Verskil tussen weergawes van "Kenneth MacAlpin"

geen wysigingsopsomming nie
(Uitgebrei, klaar)
No edit summary
 
==Betwiste koningskap==
Die mite oor Kenneth, veroweraar van die Pikte en stigter van die [[Koninkryk Alba]], het ontstaan in’n diepaar eeue ná die regte Kenneth se dood. Tydens die bewind van [[Kenneth II van Skotland|Kenneth II]], toe die Kronieke van die Konings van Alba saamgestel is, is geskryf:
 
{{quote|So Kinadius son of Alpinus, first of the Scots, ruled this Pictland prosperously for 16 years. Pictland was named after the Picts, whom, as we have said, Kinadius destroyed. ... Two years before he came to Pictland, he had received the kingdom of Dál Riata.}}
{{quote|Quhen Alpyne this kyng was dede, He left a sowne wes cal'd Kyned,<br/>Dowchty man he wes and stout, All the Peychtis he put out.<br/>Gret bataylis than dyd he, To pwt in freedom his cuntre!}}
 
Toe die humanis George Buchanan, wat nie baie geloofwaardig was nie, sy geskiedenis ''Rerum Scoticarum Historia'' in die 1570's geskryf het, is baie sensasionale besonderhede by die storie gelas. Buchanan het ’n voorval genoem waartydens Kenneth se pa deur die Pikte vermoor is; enKenneth hoehet Kennethtoe sy dood gewreek en die Pikte verower het.
 
Historici van die 19de eeu soos William Forbes Skene het die vroeë Skotse geskiedenis akkurater weergegee, terwyl [[Kelte|Keltoloë]] soos Whitley Stokes en Kuno Meyer krities na Walliese en Ierse bronne gekyk het. Baie van die misleidende besonderhede is uit geleerdes se weergawe van die geskiedenis verwyder, al het dit deel van die mites gebly.
 
Eerder as dat Kenneth die Pikte verower het, het die idee ontstaan dat hy deur sy Piktiese ma die troon geërf het. Dit word deur [[Bede]] genoem en is blykbaar die enigste manier om sin te maak uitvan die Lys van die Konings van die Pikte wat in die Piktiese Kronieke genoem word. Daarvolgens was Kenneth ’n [[Gael]] en die koning van [[Dál Riata]].
 
Latere historici het dele van die verhaal soos deur Skene en daaropvolgende historici uiteengesit, verwerp terwyl hulle ander dele aanvaar het. Die kenner van die Middeleeue Alex Woolf het in 2004 in ’n onderhoud met die koerant ''The Scotsman'' gesê die mite van Kenneth wat die Pikte verower het, het omstreeks 1210, 1220 ontstaan. "Daar is eintlik geen aanduiding dat hy Skots was nie. As jy kyk na bronne uit dié tyd kyk, was daar nog vier Piktiese konings ná hom. Hy is dus die vyfde laaste Piktiese koning, eerder as die eerste Skotse koning."<ref>Johnston, Ian. [http://thescotsman.scotsman.com/index.cfm?id=1149902004 "First king of the Scots? Actually he was a Pict"].''The Scotsman'', 2 Oktober 2004.</ref>
 
Baie ander historici het met Woolf saamgestem, soos Foster,<ref>Foster, ''Picts, Gaels and Scots'', pp. 107–108</ref> Broun<ref>Broun, "Kenneth mac Alpin"</ref> Forsyth<ref>Forsyth, "Scotland to 1100", pp. 28–32</ref> en Duncan<ref>Duncan, ''Kingship of the Scots'', pp. 8–10</ref>
 
Dit lyk dus of die huidige konsensus is dat die koningskappe van die KelteGaele en Pikte geleidelik vermeng het.<ref>Volgens Herbert, ''Rí Éirenn, Rí Alban, kingship and identity in the ninth and tenth centuries'', p. 71.</ref> Dit het begin by Kenneth en was voltooi teen die bewind van [[Constantine II van Skotland|Constantine II]]. Dit het daartoe gelei dat die titel "koning van die Pikte" verander het in "koning van Alba".
 
==Lewe==
Tydens Kenneth se bewind was daar ook ’n toename van Nore aan die buitewyke van moderne Skotland. Shetland, Orkney, Caithness, Sutherland, die [[Buite-Hebride]] en die [[eiland Man]] het bewoon geraak; die bande tussen Kenneth se koninkryk en [[Ierland]] het verswak en dié met [[Engeland|Suid-Engeland]] en die vasteland is feitlik verbreek. In die lig hiervan moes Kenneth en sy opvolgers noodgedwonge hul posisie in hul koninkryk konsolideer, en die vereniging van die Pikte en die Gaele, wat reeds verskeie eeue lank gevorder het, is so bespoedig. Teen die tyd van Donald II is die konings nie meer koning van die Gaele of van die Skotte genoem nie, maar van Alba.<ref>Lynch, Michael, ''A New History of Scotland''</ref>
 
==Dood en nageslag==
Kenneth is op 13 Februarie 858 aan ’n gewas dood, moontlik naby [[Scone, Perth and Kinross|Scone]]. Die annale berig oor die dood van die "koning van die Pikte", nie die "koning van Alba" nie. Laasgenoemde is eers gebruik in die tyd van Kenneth se kleinseuns, Donald II (Domnall mac Causantín) en Constantine II (Constantín mac Áeda).