kraai wat die doodgetrapte dassie se oë en tongetjie uitpik ʼn mooi kontras tussen die jeug- en moderne wêreld, teen die agtergrond van die tydlose Groot Karoo.
 
“''Opvlugte en opdragte''”<ref>Brink, André P. “Standpunte” Nuwe reeks 154, Augustus 1981</ref> verskyn postuum. Dit is ʼn’n bundel van nagelate gedigte wat hy nie self kon persklaar maak nie, wat tot gevolg het dat sekere van die gedigte nie op dieselfde vlak as ander is nie. <ref>Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 19 no. 2, Mei 1981</ref>Hierin word veral ʼn’n beskrywende eerder as passievolle vers gebundel,<ref>Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 21 no. 2, Junie 1981</ref> met die religieuse en die bewustheid van ʼn’n ander wêreld wat in kontras staan teen die tydelike, problematiese aardse belewenis. Die “''Opvlugte''” deel bevat doemprofesieë oor die politieke bestel in Afrika, die geknoei tydens die Koue Oorlog en die geestelike vervlakking van Wes-Europa, wat aansluit by die verse oor die ondergangsmotief in “''Vensters op die vrees''”. Die “''Opdragverse''” bevat gedigte vir mense soos onder andere Uys Krige, Gerrit Bakker en Ernst van Heerden. In die treffende gedig “''Jasmyn''” is die onderwerp Saladin, die Moslemleier wat in die twaalfde eeu Islam-eenheid bewerkstellig en die Kruisvaarders verslaan het om Jerusalem en Palestina vir Islam te verower. Die gedig beeld Saladin se bepeinsinge uit oor die dood en sy kommer oor sy geliefde dogtertjie en haar teenwoordigheid in die jasmyn. In “''Amsterdam, September 1939''” kyk die digter nostalgies terug na die onvergeetlike somer kort voor die begin van die Tweede Wêreldoorlog, waarna alles verander het. Die derde afdeling in die bundel is ʼn’n afdruk van sy laaste versplan (“''Veertien variasies op ʼn’n tema''”), wat aanduidend is van ʼn’n reeks gedigte wat hy oor die tema van dood en wederopstanding wou geskryf het.
 
Sy “''Versamelde gedigte''” word vir die eerste keer in 1973 uitgegee, waarna dit in 1988 grondig verwerk word om latere bundels en gedigte wat na hierdie tyd verskyn, ook in te sluit. Hy publiseer van sy gedigte in verskeie tydskrifte, insluitende die ''Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring'', ''Standpunte'' en ''Tydskrif vir Letterkunde''. Van sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “''Groot verseboek''”, “''Die Afrikaanse poësie in ʼn’n duisend en enkele gedigte''”, “''Afrikaanse versameling''”, “''Afrikaanse verse''”, “''Digterstemme''”, “''Woordpaljas''”, “''Uit ons digkuns''”, “''Digters en digkuns''”, “''Junior verseboek''”, “''Nuwe klein verseboek''”, “''Faune''”, “''Miskien sal ek die wingerd prys''”, “''Liggaamlose taal''”, “''Verse vir Opperman''”, “''Voorspraak''”, “''My Afrikaanse verseboek''”, “''Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte”'', “''Die goue vreugde''” en “''Tussen die engtes''”. As samesteller is hy saam met D.B. Bosman, N.P. van Wyk Louw en Jan Greshoff verantwoordelik vir die bloemlesing “''Tussen die'' ''engtes''” (1940) wat die doel het om Nederlandse skrywers tydens die Duitse besetting te steun. Verder is hy verantwoordelik vir die redaksie van die bundels “''Vyftig gedigte van C Louis Leipoldt''” en<ref>Brink, André P. “Rapport” 19 November 1978</ref> “''Driesprong''”, <ref>Johl, Ronél “Die Transvaler” 3 Maart 1979</ref>laasgenoemde ʼn’n keuse uit die gedigte van Jan F.E. Celliers, Totius en Leipoldt. Baie van sy gedigte word deur sy vrou, Rosa Nepgen, getoonset en deur ander komponiste soos Blanche Gerstman, Arnold van Wyk, Johannes Röntgen, Wolfgang Wijdeveld, Flor Peeters en Rudolf Mengelberg.
* Prosa
Op prosagebied stel hy in 1939 die jonger Afrikaanse poësie aan die Nederlandse publiek bekend in die boekie<ref>Eybers, Elisabeth “Voetpad van verkenning” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe
 
