Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

1 053 grepe bygevoeg, 2 jaar gelede
Nuwe bladsy geskep met ''''Reduksie''' is 'n chemiese proses waarin die oksidasiegetal van 'n atoom verklein word. Dit beteken dat hierdie atoom een of meer elekt...'
'''Reduksie''' is 'n [[chemie]]se proses waarin die [[oksidasietoestand|oksidasiegetal]] van 'n [[atoom]] verklein word. Dit beteken dat hierdie atoom een of meer [[elektron]]e ontneem aan 'n ander atoom of molekule. In elektrochemiese selle kan die elektrone ook van 'n elektrode opgeneem word. Hierdie elektrode word die ''katode'' genoem.

'n Voorbeeld van reduksie is die reaksie van 'n stuk yster wat in 'n oplossing van 'n kopersout gedompel word. Die koperione sal as kopermetaal op die oplossing neerslaan en elke koperatoom sal twee elektrone opneem:
::<math> Cu^{2+} + 2e^{-} \to Cu</math>

Die oksidasiegetal van koper word hierdeur van 2+ na 0 verminder.

==Reduksiemiddel==
Die twee elektrone word in hierdie geval van 'n ''reduksiemiddel'' of ''reduktor'' opgeneem: die ysteratome lewer twee elektrone en gaan as <math>Fe^{2+}</math>-ione in oplossing. Hierdie ysteratome ondergaan daardeur die teenoorgestelde proses, wat [[oksidasie]] genoem word en waardeur die oksidasiegetal van yster van 0 na 2+ vergroot word.

[[Kategorie:Chemie]]
22 778

wysigings