Verskil tussen weergawes van "Antibiotikum"

82 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
totsiens rooi skakels
(→‎Geskiedenis: En rooi word blou!)
(totsiens rooi skakels)
[[Beeld:Staphylococcus aureus (AB Test).jpg|duimnael|''Staphylococcus aureus'' se vatbaarheid vir antiobiotikum word getoets deur die Kirby Bauer-metode: die antiobiotikum versprei oor die skyf en beperk die groei van ''S. aureus'', wat lei tot remsones.]]
 
'n '''Antibiotikum''' is 'n [[medisyne|geneesmiddel]] wat [[bakterie|bakterieë]] doodmaak of die groei daarvan vertraag. Antibiotika is 'n klas van [[antimikrobe]]santimikrobes wat 'n groter groep is wat antivirus-, antiswam- en antiparasitiese geneesmiddels insluit. Hulle is relatief skadeloos vir die gasheer en kan daarom gebruik word om besmetting (infeksies) te behandel. Die begrip wat deur [[Selman Waksman]] verwoord is, het oorspronklik slegs na preparate verwys wat afgelei is vanaf lewende organismes, in teenstelling met "chemoterapeutiese middels" wat suiwer sintetiese produkte is. Deesdae verwys die begrip "antibiotika" ook na die [[Chemiese sintese|sintetiese]] antimikrobes soos onder andere die [[sulfa geneesmiddel]]ssulfageneesmiddels. Antibiotika is klein [[molekule]]s met 'n [[molekulêre massa]] van minder as 2000. Hulle is nie [[ensiem]]e nie. Sommige antibiotika word vanaf [[muf]] verkry.
 
Anders as vroeëre behandelings vir besmettings wat giwwe soos [[strignien]] en [[arseen]] ingesluit het, teiken antibiotika die siekte sonder om die gasheer skade aan te doen. Konvensionele antibiotika is nie doeltreffend vir die behandeling van [[virus]]-, [[swam]]- en ander nie-bakteriese besmettings nie. Die verskeie antibiotika se werking verskil ook baie ten opsigte van hulle effektiewiteit ten opsigte van die verskillende soorte bakterieë.
 
Antibiotika kan gekategoriseer word volgens die teikensoort: ''nou-spektrum'' antibiotika teiken slegs besondere soorte bakterieë soos byvoorbeeld [[Gram-negatief|Gram-negatiewe]] of [[Gram-positief|Gram-positiewe]] bakterieë, terwyl ''breë spektrum'' antibiotika 'n wye reeks bakterieë beïnvloed.
 
Die doeltreffendheid van indiwiduele antibiotika wissel met die ligging van die betrokke besmetting, die vermoë van die antibiotikum om die plek van besmetting te bereik en die vermoë van die bakterieë om weerstand teen die antibiotikum te bied of om dit te deaktiveer. Sommige antibiotika is bakteriedodend terwyl ander slegs verhoed dat die bakterie vermeerder (bakteriostaties) sodat die gasheer se [[immuniteitstelsel]] hulle kan oorrompel.
 
Mondelingse antibiotika is die eenvoudigste benadering indien dit doeltreffend is, dus word binne-aars toegediende antibiotika vir ernstiger gevalle voorbehou. Antibiotika kan soms uitwendig toegedien word soos in die geval van oogdruppels of salwe.
87 667

wysigings