Verskil tussen weergawes van "Clive Bruce"

4 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
}}
 
'''Clive Bruce''' is 'n [[Suid-Afrika]]anse country-sanger en stiefkind van [[Virginia Lee]]. Hy maak sy eerste opnames as agtergrondsanger en [[baskitaar]]speler in die 1960's. Later bemeester hy die klawerbord, [[tromme]], [[kitaar]] en ander instrumente. In 1971 bereik hy die nommer een posisie op [[LM Radio]] se treffersparade, asook die 11de plek op die SA Top-20 Treffersparade met ''Sally Sunshine''. In 1981 bereik sy treffer ''If You’ve Got Nothing On Tonight'' die 16de plek op die treffersparade en in 1996 behaal sy album ''One Last Kiss'' goue status. Hy was ook die eerste stem van 'Sarel Seemonster' op die Afrikaanse TV-program ''Wielie Walie'' gewees.<ref>[http://www.clive-bruce.co.za/About-Afk.html Biografie op Clive Bruce se webtuiste], besoek op 10 Desember 2016</ref>
 
In 1985 word hy genader om die TV-reeks ''Sing Country'' op TV4 aan te bied. Hierdie program is in die Zillertal-restaurant in [[Pretoria]] opgeneem en vir 5 jaar laat op Sondagaande uitgesaai. Die program het hom die bynaam ''Midnight Cowboy'' besorg. Daarna was hy van 1993 tot 1996 die aanbieder van die musiekvideo-versoek-program ''Rewind'' gewees.