*=== Prosa ===
1978
Op prosagebied stel hy in 1939 die jonger Afrikaanse poësie aan die Nederlandse publiek bekend in die boekie<ref>Eybers, Elisabeth “Voetpad van verkenning” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe
</ref> “''De nieuwere Afrikaanse poëzie''”, waarin hy vir hierdie mark ʼn voëlvlug gee oor die ontwikkeling van die Afrikaanse poësie in die algemeen en dan groter aandag gee aan die belangrikste figure in die aanloop tot die Dertigers en die Dertigers self. Die vernaamste leemte van hierdie deeglike opsomming van sy onderwerp is die algehele afwesigheid van ʼn beskouing oor sy eie werk. Sy proefskrif, “''Die invloed van Gorter op Leopold''”, word ook gepubliseer. Tussen 1938 en 1952 skryf hy ook kritiese opstelle wat eers in verspreide tydskrifte gepubliseer word en dan in die versamelbundels “<ref>Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963</ref>''Ou wyn van vreugde''” (oor ons ouer digters, hoofsaaklik Totius, Leipoldt en Marais waarin hy belangrike herwaarderings en waardebepalings verwoord) en “''Vaandels en voetangels''”<ref>Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963</ref> gebundel word. In laasgenoemde bundel verskyn werke van uiteenlopende aard, onder andere sy nadoodse waarderings van die Nederlandse digters H. Marsman, E. du Perron en Menno ter Braak en beskouings oor die Afrikaanse poësie, prosa en literêre kritiek. Veral van belang is sy opstel oor “''Vernuwing van die Afrikaanse poësie''”, wat reeds in 1938 geskryf is en waarin hy die ou Afrikaanse “motiewe”-kuns as ʼn beperkte soort literatuur verwerp en daarop wys dat die nuwe Afrikaanse letterkunde groter aandag vir die Afrikaanse mens vra en met die kardinale probleme van die lewe worstel. Sy kritiese geskrifte word in 1970 met die Gustav Preller-prys vir Literêre Kritiek bekroon.
 
