Verskil tussen weergawes van "Anton Prinsloo"

75 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Uitbreiding van skrywer Anton Prinsloo se profiel)
Dr. '''Anton F. Prinsloo''' (*[[1941]], [[Heilbron]], [[Oranje-Vrystaat]],<ref>[[SABC2]] Televisienuus op 24 Februarie 2016</ref> †[[23 Februarie]] [[2016]]1941–2016) was ’n [[Afrikaans]]e taalkundige, oudvoorsitter van die [[Taalkommissie]] en radio- en woordeboekman.<ref name=":0">LitNet: <nowiki>http://www.litnet.co.za/in-memoriam-anton-prinsloo/</nowiki></ref>.
 
== Lewe en werk ==
 
=== Vroeë lewe en herkoms ===
Antonie Frederik Prinsloo is op [[22 Mei]] [[1941]] op [[Heilbron]] in die [[Oranje-Vrystaat]] gebore<ref>[[SABC2]] Televisienuus op 24 Februarie 2016</ref> en hy begin skoolgaan op [[Heilbron]]. Sy pa is ʼn’n drankwinkelbestuurder en hy het ʼn’n ouer suster, Joan. Hy matrikuleer aan die [[Afrikaanse Hoër Seunskool]] in [[Pretoria]] en studeer deeltyds verder deur die [[Universiteit van Suid-Afrika]], waar hy die B.A.-graad, die B.A. Honneurs-graad, die M.A.-graad en eindelik ook die D.Litt. et Phil.-graad met ʼn’n proefskrif oor die morfologie van ʼn’n vaktaal verwerf.
 
=== Loopbaan ===
Na skool beklee hy verskeie betrekkings, insluitende by die [[Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad|Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad]] (WNNR), waar hy botteltjies was, en by ʼn’n dansskool, waar hy instrukteur is en baie vertonings lewer. Hy werk verder ook by ʼn’n bank, ʼn’n munisipaliteit, die Buro vir Standaarde en ʼn’n plattelandse koerant.
 
Vanaf [[1974]] tot [[1984]] is hy redakteur van die ''SA Waterbulletin'', mondstuk van die Waternavorsingskommissie,  tussen 1984 en [[1987]] is hy senior mederedakteur van die [[Woordeboek van die Afrikaanse Taal]] (WAT) en vanaf [[1989]] tot [[1995]] hooftaaladviseur en voorsitter van die Taaladviesraad van die [[Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie]] (SAUK). Hierna is hy spesialisomroeper by die SAUK se [[Radio Sonder Grense|Radiosondergrense]]. Onder andere is hy vir twaalf jaar lank aanbieder van die radioprogram ''Wagwoorde'' oor Afrikaans se idiomeskat, terwyl hy ook die program ''digiTAAL'' op [[KykNET|KykNet]] aanbied en die radioprogramme ''Tel jou woorde'', ''Deuntjies wat my bybly'', ''Kitskennis'' en ''Die tale wat ons praat'' aanbied.<ref name=":0" /><ref name=":1">NB-Uitgewers: <nowiki>http://www.nb.co.za/authors/3742</nowiki></ref>.
 
=== Betrokkenheid by die Afrikaanse taal ===
Sedert [[2001]] is hy die eerste voorsitter van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad. In [[1989]] word hy lid van die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] en hy is ook vanaf [[1999]] tot [[2003]] voorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie.
 
Hy skryf die weeklikse rubriek ''Taalkruie'' vir ''[[Volksblad|Die Volksblad]]'' en talle artikels oor aspekte van Afrikaans verskyn in vaktydskrifte. Vir die [[Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging|ATKV]] behartig hy tot met sy dood ʼn  taalrubriek in die taalafdeling se nuusbrief, ''-TALIG'', terwyl hy vir lank optree as beoordelaar by ATKV-Spelathon, die ATKV se nasionale spelkompetisie vir skole.<ref>ATKV: <nowiki>https://www.atkv.org.za/af/korporatief/dr-anton-prinsloo</nowiki></ref>.
 
