Verskil tussen weergawes van "Parlement"

904 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Houses of Parliament (Cape Town).jpg|duimnael|Gebou van die Parlement in [[Kaapstad]], setel van die [[Nasionale Vergadering van Suid-Afrika|Nasionale Vergadering]] en die [[Nasionale Raad van Provinsies]].]]
[[Lêer:PikiWiki Israel 7260 Knesset-Room.jpg|duimnael|Die [[Knesset]] van Israel.]]
 
'n '''Parlement''' is die hoogste verkose beraadslaende orgaan van 'n [[demokrasie|demokratiese]] regstaat. Dit bestaan uit verkose verteenwoordigers van die volk, wat 'n essensiële rol in die totstandkoming van wetgewende akte speel, en in sy totaliteit of in sy onderdele kontrole oor die staat se uitvoerende mag uitoefen. Die naam is afgelei van die Franse ''parler'', wat "''om te praat''" beteken; 'n parlement is dus 'n gesprek of bespreking, 'n vergadering waar mense sake bespreek. 'n Volksverteenwoordiging het slegs 'n parlement in 'n parlementêre stelsel, die teenhanger in 'n presidensiële stelsel word 'n [[kongres]] genoem.
 
== In verskillende landeFunksies ==
'n Parlement het hoofsaaklik 4 funksies.
 
* Verteenwoordigende funksie.
: Parlementslede (LP's) verteenwoordig die volk en vorm die skakel tussen die samelewing (die volk) en die politieke stelsel.
* Wetgewende funksie.
: Die parlement is die wetgewende gesag. Dit beraadslaag dikwels met die regering oor wetsontwerpe wat hulle voorlê.
* Beraadslaende funksie.
: Dit is die parlementariërs se plig om oor nuwe wetsontwerpe te debatteer.
* Beherende funksie.
: LP's monitor die funksionering van die regering nougeset. Om hiermee te help word oudit-verslae gebruik om te sien of die uitvoerende gesag hom by die begroting hou en staatsgeld verantwoord spandeer. 'n Parlementêre kommissie van ondersoek kan ook aangestel word om growwe foute op 'n bepaalde beleidsterrein te ondersoek en aanbevelings te maak.
 
== Verskillende lande ==
Van die ongeveer 193 lande ter wêreld het 60 'n tweekamerstelsel.<ref name="Deschouwer 170">{{Cite book|first1= Kris |last1= Deschouwer |first2= Marc |last2= Mooghe |author2-link= Trevor N. Dupuy |title= Politiek, een inleiding in de politieke wetenschappen |publisher= Boom Onderwijs |year= 2008 |page= 170 }}</ref>
 
* In [[Nederland]] word die volksverteenwoordiging die ''Staten-Generaal'' genoem. Dit is sedert 1814 'n parlement, in 1815 is dit tot 'n tweekamerstelsel gesplit.
 
== Tipes parlementsgeboueParlementsgeboue ==
[[Lêer:Parlementtypes.jpg|duimnael|regs|300px|1)Halwe sirkel, 2)Rye teenoor mekaar, 3)Sirkel, 4)Hoefyster, 5)Skoolklas]]
Parlementsgeboue kan volgens hul uitleg geklassifiseer word:<ref>Parliament (2016), David Mulder, Max Cohen de Lara</ref>