1978</ref> “''De nieuwere Afrikaanse poëzie''”, waarin hy vir hierdie mark ʼn’n voëlvlug gee oor die ontwikkeling van die Afrikaanse poësie in die algemeen en dan groter aandag gee aan die belangrikste figure in die aanloop tot die Dertigers en die Dertigers self. Die vernaamste leemte van hierdie deeglike opsomming van sy onderwerp is die algehele afwesigheid van ʼn’n beskouing oor sy eie werk. Sy proefskrif, “''Die invloed van Gorter op Leopold''”, word ook gepubliseer. Tussen 1938 en 1952 skryf hy ook kritiese opstelle wat eers in verspreide tydskrifte gepubliseer word en dan in die versamelbundels “<ref>Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963</ref>''Ou wyn van vreugde''” (oor ons ouer digters, hoofsaaklik Totius, Leipoldt en Marais waarin hy belangrike herwaarderings en waardebepalings verwoord) en “''Vaandels en voetangels''”<ref>Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963</ref> gebundel word. In laasgenoemde bundel verskyn werke van uiteenlopende aard, onder andere sy nadoodse waarderings van die Nederlandse digters H. Marsman, E. du Perron en Menno ter Braak en beskouings oor die Afrikaanse poësie, prosa en literêre kritiek. Veral van belang is sy opstel oor “''Vernuwing van die Afrikaanse poësie''”, wat reeds in 1938 geskryf is en waarin hy die ou Afrikaanse “motiewe”-kuns as ʼn’n beperkte soort literatuur verwerp en daarop wys dat die nuwe Afrikaanse letterkunde groter aandag vir die Afrikaanse mens vra en met die kardinale probleme van die lewe worstel. Sy kritiese geskrifte word in 1970 met die Gustav Preller-prys vir Literêre Kritiek bekroon.
Sy rubrieke wat hy in ''Die Burger'' skryf oor godsdiens, kultuur, kuns, literatuur en dies meer word gekeur en opgeneem in die bundels<ref>Van Rensburg, F.I.J. “Kriterium”, Oktober 1963</ref> “''Onvoltooide kalender''” en “''Kolom''”. Hierdie stukke munt uit in hulle kritiese kommentaar op eietydse gebeure en besinning oor kultuursake en standaarde. In teenstelling met veral die meer persoonlike rubriek wat later meer algemeen word, is hierdie stukke berekend en kan selfs beskryf word as meer opvoedkundig van aard. In Oktober en November 1976 word ʼn gesprek tussen Roy Pheiffer en hom deur die SAUK uitgesaai, waarin hy praat oor sy digterskap, lewe en werk. Hierdie gesprekke word in 1977 in boekvorm uitgegee onder die titel “''Persoonlike perspektiewe''”.<ref>Brink, André P. “Rapport” 12 Februarie 1978</ref> Vir die “''Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner''”<ref>Britz, E.C. “Beeld” 19 Desember 1977</ref> se derde deel onder redaksie van C.M. van den Heever en P. de V. Pienaar skryf hy<ref>Schutte, H.J. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 17 no. 3, Augustus 1979</ref> die hoofstuk “''Die Afrikaanse poësie na 1900''”. Sy essay “''Soeteweide-kaas?''” word deur Hennie Aucamp in die versamelbundel “''Borde borde boordevol''” opgeneem. Elize Botha neem die ongepubliseerde stukke “''ʼn Praatjie op straat''” en “''Van stokperdjies tot diens''” op in haar versamelbundel oor “''Afrikaanse essayiste''”.
 