=== Persoonlike lewe ===
Hy is getroud met Fida en hulle het vier kinders en woon in Linden in [[Johannesburg]]. Op [[23 Februarie]] [[2016]] is hy in Johannesburg oorlede, nadat hy lank siek was.<ref>Germishuys, George Netwerk24: <nowiki>http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/taalreus-anton-prinsloo-se-stem-stil-20160224</nowiki></ref>.
 
== Skryfwerk ==
 
=== Letterkundig ===
Op tienjarige ouderdom publiseer hy sy eerste stories in die kinderhoekie van ''[[Die Transvaler]]'' en daarna verskyn daar ook werk van hom in ''Sestiger''.<ref name=":1" />.
 
As jong volwassene bundel hy in ''Bloedbitter'' twee eksperimentele novelles (''Die masel in die vlees'' en ''Bloed teen Olimpus'') waarin realistiese gegewens gelaai word met mitologiese verwysings. ''Die masel in die vlees'' het as tema die jong man wat die deur droogte geteisterde familieplaas verlaat vir die groener gras van die grootstad, agter sy broer en sy eertydse meisie aan. Hy vind hulle waar hulle in die seksbedryf verval het en neem dan eindelik sy meisie terug na die plaas. Die titel verwys na die boosheid wat in die vlees skuil en die mens se aksies beheers, ongeag sy omgewing. ''Bloed teen Olimpus'' het reeds in die titel duidelike verwysings na die godedom van die Grieke, maar sluit tematies ten nouste aan by die ander novelle. Die hoofkarakter droom saam met sy meisie van ʼn’n mooi toekoms, ʼn’n godedroom, maar dit word deur die oorlog vernietig. Hy rebelleer as soldaat en sy meisie word deur sy agtervolgers verkrag, waarna hy wraak neem. Die sadistiese geweld en verdierliking tydens oorlog veroorsaak die bloedbitter ervaring van monsters wat aanhoudend gebore word tot in ewigheid.<ref>Antonissen, Rob. ''Spitsberaad''. Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966</ref><ref>Antonissen, Rob. Standpunte, Nuwe reeks 66, Augustus 1966</ref>.
 
''13 Klutse kwyt'' is sy outobiografie.
 
==== Dramas ====
Saam met die bekende filmregisseur [[Dirk de Villiers]] skryf hy in die sestigerjare verskeie dramas, waar Dirk die tema en storie verskaf en hy die dialoog. Die eenbedryf ''Sand'', wat hy saam met Dirk skryf, word opgeneem in die versamelbundel ''Debuut'' wat deur Ciska en Francois Marais versorg is. Hierin is ʼn’n klomp verdwaaldes in die woestyn, met ʼn’n swaar gewonde makker wat vrees dat hy lewend begrawe gaan word. Hierdie drama wen ʼn’n tweede prys in die ATKV se landswye toneelfees van [[1963|1963.]]. Hulle skryf ook die eenbedrywe ''Broers'' en ''Die web''.
 
=== Taalkundig ===
Nadat hy hom aanvanklik op letterkundige geskrifte toespits, kry sy liefde vir die taalkunde die oorhand en wy hy hom later uitsluitlik hieraan. Verskeie geskrifte in hierdie vakgebied verskyn van hom, insluitende ''Afrikaans op sy beste'' (saam met [[F.F. Odendal]]), ''Feite, flaters, fiksie'' en ''Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom''.<ref>Rousseau, Leon. Beeld, 1 Februarie 2010</ref>.
 
''Annerlike Afrikaans'' is ʼn’n kontreiwoordeboek. Dit is ʼn’n unieke naslaanbron vir deskundige en leek waarmee die Afrikaanse leksikografie, die Afrikaanse taalkunde en die Afrikaanse lekkerleesmark verryk word. Die hoofrede vir die ontstaan van kontreitaal sowat ʼn’n eeu gelde was die afsondering waarin mense op die platteland gewoon het, waardeur hulle nie toegang gehad het tot die nuutste ontwikkeling in die taal nie en gevolglik self skeppend te werk gegaan het. Hierdie kontreiskeppings word deesdae bedreig deurdat die jongmense die platteland verlaat en die nuwe tegnologie wat die standaard Afrikaans meer geredelik beskikbaar maak.<ref>Bosman, Nerina. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 46 no. 2, Lente 2009</ref><ref>Greeff, Rachelle. Rapport, 29 Maart 2009</ref><ref>Steyn, Constant. Beeld, 27 April 2009</ref>. In [[2010]] verower hy die ATKV se Woordwystoekenning vir ''Annerlike Afrikaans''.
 
