John Locke: Verskil tussen weergawes

78 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
FRS erkenning
kNo edit summary
(FRS erkenning)
}}
 
'''John Locke''' [[Fellow of the Royal Society|FRS]] was 'n [[Engeland|Engelse]] filosoof. Hy word beskou as die eerste Britse [[Ervaringsleer|Emperikus]], maar was ook 'n belangrike figuur in die teorie van sosiale kontrak. Sy idees het enorme invloed op die ontwikkeling van kennisleer (of epistemologie) en politieke filosofie gehad en hy word wyd beskou as die invloedrykste klassieke republikein, denker van die Verligting en bydraer tot liberale teorie. Sy skrywes het [[Voltaire]] en Rousseau beïnvloed, asook denkers van die Skotse Verligting en [[Amerikaanse revolusie|Amerikaanse revolusionêre]]. Hierdie invloed word in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring weerspieël.<ref> Becker, Carl Lotus. ''The Declaration of Independence: A Study in the History of Political Ideas'' Harcourt, Brace, 1922. p. 27</ref>
 
Locke se teorie van die verstand word dikwels aangehaal as die oorsprong vir moderne opvattings rakende identiteit en "die self" en speel 'n prominente rol in die werke van latere filosowe soos [[David Hume]], [[Jean-Jacques Rousseau]] and [[Immanuel Kant]]. Locke was die eerste filosoof wat die "self" gedefinieer het deur 'n opeenvolging van "bewussyn". Hy het ook veronderstel dat die verstand 'n "tabula rasa" of "skoon lei" is: in teenstelling met die Cartesiaanse en Christelike filosofie het Locke volgehou dat mense sonder ingebore idees die wêreld binnekom.<ref>{{cite book |last=Baird |first=Forrest E. |authorlink= |coauthors=Walter Kaufmann |title=From Plato to Derrida |publisher=Pearson Prentice Hall |year=2008 |location=Upper Saddle River, New Jersey |pages=527–529 |url= |doi= |id= |isbn=0-13-158591-6 }}</ref>
{{DEFAULTSORT:Locke, John}}
[[Kategorie:Engelse filosowe]]
[[Kategorie:Fellow of the Royal Society]]
6 253

wysigings