Sy rubrieke wat hy in ''Die Burger'' skryf oor godsdiens, kultuur, kuns, literatuur en dies meer word gekeur en opgeneem in die bundels<ref>Van Rensburg, F.I.J. “Kriterium”, Oktober 1963</ref> “''Onvoltooide kalender''” en “''Kolom''”. Hierdie stukke munt uit in hulle kritiese kommentaar op eietydse gebeure en besinning oor kultuursake en standaarde. In teenstelling met veral die meer persoonlike rubriek wat later meer algemeen word, is hierdie stukke berekend en kan selfs beskryf word as meer opvoedkundig van aard. In Oktober en November 1976 word ʼn’n gesprek tussen Roy Pheiffer en hom deur die SAUK uitgesaai, waarin hy praat oor sy digterskap, lewe en werk. Hierdie gesprekke word in 1977 in boekvorm uitgegee onder die titel “''Persoonlike perspektiewe''”.<ref>Brink, André P. “Rapport” 12 Februarie 1978</ref> Vir die “''Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner''”<ref>Britz, E.C. “Beeld” 19 Desember 1977</ref> se derde deel onder redaksie van C.M. van den Heever en P. de V. Pienaar skryf hy<ref>Schutte, H.J. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 17 no. 3, Augustus 1979</ref> die hoofstuk “''Die Afrikaanse poësie na 1900''”. Sy essay “''Soeteweide-kaas?''” word deur Hennie Aucamp in die versamelbundel “''Borde borde boordevol''” opgeneem. Elize Botha neem die ongepubliseerde stukke “''ʼn’n Praatjie op straat''” en “''Van stokperdjies tot diens''” op in haar versamelbundel oor “''Afrikaanse essayiste''”.
Oor sy en sy vrou se reis deur Italië, Griekeland en die Midde-Ooste in 1966 skryf hy in die reisverhaal “''So ver as ʼn engel te perd kan ry''”, waarin sy sensitiewe waarneming die erfgoed van die Westerse kultuur aan die leser bekendstel. Na sy dood skenk sy weduwee sy dokumenteversameling aan die Universiteit van Stellenbosch en hieruit stel J.C. Kannemeyer en medewerkers in 2005 die bundel<ref>Coetzee, Ampie “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 43 no. 1, Herfs 2006</ref> “''Ek ken jou goed genoeg''” saam, waarin die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw tussen 1936 en 1939 gepubliseer word, vergesel van ʼn inleiding deur Kannemeyer. Hierdie publikasie lei daartoe dat familie van die broers ʼn onsuksesvolle aansoek by die hooggeregshof in Kaapstad indien om verspreiding van die boek te stop. Die rede vir die polemiek is die simpatie wat daar veral uit N.P. van Wyk Louw se briewe blyk vir die nasionaal-sosialistiese beleidsrigtings van die Duitse regering onder Hitler, asook die argwaan wat beide broers toon teenoor die rol van Jode in Suid-Afrika. Gelees teenoor die algemene agtergrond van sy tyd, die feit dat die briewe geskryf is voor Hitler se ergste vergrype en die ouderdom van die broers (albei is steeds in hulle twintigs), is hulle sentimente egter nie werklik radikaal nie en het beide se latere geskrifte afdoende bewys gelewer van hulle sobere oordeel oor sake van die dag. Veral Van Wyk Louw word beskou as filosoof in sy uitsprake oor rasseverhoudinge in Suid-Afrika, veral tussen wit en bruin. Die briewe bevat verder besonder insiggewende verslae oor die literatuur van die tyd, Nederlands en Afrikaans, en die kunsbeskouing en filosofiese dryfvere wat die broers se werk inspireer. Hierdie eerste bundel word opgevolg deur<ref>Anker, Johan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 49 no. 2 Lente 2012</ref> “''Briewe van W.E.G. en N.P. van Wyk Louw 1941-1970''”, eweneens geredigeer en van ʼn inleiding voorsien deur J.C. Kannemeyer. Hierdie korrespondensie gee ʼn besonder insiggewende blik op die kultuurlewe van die Afrikaners van die tyd, veral soos dit uiting vind in toneelopvoerings. Waar die eerste bundel verskeie verwysings na die Nazi-filosofie bevat, is hierdie bundel se behandeling van die Tweede Wêreldoorlog veel meer ingestel op die plaaslike politiek en veral die stryd tussen die Nasionale en Verenigde Party en die oorlogsgesindes en teenstanders van die oorlog. Die broers se lojaliteit teenoor die Nasionale Party en die nasionale gedagte blyk duidelik, hoewel verskeie politieke leiers sterk onder kritiek deurloop.
 