''Die aap in jou koffie: Afrikaanse eponieme van A tot Z'' is die eerste eponiemwoordeboek in Afrikaans. ʼn’n Eponiem is ʼn’n woord wat gevorm is na aanleiding van mense of plekke se name en die boek gee dan op onderhoudende wyse die verhaal of anekdote van die geskiedenis van die naamvorming weer.<ref>Feinauer, Ilse. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 50 no. 1 Herfs 2013</ref>.
 
''Bygelowe en waar hulle vandaan kom'' beskryf op spitsvondige wyse meer as sesduisend bygelowe se herkoms en toepassing.<ref>Steyn, Constant. Beeld, 3 Desember 2012</ref>.
 
''ʼn’n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue'' beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van sowat ʼn’n duisend Afrikaanse woorde deur die eeue so verander het dat die betekenis wat ons vandag daaraan heg, byna nie sin maak nie.<ref>Steyn, Constant. Beeld, 11 November 2013</ref><ref>Anoniem. Beeld 23, Oktober 2013</ref>.
 
== Eerbewyse ==
Hy ontvang verskeie eerbewyse vir sy werk, waaronder in [[2003]] die [[Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge|FAK]] se Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie.
 
Op [[16 November]] [[2002]] kry hy die ''[[Kerkbode]]'' se Radioprys vir sy rol as regisseur van die radioprogram ''Kollig op die kerk'', wat Sondae op Radiosondergrense uitgesaai word.
 
Die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] vereer hom in Junie [[2004]] met die C.J. Langenhoven-medalje vir Taalwetenskap, vir sy werk aan die nuwe ''Afrikaanse woordelys en spelreëls''.
 
In [[2005]] ontvang hy drie ATKV-Woordwystoekennings vir taalpublikasies tussen [[1994]] en [[2005]].  
 
== Publikasies ==
Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:<ref>Worldcat: <nowiki>http://www.worldcat.org/identities/lccn-n98-9985/</nowiki></ref>:
{| class="wikitable"
!Jaar
|-
|1997
|''Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings: met Engelse ekwivalente en ʼn’n omvattende tweetalige indeks'' (saam met M.S.B. Kritzinger)
|-
|2001
|''Feite, flaters, fiksie: ʼn’n Opgaaf van die ware, die onware en die onwaarskynlike''
|-
|2004
|-
|2013
|''ʼn’n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue''
|}
 
== VerwysingsBronnelys ==
 
=== Boeke ===
* Antonissen, Rob. ''Spitsberaad.'' Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966
* Kannemeyer, J.C. ''Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2''. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
* Kannemeyer, J.C. ''Die Afrikaanse literatuur 1652-20041652–2004''. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
* Nienaber, P.J. et al. ''Perspektief en Profiel''. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
* Van Coller, H.P. (red.) ''Perspektief en Profiel Deel I.'' J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
* Anoniem. ''Bekende taalman vir besondere kultuurprestasie vereer''. Volksblad, 26 September 2003
* Anoniem. ''Prinsloo stel nuwe boek op Aardklop bekend''. Volksblad, 1 Oktober 2004
* Page, Madelaine. ''Anton maak ʼn’n blerrie glips''. Keur, 10 Januarie 1997
* Redelinghuys, Pieter. ''Wat ʼn’n prikketasie!'' By, 23 April 2011
* Steenkamp, Jacques. ''Rowers stap verby slapende in eetkamer.'' Beeld, 29 Desember 2010
* Steyn, Constant. ''Taalkenner ‘kom huis toe’ Met nuwe rubriek''. Volksblad, 27 Februarie 2002
* Van der Merwe, Kirby. ''Van spilpunt tot malie-spoeg.'' By, 23 Februarie 2013
 
=== Ander verwysings ===
{{Verwysings}}
 
{{DEFAULTSORT:Prinsloo, Anton}}