Verskil tussen weergawes van "A.A.J. de Klerk Coetsee"

geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Ds AAJ De Klerk Coetsee.jpg|duimnael|regs|220px|Ds. A.A.J. de Klerk Coetsee.]]
 
Ds. '''Abraham Adriaan Jacobus de Klerk Coetsee''' (distrik [[Steynsburg]], [[1 Januarie]] [[1832]] – [[Reddersburg]], [[Oranjerivier-Kolonie]], [[26 April]] [[1906]]) was predikant in twee gemeentegemeentes van die [[Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika|Gereformeerde Kerk]], naamlik [[Gereformeerde kerk Philipstown|Philipstown]] van 1869 tot 1872 en daarna [[Gereformeerde kerk Reddersburg|Reddersburg]] tot hy sy [[emeritaat]] aanvaar het in 1903. Hy is drie jaar later in die ouderdom van 74 jaar oorlede.
 
In ’n huldeblyk was kort ná sy dood verskyn het, moontlik in ''[[Die Kerkblad|Het Kerkblad]]'', word ds. Coetsee beskryf as "een Boerenzoon van den echten stempel" wat opgegroei het op die wye Suid-Afrikaanse veld, "gezond, krachtig en vaardig naar lichaam en geest. Wakker behendig, dapper", en in sy jonger jare geen onbekende op die jag- en slagveld nie.
84 987

wysigings