Oor sy en sy vrou se reis deur Italië, Griekeland en die Midde-Ooste in 1966 skryf hy in die reisverhaal “''So ver as ʼn’n engel te perd kan ry''”, waarin sy sensitiewe waarneming die erfgoed van die Westerse kultuur aan die leser bekendstel. Na sy dood skenk sy weduwee sy dokumenteversameling aan die Universiteit van Stellenbosch en hieruit stel J.C. Kannemeyer en medewerkers in 2005 die bundel<ref>Coetzee, Ampie “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 43 no. 1, Herfs 2006</ref> “''Ek ken jou goed genoeg''” saam, waarin die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw tussen 1936 en 1939 gepubliseer word, vergesel van ʼn’n inleiding deur Kannemeyer. Hierdie publikasie lei daartoe dat familie van die broers ʼn’n onsuksesvolle aansoek by die hooggeregshof in Kaapstad indien om verspreiding van die boek te stop. Die rede vir die polemiek is die simpatie wat daar veral uit N.P. van Wyk Louw se briewe blyk vir die nasionaal-sosialistiese beleidsrigtings van die Duitse regering onder Hitler, asook die argwaan wat beide broers toon teenoor die rol van Jode in Suid-Afrika. Gelees teenoor die algemene agtergrond van sy tyd, die feit dat die briewe geskryf is voor Hitler se ergste vergrype en die ouderdom van die broers (albei is steeds in hulle twintigs), is hulle sentimente egter nie werklik radikaal nie en het beide se latere geskrifte afdoende bewys gelewer van hulle sobere oordeel oor sake van die dag. Veral Van Wyk Louw word beskou as filosoof in sy uitsprake oor rasseverhoudinge in Suid-Afrika, veral tussen wit en bruin. Die briewe bevat verder besonder insiggewende verslae oor die literatuur van die tyd, Nederlands en Afrikaans, en die kunsbeskouing en filosofiese dryfvere wat die broers se werk inspireer. Hierdie eerste bundel word opgevolg deur<ref>Anker, Johan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 49 no. 2 Lente 2012</ref> “''Briewe van W.E.G. en N.P. van Wyk Louw 1941-19701941–1970''”, eweneens geredigeer en van ʼn’n inleiding voorsien deur J.C. Kannemeyer. Hierdie korrespondensie gee ʼn’n besonder insiggewende blik op die kultuurlewe van die Afrikaners van die tyd, veral soos dit uiting vind in toneelopvoerings. Waar die eerste bundel verskeie verwysings na die Nazi-filosofie bevat, is hierdie bundel se behandeling van die Tweede Wêreldoorlog veel meer ingestel op die plaaslike politiek en veral die stryd tussen die Nasionale en Verenigde Party en die oorlogsgesindes en teenstanders van die oorlog. Die broers se lojaliteit teenoor die Nasionale Party en die nasionale gedagte blyk duidelik, hoewel verskeie politieke leiers sterk onder kritiek deurloop.
Deur die jare lewer hy verskeie belangwekkende referate, onder andere die eerste N.P. van Wyk Louw-gedenklesing in 1971 onder die titel “''Twee bronne van vernuwing in die poësie van N.P. van Wyk Louw''”, wat in ʼn universiteitspublikasie van die R.A.U. uitgegee word. Hy lewer die bydrae “''Die Afrikaanse poësie na 1900''” in C.M. van den Heever en P. de V. Pienaar se “''Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner''”, die artikel “''Letterkundige aspekte van die Kerklied''” in “''Die Gereformeerde Kerklied deur die eeue''” en “''Leipoldt – the universal man''” in “''300 Years of Cape wine''”. Sy kennis van en belangstelling in wyn blyk uit sy artikels in “''Die Wynboer''” en sy bydrae tot “''Gees van die Wingerd''”. Verskeie hoofsaaklik ongebundelde artikels oor die skilderkuns verskyn van hom in ''Die Burger'' en hy lewer ook waardevolle bydraes hieroor vir “''Die Afrikaanse Kinderensiklopedie''”.
 
Deur die jare lewer hy verskeie belangwekkende referate, onder andere die eerste N.P. van Wyk Louw-gedenklesing in 1971 onder die titel “''Twee bronne van vernuwing in die poësie van N.P. van Wyk Louw''”, wat in ʼn’n universiteitspublikasie van die R.A.U. uitgegee word. Hy lewer die bydrae “''Die Afrikaanse poësie na 1900''” in C.M. van den Heever en P. de V. Pienaar se “''Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner''”, die artikel “''Letterkundige aspekte van die Kerklied''” in “''Die Gereformeerde Kerklied deur die eeue''” en “''Leipoldt – the universal man''” in “''300 Years of Cape wine''”. Sy kennis van en belangstelling in wyn blyk uit sy artikels in “''Die Wynboer''” en sy bydrae tot “''Gees van die Wingerd''”. Verskeie hoofsaaklik ongebundelde artikels oor die skilderkuns verskyn van hom in ''Die Burger'' en hy lewer ook waardevolle bydraes hieroor vir “''Die Afrikaanse Kinderensiklopedie''”.
Sy vertaling van Gustave Flaubert se “''Die legende van die heilige Julianus die herbergsame''” word in 1940 deur die Vereniging vir die Vrye Boek gepubliseer. Koos Human neem “''Die vervloekte jagter''”, ʼn fragment uit hierdie vertaling, op in die bloemlesing “''Willekeur''”. Die vertaling van George Bernard Shaw se “''Johanna die soldaat van God''” verskyn in 1962. Ander vertalings van hom sluit in Reinhard Herrmann se Duitse werke “''Jona en die groot vis''” en “''Die verlore seun''”, asook Marlene Reidel se versies “''Kasper se wêreldreis''”. Vir opvoering in 1942 deur die Volksteater onder leiding van Anna Neethling-Pohl verwerk hy Maurice Maeterlinck se “''Monna Vanna''” in Afrikaans en sy vertaling van Jan Fabricius se drama “''Gods meule maal''” word in 1943 opgevoer deur die Hanekom-geselskap.  In 1935 reeds het hy “''Fritsie''” van Hermann Südermann in Afrikaans vertaal vir ʼn opvoering deur die Kaapstadse Amateur Toneelvereniging in die Kleinteater in Kaapstad, terwyl hy “''Die Indringer''” (“''L'intruse''” van Maurice Maeterlinck) saam met sy broer N.P. van Wyk Louw vir hierdie vereniging vertaal. <ref>Brink, André P. “Rapport” 30 Julie 1978</ref>
 
Sy vertaling van Gustave Flaubert se “''Die legende van die heilige Julianus die herbergsame''” word in 1940 deur die Vereniging vir die Vrye Boek gepubliseer. Koos Human neem “''Die vervloekte jagter''”, ʼn’n fragment uit hierdie vertaling, op in die bloemlesing “''Willekeur''”. Die vertaling van George Bernard Shaw se “''Johanna die soldaat van God''” verskyn in 1962. Ander vertalings van hom sluit in Reinhard Herrmann se Duitse werke “''Jona en die groot vis''” en “''Die verlore seun''”, asook Marlene Reidel se versies “''Kasper se wêreldreis''”. Vir opvoering in 1942 deur die Volksteater onder leiding van Anna Neethling-Pohl verwerk hy Maurice Maeterlinck se “''Monna Vanna''” in Afrikaans en sy vertaling van Jan Fabricius se drama “''Gods meule maal''” word in 1943 opgevoer deur die Hanekom-geselskap.  In 1935 reeds het hy “''Fritsie''” van Hermann Südermann in Afrikaans vertaal vir ʼn’n opvoering deur die Kaapstadse Amateur Toneelvereniging in die Kleinteater in Kaapstad, terwyl hy “''Die Indringer''” (“''L'intruse''” van Maurice Maeterlinck) saam met sy broer N.P. van Wyk Louw vir hierdie vereniging vertaal. <ref>Brink, André P. “Rapport” 30 Julie 1978</ref>
 
== Eerbewyse ==
Die Suid-Afrikaanse Kunsvereniging oorhandig in 1965 aan hom die medalje van verdienste. Op 22 September 1970 word hy op Stellenbosch gehuldig vir sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde op ʼn’n huldigingsaand wat deur die plaaslike skakelkomitee van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK), die Afrikaanse Skrywerskring en die Afrikaanse Taal- en Kultuurbond (ATKB) gereël is. Die program vir die geleentheid sluit in voordragte van sy gedigte en sang van sommige van sy getoonsette gedigte, met ʼn’n huldigingsrede deur R.H. Pheiffer. In 1970 ken die Akademie ook die Gustav Preller-prys aan hom toe vir sy literêre kritiek. By geleentheid van sy vyf en sestigste verjaardag verskyn die huldigingsbundel “''Skanse teen die tyd''” in 1978 (saamgestel deur E.C. Britz, J.C. Kannemeyer en R.H. Pheiffer) en in dieselfde jaar word die Junie uitgawe van ''Standpunte'' aan sy werk gewy. Ten tye van sy eeufees in 2013 word die produksie “''W.E.G. Louw 1913''” by die KKNK opgevoer, bestaande uit woordmusiek en beeldmateriaal uit sy lewe.
 
== Publikasies ==
|-
|1969
|So ver as ʼn’n engel te perd kan ry
|-
|1971
|-
|2006
|Ek ken jou goed genoeg (briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw, 1936-19391936–1939
saamgestel deur J.C. Kannemeyer)
|-
|2011
|Briewe van W.E.G. en N.P. van Wyk Louw 1941-19701941–1970 (saamgestel deur J.C.  Kannemeyer
|-
|
|-
|1978
|Driesprong: ʼn’n bloemlesing uit die gedigte van Celliers, Totius en Leipoldt
|}
 
== BronnelysSien ook ==
* [[Lys van Afrikaanse digters]]
 
=== LeweBronnelys en werk ===
 
==== Boeke ====
* Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Elsiesrivier Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964
* Antonissen, Rob “Kern en tooi” Nasou Beperk Eerste uitgawe Eerste druk Elsiesrivier 1963
* Botha, Elize “Afrikaanse essayiste” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Vyfde druk 1975
* Britz, E.C.; Kannemeyer, J.C. en Pheiffer, R.H. (reds.) “Skanse teen de tyd” Tafelberg-Uitgewers Beperk  Kaapstad 1978
* Britz, E.C. “W.E.G. Louw (1913-19801913–1980)” in Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
* Buning, Tj. “Uit ons digkuns” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Nuwe omgewerkte druk 1960
* Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980
* Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad  Tweede druk 1984
* Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en  Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
* Kannemeyer, J.C. “D.J. Opperman: ʼn’n Biografie” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe  1986
* Kannemeyer, J.C. “Die dokumente van Dertig” Jutalit Kenwyn Eerste uitgawe Eerste druk 1990
* Kannemeyer, J.C. “Verse vir die vraestel” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
* Lindenberg, E. (red.) “Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde” Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973
* Malherbe, F.E.J. “Aspekte van Afrikaanse literatuur” Nasionale Pers Bpk. Kaapstad, Bloemfontein en  Port  Elizabeth Eerste uitgawe 1940
* Nasionale Pers Beperk “Ons skrywers en hul werke: ʼn’n Plate-album” Nasionale Pers Bpk. Kaapstad 1936
* Nienaber, P.J., Roodt, P.H. en Snyman, N.J. (samestellers) “Digters en digkuns” Perskor-Uitgewers  Kaapstad Vyfde uitgawe Sewende druk 2007
* Nienaber, P.J. “Die Hertzogprys Vyftig Jaar” Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1965
* Pheiffer, R.H. “Woordpaljas” Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Derde uitgawe Derde  druk 1993
* Pretorius, Réna “Ryk domeine” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Tweede uitgawe Derde druk 1990
* Steyn, J.C. “Van Wyk Louw: ʼn’n Lewensverhaal Deel I” Tafelberg-uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
* Steyn, J.C. “Van Wyk Louw: ʼn’n Lewensverhaal Deel II” Tafelberg-uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998
* Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe  1999
 
==== Tydskrifte en koerante ====
* Anoniem “Gevierde digter oorlede” “Die Transvaler” 25 April 1980
* Blignault, Audrey “Afrikaans het nooit só geklink” “Afrikaans 1875-1975” Bylae tot “Beeld” 10 Oktober 1975
* Braid, Lorraine “Villa in die son” “Insig” Januarie 2002
* Britz, Etienne “ʼn“’n Man van beskawing” “Rapport” 27 April 1980
* Britz, E.C. “By die dood van W.E.G. Louw” “Standpunte” Nuwe reeks 148, Augustus 1980
* Britz, Etienne “Verslag van die inwyding van die geboortehuis van N.P. van Wyk Louw en W.E.G.
* Louw op Sutherland" “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 24 no. 4, November 1986
* Britz, Etienne “Hy het Afrikaans in Duits laat leef” “Insig” Mei 1994
* Buys, Junita “Louw-huis” “Kakkerlak” Uitgawe 4, 2005
* Buys, Junita “W.E.G. Louw” “Kakkerlak” Uitgawe 5, 2006
* Cilliers, R. “Verslag van ʼn’n boetprofeet” “Standpunte” Nuwe reeks 135, Junie 1978
* Cloete, T.T. “Oor W.E.G. Louw se bundels ‘Naggesprek’ en ‘Versamelde gedigte’” “Standpunte” Nuwe  reeks 112, April 1974
* Cloete, T.T. “Bespreking van gedigte” “Tydskrif vir Letterkunde” “Nuwe reeks 20 no. 1, Februarie 1982
* De Villiers, I.L. “Iets heiligs gesê” “Standpunte” Nuwe reeks 135, Junie 1978
* Fensham, Charles “W.E.G. Louw – ʼn’n huldeblyk” “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 18 no. 3, Augustus 1980
* Jansen, Ena “Van altaarkleed tot voetevel” “Standpunte” Nuwe reeks 135, Junie 1978
* Kannemeyer, J.C. “W.E.G. Louw aanskou ‘vyand’ en ‘domheid’” “Die Burger” 17 November 1994
* Olivier, Gerrit “Enkele gedagtes oor die ‘Tuin van Aardse Luste’ en die soek na harmonie in die poësie Van W.E.G. Louw” “Standpunte” Nuwe reeks 135, Junie 1978
* Pretorius, Réna “William Ewart Gladstone Louw: 31 Mei 1913 – 24 April 1980” “Tydskrif vir  Geesteswetenskappe” Jaargang 22 no. 1, Maart 1982
* Snyman, Henning “’Matjiesfontein’ – ʼn’n Digterlike nostalgie” “Standpunte” Nuwe reeks 135, Junie 1978
* Van Heerden, Ernst “Nuwe dimensie in Afrikaanse poësie gebring” “Die Transvaler” 25 April 1980
* Viljoen, Louise “Die totstandkoming van ‘Standpunte’” “Standpunte” Nuwe reeks 135, Junie 1978
 
==== Internet ====
* Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Louw,_William_Ewart_Gladstone
* Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/W.E.G._Louw
* Geni: http://www.geni.com/people/W-E-Gladstone-Louw/6000000004148776685
* LitNet ATKV-Skrywersalbum 05.10.5 Oktober 2010: www.litnet.co.za
* Remembered: http://remembered.co.za/obituary/view/8469
* Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/louww.html
* Worldcat: <nowiki>http://www.worldcat.org/identities/lccn-n79-29924/</nowiki>           
* [http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=93722 Artikel op LitNet]
 
==== Verwysings ====
{{Verwysings}}
 
{{DEFAULTSORT:Louw, William Ewart Gladstone}}
==== Sien ook ====
* [[Lys van Afrikaanse digters]]
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=93722 Artikel op LitNet]
* [http://www.stellenboschwriters.com/louww.html Huldeblyk op stellenboschwriters.com]
 
==== Resensies ====
[[Kategorie:Afrikaanse digters]]
 
{{DEFAULTSORT:Louw, William Ewart Gladstone}}